Mbalula aan polisie: ‘Julle moet beter skiet’

Fikile Mbalula. Foto: Flickr/GovernmentZA

Fikile Mbalula, minister van polisie, het lede van die SAPD gemaan om deurentyd aan hul vaardighede en doeltreffendheid te werk.

“Julle moet verbeter, insluitend jul skietvermoë. Julle moenie mis skiet nie. Kom kyk na my as ek skiet, ek skiet nie mis nie. Ek skiet reguit en baie, baie vinnig. Ek kan terselfdertyd skiet en kruip. Almal van julle moet waaksaam wees, want misdadigers is brutaal; hulle neem ons geliefdes van ons af weg,” het Mbalula by die jaarlikse herdenking vir gevalle polisiebeamptes in Pretoria gesê.

Volgens die polisie is 40 beamptes tussen 1 April 2016 en 31 Maart 2017 dood.

Mbalula het verder gesê die polisie wil nie ʼn gewelddadige nasie hê nie, maar wil oortreders dieselfde hanteer as wat húlle ander hanteer. Hy het ook ʼn boodskap aan oortreders gestuur. “Maak nie saak waar julle is nie, ons kom vir julle en ons sal julle kry. Ons gaan die strate skoonmaak en julle uit julle gate uit rook. Ons sal misdaad beveg met die vurigheid van ʼn bul wat in ʼn hoek gedruk word.”

Adjunkpres. Cyril Ramaphosa het ook die geleentheid bygewoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Chantell ·

Hopelik kan die boere ook maar die misdadiger hanteer soos wat hulle die boere hanteer julle maak n helse boehaai van dit dis hvl boere n maand dood gemaak word wanneer word daar oor hulle gewarry……… NOOIT WANT HULLE VOORSIEN MOS NET DIE KOS

Johanna Botha ·

Die minister is baie uitgesproke maar se eintlik niks …baie praat maar min of niks gebeur !

Pieter Ellis ·

Nou ja, Mr Grootmond Fikile. Ek sal jou graag op die skietbaan, staties en interaktief wil ontmoet. dan sien ons of dit net warm lug is wat jy nou weer geborrel het. Ek wonder of jy al ooit in n skietgeveg betrokke was? Wonder hoeveel onskuldige omstanders jy sal skiet met jou “ek skiet baie en vinnig” en hoeveel kriminele jy sal tref.

Mensig, die man is vol van homself!

Sherrel ·

Ai ja nee….skiet se hy! Wat het verander? Ek weet van baie polisie manne wat in die tronk sit want hulle het geskiet. Kriminele ae land hierdie. Kan maak nes hulle wil. Boere word daagliks brutaal vermoor, gebrand, skerp voorwerpe gebruik, gebrand en geteister. Sielkundige in hul kanon in. En NIKS word van dit gemaak. Maar polisie man n krimineel wat al geroof en vermoor het skiet word hy toegsluit. So met wat moet hulle skiet?? Regtig kry jul feite reg.

Toppie ·

Frikile al wat ons graag wil weet is of die boere kan skiet om dood te skiet as hulle bedreig word en waar is die polisie as dit kom by plaas moorde.

Chrisjan ·

Ja hulle kan. Berei voor, maak seker dat dit tel die dag wanneer jou beurt kom.

Lourens Kritzinger ·

Ons hoop hy staan agter sy woorde! Wat van ons boere wat so uitgemoor en gemartel word?

De Villiers ·

So praat ‘n minister wat sowat ‘n maand gelede twee maal vir die land gelieg het deur voor te gee dat Grace Mugabe in hegtenis geneem is, en toe sy leuen op die lappe kom, die land weer belowe dat hulle sal sorg dat sy nie landuit sal gaan nie. Hoe kan iemand so ‘n persoon ernstig opneem?

Eish ·

Ons hou darem wragtig nie van mekaar nie. Laat my dink aan my koshuisdae op skool waar jy ook maar saam moes bly al het jy nie van die ander ou gehou nie. Een helse lang uitgerekte marteling.

Leahim ·

Hierdie ou staan bekend vir sy lieg stories onthou die Mugabe geval en die kfc ouens wat glo swartmense in die omgewing aanrand so n mens moet maar alles wat hy se met n knippie sout vat.

Chris Ws ·

Hy sal eerste die kriminele in sy polisiediens moet uitsorteer!Wat word van die saak van die polisie lid/lede wat vuurwapens laat verdwyn het UIT ”veilige bewaring” in ‘n polisiestasie??Neewat Mbalula kry jou huis eers in orde!

Drikus ·

Dankie vir die sterk woorde Mnr Die Minister. Ons glo die booswigte bewe nou van angs. ‘n Man wat so praat gaan seker darem binnekort aankondig dat die booswigte binne die SAPD ook vasgevat en laat kruip is.

Justice ·

Min. Mbalula praat nou die taal wat ek verstaan en waardeer – `n polisie beampte wat nie op sy voete kan dink, vinnig reageer, reguit en raak kan skiet nie stel nie net hom en sy patrollie in gevaar nie maar is ook `n gevaar vir die onskuldige omstanders en /of slagoffers. Die hedendaagse kriminele beplan rooftogte met militere presisie en skroom nie `n oomblik om eerste te skiet met die doel om te dood nie. nie. Ek vertrou dat hy daardie polisie beamptes sal ondersteun met dieselfde passie wat hy nou spreek indien die regte van die kriminele in gedrang kom as gevolg van doelgerigte polisie optrede. Beslis niks verkeerd met gereelde en professionele skiet afrigting wat verskillende moontlike gevaar situasies uitbeeld nie. Back to basics – ek stem 100% daarvoor.

Cherokee ·

Verbeel ek my of wil hy altyd oor himself gesels wanneer hy kans kry om iet te sê? Dit is hoe dit lyk.

Ronel ·

Geagte grootbek minister. Ek daag jou uit om teen my te skiet. Hierdie boeremeisie kán skiet. Ek skiet ook nie mis nie. Ek skiet nie net vinnig nie, ek skiet raak en akkuraat. Put your money where your mouth is, geagte minister.

Wouter ·

Spek skiet. …. wanneer betaal jy die R10 Mil terug van die sokker wêreldbeker wat jy gesteel het?

James ·

Die arme man sê maar net wat die mense wil hoor. Hy het mos nou lippe diens gedoen en op sy fikse verlede gesteun. Ons gepraat en uitdagings gaan die saak nie verder voer nie. Self beveiliging is die wagwoord. Vasbyt. J

Big daddy ·

Ou fikile ou seun daar is n hengse groot verskil tussen playstation en die werklike lewe hoor.

Adam ·

Jy is in die kol, Bullseye. Die oomblik wat die tweede skoot klap, moet sy makkers die “Jockey” fabriek skakel.

Johann Marx ·

Vir almal wat altyd op hierdie forum so skree “bring terug die doodstraf”….daar het julle dit nou. Dis net, geen regter met jare se ondervinding, al die tyd tot sy beskikking, bygestaan deur assistente, en met al die feite voor hom, mag die doodstraf uitspreek nie……maar ‘n “vars uit die kollege”-konstabel met ‘n vuurwapen kan enige iemand in ‘n oogwink aankla, verhoor, skuldig bevind, en die doodsvonnis toepas. Daar het julle dit…….en dit nadat almal gedink het die regering luister NIE na die mense nie?

·

Bhaaaaahaaaahaaahaaaa en nog n sniper kan skielik n Wapen hanteer wat hy skaars n maand of twee terug gekry het!!!!!!!!!!!!!

Dennis ·

Die minister was so besig om sport op te neuk, hy is bietjie agter met die nuus. Hy het nog nie die woord Marikana gehoor nie.

Rina Kotze ·

Doodstraf moet terugkom ook vir mense wat polisie-beamptes vermoor, van diens af en die wat op diens is.

Asook vir verkragters, kindermoleseerders en moordenaars!

Henry ·

In ‘n see van onbekwame en korrupte Ministers het ons darem een nar om ons te vermaak.

johann ·

in sy rampokker dae het hy dalk geweet hoe lyk n vuurwapen maar met die 2010 sokker was dit net nodig om te kon lieg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.