Mazibuko verlaat die DA

Lindiwe Mazibuko

Lindiwe Mazibuko

Lindiwe Mazibuko het uit haar pos as die DA se parlementêre leier bedank, het die Sunday Times berig.

Mazibuko is drie jaar gelede as die parlementêre leier van die party aangewys. Sy het glo die nuus met die Sunday Times gedeel nog voordat sy Helen Zille, die leier van die party, oor haar besluit ingelig het.

Mazibuko wil glo haar studies by Harvard-Universiteit in Amerika voortsit.

Zille en Mazibuko het in November 2013 in die openbaar gestry oor die manier waarop die DA se parlementêre koukus die wetgewing oor gelyke indiensneming hanteer het. Na die uitval was daar gerugte dat Mazibuko deur Zille se “nuwe gunsteling”, DA-woordvoerder Mmusi Maimane, gedaag sou word wanneer ʼn nuwe parlementêre leier aangewys moet word.

Mazibuko hou vol dat haar besluit niks met haar en Zille se geskil te make het nie. “Ek het verlede jaar in September al die besluit geneem toe ek, tydens ʼn besoek aan Yale-Universiteit, die waarde van so ʼn breek besef het,” het sy aan die koerant gesê. “Ek het dit al vantevore oorweeg en ek glo dit is die regte ding op die regte tyd vir die DA en vir myself, want dit sal dít wat ek polities aan die DA kan bied, verbeter.”

Sy sal na verwagting ʼn jaar lank in Amerika spandeer. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Mike ·

Die afrikaner sal alleenlik vir sy eie toekoms stem as die DA totaal verswart wat moontlik kan gebeur in die volgende vyf jaar. Die meeste blankes kyk na Zille en opposissie as om na hulle taal, kultuur en regte te kyk.

Anton Esterhuizen ·

Dit is verbasend as ons kyk na die partye se uitsprake die afgelope verkiesing. Nie een het ‘n konkrete, tasbare, vaste beleid nie. Hulle spring so rond. Jy as kiesser kan nie hond haaraf maak nie.
Ek weet nie hoe sien die ander die saak aan nie.

Demokraat ·

Hi Anton, in ‘n veelrassige Suid-Afrika het die DA nog altyd die potensiaal gehad om “deurbrake” te maak te behoewe van almal in die land. Maar is dit ook so dat, as gevolg van sy veelrassigheid en veelkleurigheid, hy des te meer kwesbaar is omdat sy samestelling juis die kruit van verdeeldheid en agterdog dra – dis normaal in so ‘n samestelling. Daarom dan ook dat daar moontlik “verskille” mog ontstaan het tussen Helen Zille en Lindiwe Mazibuko en op die kantlyn ook nog Mmusi Maimane, die Gautenge leier. Dit sal buitengewone kwaliteite verg om die spanning te ontlont en die DA steeds om koers te hou – dis ‘n groot uitdaging vir almal in die DA.

Wat is die alternatief – geeneen van die ander partye akkommodeer soveel rasse en kleure as juis die DA nie en moet dus nog die pad loop om by daardie punt uit te kom want ‘n tipiese ras- en kleurgebaseerde groepering hou die moontlikheid van konflik in – en dis nie bevorderlik vir stabiele saambestaan nie. Die DA bly dus steeds ‘n goeie roep !!

Elizabeth ·

Ek hou van Lindiwe, sy is min gepla hoe ander (lees ANC lede in parlement) haar, haar kleredrag altyd gekritiseer het. Sy praat mooi Engels en ek dink dis ‘n eer en voorreg om by ‘n prestige instelling soos Harvard te kan studeer. ie geskinder oor kastige gevegte tussen haar en Me Zille was meestal net dit – skinderstories. As enigiemand net voor die verkiesing na Freek Robinson se tv program op MNet gekyk het waar hy met leiers van groot partye gesels het sou hulle, as hulle na Me Zille (wat, terloops, uitstekende Afrikaans gepraat het!) mooi agter die kap van die byl gekom het. Natuurlik sal daar altyd onderlinge verskille tussen mense wees, of dit nou in ‘n politieke party, by ‘n skool, by die werk of waar ookal. Die punt wat Me Zille gemaak het is dat dit uitgepraat word en dat daar “nie ‘n gefluister in die gange is” oor verskille nie. Ek was baie beindruk deur haar visie wat sy met syfers ens gestaaf het vir die party. Ek is baie ontsteld EN geskok dat die DA NIE in Gauteng lei nie, ek is oortuig ons sou die vrugte van hul leierskap kon pluk. Mense wat so gou kerm dat die DA dan nou nie die Afrikaner se taal en belange op die hart dra nie – twak man. Begin by jouself! As iemand by my kom kla se ek vinnig wat doen JY om jou taal se oorlewing te verseker? Kla jy net of koop jy goeie Afrikaanse boeke, koerante en tydskrifte? Koop jy gereeld Afrikaanse boeke en ook vir jou kinders en leer jy HULLE om die taal lief te he en op so manier te ondersteun? Jammer om te se maar baie mense dink as hulle die sg feeste bywoon en dan meestal in stalletjies rondhang ondersteun hul Afrikaans – dis wel ook ‘n manier om die dramas ens op feeste by te woon en ondersteun maar dit stop nie daar nie. Nou-ja ek dwaal seker af, die verkiesing is verby en mens kan niks aan die uitslag doen nie, MAAR mens kan wel dinge doen om jou taal se voortbestaan te ondersteun.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.