Mbalula gaan nie sportverbod herroep nie

Sportminister Fikile Mbalula. Foto: Flickr/GovernmentZA

Sportminister Fikile Mbalula. Foto: Flickr/GovernmentZA

Die regering gaan nie die huidige verbod op verskeie sportliggame herroep nie, het die departement van sport en ontspanning Saterdag gesê.

Die Eminent Persons Group (EPG) oor transformasie in sport sal saam met alle federasies werk om “die sistemiese gapings aan te spreek” en “aanbevelings te maak” aan minister Fikile Mbalula. Hy sal daarna die vordering, of gebrek daaraan, oorweeg wanneer die transformasiebarometer opgestel en ʼn aankondiging gemaak word vir 2016/17.

Mbalula het aan die einde van April aangekondig dat SA Rugby (Saru), Krieket SA (KSA), Netbal SA (NSA) en Atletiek SA (ASA) nie mag voortaan om gasheer te speel vir enige groot internasionale sportgebeurtenisse in die land nie, aangesien hulle, volgens hom, nie hul transformasieteikens bereik het nie.

Die minister het Saterdagoggend met die rade van ASA, KSA, NSA, Saru en die SA sokkervereniging (Safa) in Pretoria vergader. Tubby Reddy, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok), was ook teenwoordig as ʼn vennoot van die transformasiebarometer en memorandum van verstandhouding met die onderskeie federasies.

“Die vergadering is ʼn opvolg ná die minister se aankondiging en vrystelling van die EPG se 2015/16-verslag oor transformasie,” het die departement gesê. “Die vergadering was ʼn geleentheid vir die vyf sportfederasies om die gapings in die stelsel te bespreek en aanbevelings te maak watter regstellende stappe gedoen gaan word.”

Volgens die departement het alle federasies konstruktief die belangrikste kwessies met die minister bespreek, waaronder die betrokkenheid van provinsies, strategiese leierskap en tekortkominge in die stelsel wat betref data-invordering, toegang, demografie, datagehalte en analise.

“Ná ʼn indiepte-gesprek en omvangryke bespreking, is daar bekend gemaak dat die regering nie die bestaande verbod en opdragte sal herroep nie,” lui die verklaring.

Daar is ook tydens die vergadering beslis dat ondersteuning vir onder andere, vroue in sport, plattelandse sportontwikkeling en die verbetering van die skool- en klubstelsel versnel moet word.

Mbalula het daarop gewys dat transformasie “nie ʼn gebeurtenis is nie, maar ʼn proses”, maar dat dit vinnig ingestel moet word. “Ons glo dit is ʼn sleutelprogram wat nodig is ter wille van ons land. Ons moet dit met die nodige ywer, beslistheid en oortuiging implementeer,” het hy gesê.

Volgens die departement het die vergadering kennis geneem van die vordering en toewyding deur die federasies om die gapings te vul waar hulle nog nie die voorgestelde vrywillige teikens bereik het nie.

Lees alle vorige berigte oor Fikile Mbalula en die sportverbod op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

74 Kommentare

Anti afrikaner ·

Boikot net die sport dan sal die borge ontrek en organisasies stig soos AVS en hulle eie toernooie speel sonder inmenging van rassistiese leiers soos mbalula

Rynhardt ·

Natuurlik gaan Mbalula nie die sportverbod herroep nie, alle sportsoorte moet met mening transformeer-m.a.w. Vryheidsmanifes word met mening uigevoer! Wittes mag geen kultuur en bestaan he nie.Jy kan maar se dat rassisme word vandag gewettig, net meer toegepas deur wetgewing en boetes!

Christie ·

Volgende gaan wees: Die minister van openbare belang het gesê almal wat ‘n toilet wil besoek moet ANC onderklere dra. So nie moet jy agter ‘n boom gaan sit

Jz ·

Die agtergeblewendes se regering laat John Voster na n sub A jufrou lyk vir inmenging in sport.

Ander Koos ·

Nog nooit. Dit is demokrasie!! Nou moet sport ook maar boikot, maar seker te veel gevra met die groot geld op die spel

Tiger ·

Dis heeltemal rassisties.Maar ‘n swarte mag doen wat hy wil want net ‘n blanke kan ‘n rassis wees.Hoop SARU het die Iere laat weet wat aangaan en om by die huis te bly???Wens die wereld boilot ALLE SA sport heeltemal!

maritz ·

Wag tot die stadions leeg raak en die geld nie meer inkom dan praat ons wee.

Joann ·

Boikot sport. Laat die springbokke almal vir ander lande speel en laat die gekleurdes dan hul eie span kry. Chaos.

Leeukop ·

Dit kan die begin van hoop wees, want ons was verslaaf aan sport gemaak om ons bedwelmd en swak te hou. Nou kan studente en skole weer terugbeweeg na fun he en akademie sonder om sportobsessief te wees, dan kan ons weer onsself opbou.

Sam ·

Jy sit die pot mos nou heeltemal mis. Studente en skole word nou in engels gedoen want Afrikaans is mos die taal van apartheid! So maak nie regtig saak wat jy doen nie, jy is in jou kanon in as jy wit is en in SA bly. Welkom in SA dit gaan net erger word.

Totius ·

Stig maatskapy buite die land. Of boukot die ANC gemors. Ek support NZ want 1/2 van my gesin woon reeds daar. Sonder diskriminasie. Net jou eie vermoëns bepaal jou welsyn.

007 ·

Rassis-kan die blanke nie met goeie kompetisie vervang word nie ?

johann cb ·

Die minister is net besig om homself keel af te sny. Soos baie ander sê, boikot ons net die sportsoorte en die stadions loop leeg. Ons sportmanne en -vroue sal wel planne hê om na hulself om te sien. Vir die jonges is dit nie ‘n probleem om elders in die wêreld ‘n bestaan te gaan maak nie. Dit is net jammer dat ons sportlui van hoë gehalte gaan verloor en reeds verloor het. Anders sal hulle ongelukkig ‘n ander beroep moet volg. Tog jammer dat ons regering so kortsigtig is.

Penellope Jones ·

Wie het gedink dat hy sal?
Die outokrate doen net wat hulle wil maar spog wereldwyd met ‘die demokrasie.

Fmis ·

Ja ek het ook die probleem met kommentare wat afgehaal word nadat ek moeite gedoen het om n gesprek te lees, antwoord te deurdink en tik. En dit vir kommentaar wat regtig nie ekstreem is nie.

Grassie ·

Fmis – ek lewer al ‘n hele paar jaar kommentaar hier op Maroela. My goed word ook soms afgehaal maar die meeste gaan deur en ek verseker jou ek is nie ‘n hanskakie of ‘n ja-stemmer nie. Dit is dikwels nie wat jy sê wat problematies is nie, maar hoe jy dit sê. Dit is goed dat daar kontrole is want soms sê ‘n mens op die ingewing van die oomblik iets wat regstappe of lastereise teen jou tot gevolg kan hê. Daar is egter iets waarmee Maroela kan help – daar is ‘n ellelange lys van “verbode” woorde wat ‘n kommentaar outomaties afhaal as dit daarin voorkom. Dit sal makliker gaan as hulle die lys bekendmaak.

Cherokee ·

As die blankes, Suid Afrika se blankes, nou ‘n nuwe sportsoort ontwikkel wat absoluut kultuurgebonde is, sal die mbalulas dit wil transformeer. Hulle sal swart deelnemers as spelers wil sien selfs al is dit ‘n boerespel.

Irah ·

Maar rugby en krieker is dan ń Westerse oftewel Europeese verskynsel. Dit vetreenwoordig dan alles wat sleg is in die lot se oë… Maar nee, ons wil hom hê en ons sal hom vat en opneuk.

Pietman ·

Ons kan daai nar mos toelaat om ons aan die korthare beet te kry, of hom en sy soort net ignoreer. Net bitter jammer hoe sommige van ‘ons eie mense’ die riel dans om hom tevrede te stel. Stem met julle voete by die sport. Moeilik vir party, want ons het altyd gedink n afgod is net iets wat jy in n tempel kry?

Gerhard ·

GREAT
Nou moet al die kwaliteit sportmanne hul talent oorsee gaan uitstal en dan kan Mbalula en kie kyk of daar enige oorsese sport organisasie is wat belangstel om teen die regstellende aksie spanne te kom deelneem en ook of enige sportliggaam gaan belangstel om enige wêreldklas toernooi hier aan te bied. Sal dit seker regkry met ń R10 miljoen donasie of so-iets. Niemand kan iemand dwing om ń sportsoort te beoefen as hy nie die belangstelling en deursettingsvermoë het om dit suksesvol aan te pak nie. Kyk net hoe suksesvol skuif die sokkerspan al hoe laer op die wêreldranglys.

GES ·

Dit mag seker na verwyt klink. ‘n Paar jaar gelede toe die sportverslaafdes gewaarsku is: “While we play the ball, the ANC will take it all.” het waar geword. Al oplossing wat ek sien is, draai jou rug op sport.

Xa ·

Ons het die land weggegee vir sport, ons het ons kinders in gevaar gestel sodat ons internasionaal rugby kan speel, hulle het ons uitgevang. Nou is dit tyd om die afgod te los en industriee te bou wat werklike rykdom skep.

Veritas ·

Ons rugby en krieket is in elk geval ‘n hartseer spul. Suid-Afrikaners is besig om gewoond daaraan te raak om met tweede- of derdebeste, tevrede te wees. Nee wat, ons rugby -ondersteuners moet maar, deur ons afwesigheid by wedstryde, ons misnoë te kenne gee.

Chris ·

Krieket? Ek het geen idee meer wie vir die proteas speel of enige provinsiale span. Seker so 6 jaar gelede belangstelling verloor. Rugby? 5 jaar laas na n rugby wedstryd gaan kyk. 4 jaar laas op TV. Groot geld gespaar.

Uys ·

My eerste springboktrui lees nog Castle as borg. Het dit ook eers gekoop toe dit uitverkoop weens borg wat verander.
My volgende trui sal groen en geel wees vir die Australia span of selfs n silwer faring.
Ek kyk lankal nie meer super 14 of 15 of selfs Currie cub nie. Politiek meng lekker in.
Maar daar word niks van ons eie All Blacks sokkerspan gesê nie. Hulle kom nie eers die mas op nie, wat nog praat van die pyp rook nie.

Tiger ·

My rugby trui is ‘n paar jaar al die groen en geel van die Wallabies!Spesiaal JHB toe gery om een daar te kan koop.Die springbok is lankal onteer met die transformasie gemors en tel niks by ons nie.

Popeye ·

Ek se nog die hele tyd hierdie land se leiers loop met klappe op hul oe! Ons as SA, of ons nou wil of nie ,is deel van ‘n nuwe wereld bestel en jy moet die spel reg speel om in hierdie nuwe bedeling van Globalisasie te oorleef! Of dit nou sport of besigheid is; ons is deel van die globale strukture wat ook dikteer. Jy kan nie op jou eie mishopie sit en klein politiek bedryf en dink jy gaan met enigiets suksesvol wees nie. Bv. Alle sporte het internasionale beheer liggame, ons neem deel aan ‘n wereld ekonomie, daarom kan jy nie mense uitsluit van deelname in ons eie ekonomie nie. Jy kan dus ook nie kom en se Afrika slegs vir die Afrikane nie. Gaan Europa opstaan en se Europa slegs vir Europeers? Ek dink nie so nie. Die Afrika – manier van dink en doen het gemeet aan Globale tendense, reeds sy rakleeftyd verbygesteek….die goedere le nou en vrot!

Thuunda ·

Hou op AA sport ondersteun, en sit jou DSTV af. Kom uit jou sport koma Afrikaner.

cobusp ·

Nou plaas die minister weer n artikel om aandag te soek…..los die klomp ignoreer hulle. Niks wat rugby doen sal reg wees solank blankes betrokke is nie……..laat die stadions leegloop……..laat die super 18 ondergaan. Julle sal sien hoe vinnig die all blacks ingryp om TD red……as die super 18 onddergaan is all black rugby bankrot…..volgens hulle president van rugby in new zeeland………word n all black of aussie ondersteuner hulle het briljante supporters klubs………..ek wonder hoeveel ondersteuners s daar vir die all bllacks in sa?????? As hulle kom speel in die super reeks dan gaan ondersteun ons hulle in swart truie……..hier kom n ding…….

jan ·

Dis nou as idiote in poste gesit word waarvan hulle niks weet nie……sport was nog nooit sy prioritet nie daarvoor is sy ego te groot…….

Johnny ·

Die grootstee grap is dat al die sportsoorte in die wereld in hul grondwet het dat daar teen geen speler op grond van ras gediskrimineer mag word nie.

Flip ·

Absolutely betreurenswaardig! Hoe op dees aarde kan transformasie deur ‘n meerderheidsparty (regering) op ‘n minderheidsgroep toegepas word? Sover ek weet, is Suid Afrika die enigste land ter wereld waar hierdie tipe strafmaatreel toegepas word. Ek begryp ook nie hoe atletiek hierdeur geraak word nie. Betaken dit dat indien ek ‘n uitmuntende gekwalifiseerde atleet sou wees, ek dan maar my tuinwerker in my plek moet stuur om namens my deel te neem? Ek verstaan nie!
Ons moenie verbaas wees as die IOK dalk strafmaatreels teen ons sport gaan instel vir politieke rassistiese inmenging in sport nie. Dis maar net my mening.

Oni ·

Onthou altyd dat niemand jou Moedertaal kan wegneem nie. Praat jou taal in die huis en waar jy ookal gaan maar dat jy kinders leer Engels praat, kan hul geen skade doen nie en die jare wat kom sal hul jul ewig dankbaar wees dat jul dit wel gedoen het want dan kan hul die wereld vol gaan vir werk en studies met vertroue. Namibia is n groot voorbeeld daarvan.

Theo ·

Mog die stadiums met die kommende Ierse rugby toer leeg wees, al maak hulle die prys vir kaartjies hoe goedkoop. Dit Min F. is my stille protes teen jou rasistiese beweging. As n span op ras en nie meriete gekies word nie, hamba wena, hamba. Haal net asb die Springbok embleem ook van die trui af en kan nie net uitgedeel word na willekeur nie.

Gert du Plessis ·

ek stem heeltemal saam met jou Theo… maar net so min as wat die nasionale party weer aan bewind sal kom, net so min sal jy dit kry dat suid afrikaners nie rugbuy kyk nie.

Oom Kalahari ·

Die Min F. is duidelik besig met rassistiese optredes, maar laat die Afrikaanse gemeenskap hul nie laat wankel en onderkry nie. Daar sal ander uikomste en geleenthede vir die jonges opduik. Hul strategie is om die Afrikaanse Boer /Vrou te knak en nog gaan dwing tot vermenging in huwelike. Alles moet staats beheerd wees soos kommunistiese bestel.

vermeende ·

Die antwoord is so maklik.
Eerstens, ondersteun die minister of wie hy ook al is.
Dan eis ons agresiewe implimenteering van AA en die verweidering van die springbok embleem.
Dan stig ons rebelle spanne van provisiaal tot nasioenaal wat weer speel vir die genot, en dan skop ons weer die wereld vol ou skoene want ons is die beste.

Die probleem is, sport het n beroep geword met baie groot geld en hulle wil nie die beste wees nie hulle wil die meeste geld he met al die bling.

cobusp ·

Met die super rugby reeks bokke vs all blacks in sa as 50% van die stadions gevul is met all black supporters (ex bok )………glo my dit sal genoeg steurings veroorsaak……….

Poplap ·

Moenie die wedstryde bywoon nie.
Is mos baie makliker, goedkoper en het meer slaankrag as ‘n simpel All Black trui.

cobusp ·

Eish om iets geskryf te kry op maroela sonder dat dit weggelaat of gesny word is amper net so moeilik as vir n blanke afikaans sprekende man om pregnant te word………kom ons probeer weer………die all blacks se president van rugby het laasweek gese dus in belang van all black rugby om die super 18 rugby groter te maak en so die kompetisie tot n einde kom sal all black rugby bankrot wees. …….so al hoe verandering sal kom as ons die rugby begin biokot springbok rugby super 18 curriecup biokot dit……..super rugby is oppad word n all black of aussie supporter trek jou geel trui of swart trui aan en support hulle……..die rugby supporters klub van die all blacks is puik…….ek is al klaar deel van die supporters klub……sport se welvaart en voort bestaan is in die hande van die ondersteuners nie in die hande van die administrateurs en nog minder die minister……

cobusp ·

Onthou net die toekoms van rugby le in die hande van die ondersteuners nie in die hande van n minister nie……

cobusp ·

Afriforum……..hoekom so stil sou gedink het teen die tyd julle sal sterk in die pers die minister aangeval het……..of is julle Te besig om potholes reg temaak……..

Xa ·

Potholes en ander dinge is baie belangriker as balgespelery. Die afrikaner moet nou regtig ophou sport aanbid, dit het ons vernietig, nou moet ons opbou aan die regte dinge.

Pieta ·

Jy vertel hierbo dat rugby in die hande van die ondersteuners lê.
Waarom moet Afriforum die ‘potholes’ soos jy sê, laat links lê en die minister aanval?
Volgens jou redenasie moet Afriforum dan eerder die ondersteuners aanspreek???

Irah ·

En wat Lesufi mee besig is, sou ek se is op die stadium baie belangriker as sport-transformasie.

rln ·

s ek nou reg verstaan mag hulle nie n gasheer wees vir enige rugby toernooie van oorsee nie, so die Iere mag dan nie kom nie.. so wat is dan daar in Suid Afrika rugby om te kyk geen kompetiesie nie… hulle is dan die kampioene in S.A. hahahaha.

Flippie ·

Het ook die sportgod, by naam springbokrugby, aanbid TOTDAT ek besef het wie en wat hy werklik is! Glo my hy is nie die moeite werd nie.

Ek sê los rugby dit is jou siel nie werd nie.

Xa ·

Dit is wonderlik om te sien dat soveel mense se oe nou begin oopgaan, hoe ons deur rugby mislei was in die afgrond in. N blink nuwe toekoms wag vir ons wanneer ons van die afgod verlos is en op dit wat regtig belangrik is konsentreer.

Plaasjapie ·

Dit gaan alles oor herverdeling van rykdom. Vat weg by die wat op meriete iets bereik het en gee vir die ander wat net bakhande staan. So vat die geld uit dan sal hulle nie meer belangstel nie. Daarom…BOIKOT DIE SPORT. Die geld kom van die toeskouers af.

Poplap ·

Waarom vertel jy ons dan nie watter punt van kommunisme ons mis nie.

Jana ·

Hoekom word sokker nie ingesluit nie. Hy weet goed dit is nie n sport wat ons afrikaanse mense oor mal is nie. Tyd dat ons begin saam staan teen hierdie mense wat alles van ons wil weg vat.

Lance ·

Elvira wat is die punt wat almal mis …kan jy miskien verduidelik asb.

Theuns ·

Alles agter Mabalula se boikot van sportligame is die tekort aan geld. Mabalula en sy kronies het al die geld gesteel in die vorige jare! Ek stem ook met baie kommentators saam dat ons die minister ignorer en ons eie ding doen! Ek het vertroulik verneem dat Mabalula gese het, en ek haal hom aan “as ons nie met hom wil speel nie sal hy met homself speel” sic.

Lewies ·

Mense begin wakker word Die sogenaamde wereld gee nie om wat hier aangaan nie. Die Wereld het sy eie probleme en Agenda’s rondom SA. Dan laaste my liewe WIT suid afrikaner hier is nog te veel mense wat te veel geld het (ek gun dit hulle) wat keer dat ons blankes sal saamstaan, en vergeet van die Politikuste. My ma het altyd gese vat twee nagemmers( Die wat sal onthou wat dit was) Trek n sak oor en skryf op een NAT en dia ander SAP as jy die sakke aftrek is altwee nog maar net nagemmers en praat hulle maar saam van al die Poefies daarin.

neelsie ·

Ons huisbrakkie slaap nou lekker snoesig op my springboktrui.
Geen rugby op saterdae meer nie..Dstv ook gekanseleer.
Baie meer tyd vir kuier en stokperdjie.
Dankie Anc …glo nie julle gaan weer enige wereldbeker wen nie…
Ons sokkerspan is nou no. 76 …….

Cindy ·

Take da ball and all. Ten minste kan ons families nou begin saam kuier, die manne hoef nie meer in die vuil plekke rond te hang net vir sport nie. Imagine die topless vet boude tannies, wat gaan dans voor ‘n game. Hahaha. Ons het meer sports sonder sport.

jack ·

Waarom se die minister nie iets oor swem, tennis en golf nie? Want in hierdie sportsoorte kan jou spanlede jou nie dra as jy te vrot is om te presteer nie.

Johann ·

Hoe begin mens n massa aksie via sosiale media platforms? En ek bedoel INTERNASIONAAL? As ek reg verstaan mag politiek volgens internasionale reels NIE in sport inmeng nie? Dinj dis tyd dat ons die blatante rassisme van die Sport(s) Minister aankla by die Wêreld! Siende dat ons “kultuur” nie die opsie voorstaan om STADIONS af te brand nie…gaan mos oor previously disadvantaged en currently taking advantage. Of is dit n kwessie van nie op meriete kan deelneem en suksesvol wees nie maar slegs deur varlaagde standaarde en gedwonge wetgewing!!!!!

cobusp ·

Die enigste rede hoekom die minister en sy kronies so behep is oor rugby is oor die geld wat daar is wat blankes bydrae……….as rugby bankrot is sal jy hom nie hoor nie……..so biokot rugby sny alle inkomste lyne…….begin daadwerklik die saak aan die groot klok hang buite sport organisasies in kennis te stel van die gebeure……….ek vra weer waar is afroforum…………die blankes in sa het n verenigde front nodig wat ons moet kan verteenwoordig…..sport. Plaas moorde skool toelating diskriminasie by werk plek so kan ons lang lyste maak waar daar gedikrimineer word teen blanke suid afrikaners daagliks….

pop ·

Loop speel julle sport vir ander lande. kom ons kyk hoe vorder die land se sport as hulle die swart mense oral gaan inprop. Ongeag of hulle kan of nie. Voorts sal hulle geen borge he nie, so alles gaan doodloop.

arie van heerden ·

Ek is dankbaar dat ek nie gekleurd is nie want dit moet vir hul beledigend wees om te weet hul bereik niks as hul velkleur nie “reg” is nie. Ek reken ons moet vir hul alles gee wat hul eis, die universiteite om mee te begin maar dan verwyder ons alle wit dosente en lektore, verwyder boeke geskryf deur blankes en dan kan hul mos aangaan net soos hul alles gaan wen as hul die sportsoorte oorneem.

Leeukop ·

Afriforum, moet nie nou staan en hieroor baklei nie, laat ons onsself verlos van hierdie degraderende sportgod en konsentreer op dit wat saak maak, werksgeleenthede, taal, veiligheid, maar beslis nie sport nie asseblief.

chris ·

boikot die sport dan word hy hopelik herroep as daar nie meer n inkomste uit gemaak word nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.