Die motorvervaardiger Mazda het Maandagoggend aangekondig dat hy duisende motors gaan herroep weens ʼn fout met die lugsakke in drie van sy modelle.
Dié vervaardiger het gesê dat alle Mazda 2, Mazda 6 en RX-8-modelle wat sedert 2003 vervaardig is en met die enjinnommers (of VIN-nommer) “MM6DE”, “JM6GG” en “JMZSE” begin, ʼn moontlike fout met hul lugsakke kan hê wat nie reg ontplooi nie.
Dié meganiese fout kan glo nié die lewe van ʼn bestuurder ten tye van ʼn ongeluk beskerm nie omdat die meganiese fout die lugsak kan laat ontplof eerder as om beskerming te bied.
Mazda het gesê dié herroeping raak duisende modelle in Suid-Afrika. Die vervaardiger, wat in 2015 ook die Mazda-6 herroep het weens dieselfde probleem, het egter gesê geen van dié lugsakprobleme is tot dusver nog in ʼn model opgespoor nie.
Hy het egter beklemtoon dat dit belangrik is om steeds dié spesifieke modelle na ʼn Mazda-handelaar te neem om te verseker dat die motors nié die probleem het nie.
Mazda maak gebruik van Takata-lugsakke. Dit is nie die eerste keer dat lugsakke van dié vervaardiger probleme in voertuie veroorsaak nie. Ander motorvervaardigers soos Toyota het ook al modelle herroep weens lugsakprobleme.
Vir meer inligting oor die herroeping of vir handelaars in jou area, lees die verklaring op Mazda se webwerf.
Dit is ‘n voorbeeld van “groot besigheid probleme” , die vervaardiger kontrakteur die vervaardiging van sy onderdele uit aan ‘n ander vervaardiger wat nie noodwendig die OEM (Toyota, VW ens) is.
Hierdie vervaardiger handhaaf nie noodwendig die OEM vervaardiger se staandaarde en sny koste op kwaliteit om winste te verhoog en maak dan ‘n swakker produk.
Hierdie produkte vaal en die OEM vervaardiger kry die blaam, dit bly in elk geval sy verantwoordelikheid omdat hy moet toesien dat die regte standaarde gehandhaaf moet word.
‘n Mens sou dink dat groot motorvervaardigers eers baie seker sal maak van die kwaliteit van die produkte wat hulle deur kontrakteurs laat vervaardig voordat hulle dit gebruik. Hoekom kom hulle dit agter nadat hulle dit reeds vir jare gebruik het?
Mazda nie ‘n beter kar om te ry.
Hoe seker is julle dat die mazda 3 se lugsakke 100% is??
At least brand hulle nog nie
Persentasie gewys is dit n druppel in n emmer in vergelyking met die aantal voertuie wat vervaardig word. Standaarde is hoog.
Ek ry ‘n Mazda 6 2006 model is hy veilig