Mbalula gevra om in te gryp by Greyhound

(Foto: Greyhound/Facebook)

Die Demokratiese Alliansie doen ʼn beroep op die minister van vervoer, Fikile Mbalula, om met Greyhound in gesprek te tree oor moontlike opsies hoe die regering kan ingryp om sluiting van die maatskappy se bedrywighede te voorkom.

Maroela Media het vroeër berig die maatskappy het laat weet dat hy op 14 Februarie sy Greyhound en Citiliner-bedrywighede opskort.

“Die besluit sal ʼn verwoestende impak tot gevolg hê vir nog duisende Suid-Afrikaners wat nou deur werkloosheid in die gesig gestaar sal word,” het Chris Hunsinger, die DA se skaduminister van vervoer, in ʼn verklaring gesê.

Die sluiting van Greyhound en Citiliner sal ook ʼn groot gaping laat in die bekostigbare langafstand reisbedryf. Duisende Suid-Afrikaners en diegene wat in buurlande woon, maak al dekades lank staat op dié dienste.

“Daar is dalk ʼn verskeidenheid redes vir dié besluit deur die Greyhound-busmaatskappy, maar ons moet oorweeg watter impak die regering se lukrake afsonderingsregulasies op die maatskappy gehad het – waaronder om die landsgrense te sluit, om interprovinsiale reise te verbied, versuim om die WVF Ters-ondersteuning te verleng tydens die uitgerekte afsondering en die aandklokreël,” het Hunsinger bygevoeg.

Die DA het herhaaldelik verligting versoek vir veral bus- en toeristebusmaatskappye wat min tot geen inkomste ontvang het tydens die uitgerekte afsonderingsperiode nie. “Dit, tesame met die gevoellose en volgehoue besluite deur die regering om nie die geldigheid van voertuie te verleng nie, het bygedra tot finansiële probleme vir voertuigvlooteienaars.”

Hunsinger meen die regering het ʼn bydra gelewer tot dié situasie en hy moet ʼn betekenisvolle manier vind, wat nie ʼn reddingsboei insluit nie, om die maatskappy, wat al 37 jaar lank ʼn noodsaaklike diens lewer, by te staan.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

23 Kommentare

jongste oudste gewildste
Willem

Die regering sal eerder die R350 toelae verleng en verhoog as om die toerimebedryf en bus dienste help

Robert

Met wie se geld moet dit gered word? Nog ‘n SAA sage? Let it go!

Nie Verbaas

Die regering het nie geld nie. You must sit down before you get in sal niks doen nie. Nou is deure mos wawyd oop vir PRASA se Translux.

Johann

Skrik wakker!!!! Dis PRESIES wat die ANC wil hê. Dis pas hulle soos n handskoen as besigheid wat hulle TAXI bedryf kompetisie gee…sluit.

Pieter

Ag asb DA julle is soos SAAI julle wil met kommuniste onderhandel. Die is die siek ANC se hele plan. Hulle wil he wit besighede moet toe maak. Dan kan die kaders nuwe besighede oop maak wat net in swart besit is. En ons belasting geld gaan dit nog betaal ook. Wanneer gaan mense wakker skrik in die siek vrot ANC land.