Mbalula: ‘Drankmisbruik rede vir adjunkminister se gedrag’  

Fikile Mbalula, minister van polisie, spreek die media toe (10 Augustus 2017). Foto: ANA

Fikile Mbalula, minister van polisie, het Donderdag gesê alkoholmisbruik het daartoe gelei dat ʼn vrou deur Mduduzi Manana, adjunkminister van hoër onderwys, aangerand is.

Mbalula het joernaliste by die parlement toegespreek. Hy het gesê alkoholmisbruik is die oorsaak van verskeie aanrandings in die land, veral oor naweke. “ʼn Voorbeeld hiervan word gesien in die geval van ons comrade [Manana],” het Mbalula gesê.

Mbalula het die polisie verdedig wat versuim het om Manana in hegtenis te neem voor sy hofverskyning vroeër vandag. “Die publiek het daarop aangedring dat hierdie saak as ernstig en dringend hanteer word weens die identiteit van die oortreder. Ek stem saam,” het Mbalula gesê. Hy het gesê die polisie moes egter eers verklarings van getuies afneem voor hulle kon optree.

Maroela Media het vroeër berig Manana en ʼn vriend het glo Sondagoggend twee vroue by Cubana, ʼn kuierplek in Fourways, aangerand het. Die aanranding het glo gebeur tydens ʼn hewige argument oor wie die volgende ANC-president moet wees. Die vrou het glo na Manana as “gay” verwys voordat die aanranding plaasgevind het.

Foto’s van kneusplekke op een van die vroue, Mandisa Duma, se kop, nek en been is Sondag op sosiale media gedeel. Manana het Maandag in ʼn verklaring om verskoning gevra vir die voorval en gesê ongeag die uittarting moes hy van beter geweet en beheer uitgeoefen het.

Volgens mediaberigte is Manana Donderdag toegelaat om die Randburg-landdroshof deur die personeel-ingang binne te gaan. Hy is op R5 000 borgtog vrygelaat en die saak is tot 13 September uitgestel.

Ondanks hierdie berigte het Mbalula Donderdag gesê Manana sal nie voorkeurbehandeling ontvang nie. “Dit is waar dat in ons samelewing het die gereg soms oë in terme van wie die oortreder is. Ek kan julle verseker dat [Manana] nie sagkens en met handskoene hanteer sal word nie. Hy sal die soos enige ander persoon tereg staan,” het hy gesê.

“Die adjunkminister is ʼn bekende individu. Hy kan nie wegkruip vir die gereg nie. Hy is nie ʼn vlugrisiko nie en as polisie deel ons nie die straf uit nie.”

Mbalula het gesê die hof moet besluit oor Manana se lot.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

thelsa ·

So drankmisbruik is die oorwegende rede waarom regsprosesse ontduik word in kriminele gevalle aldus die Minister van Polisie

Ian ·

“Die minister sal nie voorkeur behandeling kry nie en soos enige ander misdadiger behandel word” VERDUIDELIK DAN HOEKOM HY DIE PERSONEEL INGANG MAG GEBRUIK TERWYL ANDER MISDADIGERS NIE MAG NIE? Hierdie regering met sy korrupte polisiemag is lagwekkend.

Verwonderd ·

Miskien was dit delirium tremens. Wonder of die minister nie maar eerder ‘n psigiater moet gaan sien nie. Miskien kan hy ‘n vinnige Schabir Shaik trek…?

Cat ·

Adjunk minister van ONDERWYS!!!!!!Drankmisbruik???Uitstekende voorbeeld!.In enige ander land sou hy in pad gesteek word, maar hier tel sulke goed glad nie. .Hoekom is hy nie in tronk nie?

Penellope Jones ·

Goeie aarde, dit maak dit nog meer onaanvaarbaar!

willie ·

ñ Persoon wat sy kant bring in die week het rus nodig oor ñ naweek en het nie die energie om 4h in die oggend nog te drink nie!

H ·

Ek wonder net hoekom hy nog nie afgedank is nie. Hy het erken hy het dit gedoen, so dan is hy mos skuldig. Was dit nou ‘n gewonde onderwyse, was die al lankal afgedank.

Quo Vadis ·

Ons weet mos nou al hoe werk dit in korrupte SA. Maar was dit nou n wit man…

Alida ·

Was die KFC manne tud gegun NEE! Dadelik tronk toe. Sluit hom toe en hou op verskonings uitdink. Niemand is verhewe bo die wet nie aldus ons president!

jack daniels ·

Die vraag was deur a prokereur op radio gevra en is nogal geregtig. Die KFC senario se ouens is nie eens toe gelaat om a verklaring af te le nie. Hulle is onmiddelik toe gesluit. Hkm is daar nie teen manana opgetree nie aangesien die wet lei dat dit aanranding is. Of hy a gewone mens of minister is bly is aanranding. Goeie vraag?

o ·

blah blah blah. Ek is sooooo siek en sat vir al hulle storietjies. Dit klink amper asof drankmisbruik gebruik kan word as versagtende omstandighede.

Johann ·

Hulle kan net nie verantwoordelikheid vat vir hul dade nie, moet altyd iets of iemand blameer, snaaks dit was nie apartheid se skuld nie!

Hanna ·

Ek wonder of “drankmisbruik” ook die KFC-manne gaan help? Hulle was duidelik onder die invloed v drank. Geen nugter, blanke mens sal so iets aanvang in vandag se dae nie. Nie teenoor n swarte in elk geval nie.

popeye ·

So ;reg agbare minister….laat ek gou dronk raak en jou aandoen wat jy met die RWC gesê het die Bokke moet doen aan hulle teenstaanders behalwe dat ek jou rêrig goed paneelklop…ek is omtrent dubbel jou lengte en 3 keer jou gewig! Jou verskonings is kleur gebasseer mater! Niks meer en niks minder.

Johanna Botha ·

SWAK laakbare gedrag en n skandelike voorbeeld ….hoekom loop hy nog vrylik rond ! !

Koos ·

Drankmisbruik en toe aanranding, wat het geword van dronk bestuur of het hy huis toe gekruip, vra maar net.

Josef Espag. ·

n Adjunk Minister van onderwys wat in nagklubs rondle ,hom dronk drink,geweld gebruik ,geen beskaafde voorbeeld stel is kenmerkend van die produk wat die onderwys tans oplewer,met enkele uitsondering van die wie uit hulself uitstyg! n Skande dat so n aanstelling in die eerste plek gemaak is.

Jeanne Niemann ·

Indien dit enige ander mense/mense was wat dit gedoen het, is hulle dadelik in hegtenis geneem, maar hy loop nog vry rond. Wat is die verskil?

Gerrie ·

Minister en veral presidentskap vrywaar jou klaarblyklik van vervolging in gevalle van aanranding, misbruik van drank/en/of staatsfondse openbare geweld en vrugtelose uitgawes veral op geleenthede waar jy die kierers, binnelands en buitelands moet verteenwoordig. As hy/sy eties korrek en streng optreë word hy/sy vervang. Join the team, the party is great ! Wat is ‘n minister nou as hy nie sy dop of cut of the purse kan vat nie ? En my belasting geld hou hom/haar veilig aan die etenstafel !!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.