Mbalula besoek polisiestasie ná moordtog

Forensiese beamptes op die toneel by die Ngcobo-polisiestasie, tussen Mthatha en Queenstown in die Oos-Kaap. Foto: SAPD

Fikile Mbalula, minister van polisie, sal Woensdag die Ngcobo-polisiestasie, tussen Mthatha en Queenstown in die Oos-Kaap, besoek nadat ses mense gesterf het toe gewapende aanvallers op die stasie toegeslaan het.

Mbalula het die voorval as “gruwelik” bestempel. “Ek doen ʼn beroep op ons lede om kalm te bly aangesien ek besef hoe emosioneel hierdie gruwelike voorval is. Ek het genl. Khehla Sitole, [die nasionale polisiekommissaris], opdrag gegee om die barbaarse misdadigers op te spoor en hulle aan die pen te laat ry. Hulle moet die dag berou waarop hulle gesit en beplan het om die staat aan te val,” het die minister gesê.

Maroela Media het vroeër berig vyf polisiebeamptes en ʼn soldaat van die nasionale weermag het gesterf toe ʼn groep gewapende aanvallers in die vroeë oggendure op die polisiestasie toegeslaan het. Die aanvallers het lukraak op die beamptes wat aan diens was losgebrand en drie polisiebeamptes en die soldaat, wat nie aan diens was nie, is op die plek doodgeskiet.

ʼn Woordvoerder van die polisie praat met lede van die media op die toneel by die Ngcobo-polisiestasie. Foto: SAPD

Die verdagtes het tien vuurwapens uit die polisiestasie geroof en met ʼn polisiewa op die vlug geslaan. Hulle het twee polisiebeamptes saam met hulle geneem. Die liggame van die twee beamptes is later langs die pad, sowat ses kilometer van die polisiestasie, aangetref. Dit blyk of albei beamptes op teregstellingswyse doodgeskiet is.

Mbalula het gesê hoewel die motief vir die aanval nog nie duidelik is nie, is die verdagtes beslis baie gevaarlike misdadigers. “Ek doen ʼn beroep op mense op paraat te wees en kalm te bly en enige moontlike verdagtes by die polisie aan te meld,” het hy gesê.

“Hierdie voorval dra verder by tot nog meer vuurwapens in die verkeerde hande en strem die harde werk wat die polisie verrig om onwettige vuurwapens van die strate te verwyder.”

ʼn Taakspan wat bestaan uit ervare speurders en lede van die Valke is aangestel om die voorval te ondersoek. Die name van die oorledenes is nog nie bekendgemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Del ·

Ou Frikkie is darem maar baie vinnig daar op die toneel. ‘n Rukkie terug toe hy in Rustenburg met die publiek moes praat oor die onluste en geweld op die dorp, toe sluip hy soos ‘n dief in die nag daar uit. Dit terwyl die gemeenskap ure in die son vir hom gewag het. Wat gebeur het is baie tragies en onnodig, maar hy gaan nooit ‘n impak kan maak nie.

Johanna Botha ·

Selfs die polisie loop deur onder die misdaad, so hoeveel te meer die ongewapende weerlose mense van die publiek ….SA het 52 moorde n dag en hoeveel verkragtings . Die wetsgehoorsame persoon is die onveiligste en mees kwesbare …maar die anc doen niks, hulle kyk net en ons maak maar skoon en tel die geraamtes op van die totale wanorde en wetteloosheid…dit gaan aanhou omdat mense wegkom met moord en daar GEEN gevolge is vir misdaad. Botswana het die doodstraf en daar is niks sulke probleme nie …dit se mos iets !! Hoeveel honderde onskuldige en wetsgehoorsame belasting betaalende mense verloor ons nie in die wettelose land ? HONDERDE ! !

Boerseun ·

Kyk jy moet weet in watse stand hierdie land is as misdadigers al polisiestasies aanval en beroof.

anti verrotting ·

Frikkie is so bang soos die duiwel vir die slypsteen. Hy weet daar is nie nou skelms nie – daarom is hy groot meneer!!
Lagwekkend.

Peet J ·

Die kriminele situasie in die nuwe SA het tans so ‘n hoë pylvlak bereik dat al word die doodstraf weer ingestel sal dit geen verskil kan maak nie. Die probleem is die ANC regering het gedurende die afgelope 23 jaar die misdaad as normaal geklassifiseer en sodoende het dit almeer en meer begin handuit ruk. Die enigste vinnige oplossing is om weermaglede orals te ontplooi met die nodige outoriteit om verdagtes te ondervra en indien wel inhegtenis te neem.

Hans ·

Ek is bevrees hul gaan nie weet wat om te doen nie, nie eens te vra van water weermag gepraat word nie.

joan labuschagne ·

Is die plaasaanvallers dalk nou besig om hul grondgebied te vergroot?

Ek stem ·

Jy is reg, so die mense wat so min simpatie met plaasmoorde gehad het en selfs soms deelgeneem het daaraan is nou ook in die misdadigers se visier. So draai die wiel maar.

Hans ·

Of het hul nou besef dat hul nie al is wat kan skiet nie, nou gaan hul maar vir sagter tykens met baie meer wapens en amunisie?

Johannes van Staden ·

Al die human rights in SA werk net in die guns van misdadigers en nie in die guns van weerlose onskuldige mense of minderhede nie.

Johan. H. ·

Jammer polisie maar daar was n baie goeie rede, Geen persoon skiet n ander somer net nie,, Frikkie sal seker ook die plaasboere wat vermoor word besoek? Miskien as die plaas boere swart is sal hy hul besoek, Wonder maar,,,,

Natasha ·

As hulle maar net so erinstig was om plaasaanvallers gevang te kry. Die storie sal Meer media dekking kry as enige plaas moord. Daar is omtrent 90% Elke dag n berig oor n nuwe aanval, maar Verder as dit hoor ons nooit weer enige iets daarvan ni. Die storie sal seker nog vanaand op die nuus ook wees. Dubbel standaarde.

Frikkie ·

Hou tog asb op om die ou Frikkie te noem. Sy naam is Fikile. Gebruik jou eie naam in plaas van Frikkie. Frikkie het niks met dit te doen nie!

thinus ·

Lekker verjaar ou Frikkie, jy moet lekker verjaar.
Ge-organiseerde misdaad is besig om tande te wys, hulle is reg vir ons!

MOTIEF ·

MOTIEF VIR DIE AANVAL? Wat dink julle sal dit wees? Eerstens om wapens te bekom en tweedens om ‘n PUNT te bewys dat hulle die POLISIE lankal ore aangesit het. Die MISDADIGER in SA vrees nie die polisie nie. Hulle is altyd meer as die polisielede en tweedens weet hulle die polisie mag nie net terugskiet nie, so HULLE SKIET EERSTE! Dit is die motief!

TLC ·

Ek verstaan die dodetal staan nou op 8 2 beamtes wat wou gaan help het is ook doodgeskiet . Ek het nie woorde nie. Ek is woordloos geskok . So is dit nou in S.A. sal hul nou moet wagte kry wat die stasies sal moet oppas.

TLC ·

Jammer my inligting van vroeër lyk of dit verkeerd is. Blyk dit is 6 mense sorry

PJC ·

Die polisie moet minder tyd en hulpbronne spandeer daaraan om wettige wapeneienaars se wapens te probeer afneem en hulle liewers toe spits op onwettige wapens dan sal dit baie beter gaan.

Ben ·

Die erge misdaad in die land het veral begin na Zuma se uitspraak “kill the Boer”

Tassies Pak ·

Die berig en die meeste kommentare verduidelik weer-eens waarom daar elke maand al hoe meer mense die land verlaat….. en dit is nie dom of ongekwalifiseerde mense wat waai nie. Hierdie beteken ook net een ding vir die wonderlike SA-hool se ekonomie……. vinnig op pad ondertoe……. baie vinnig…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.