Mbalula inderhaas weggeneem

Die minister van sport, Fikile Mbalula. Foto: GCIS

Die minister van sport, Fikile Mbalula. Foto: GCIS

Fikile Mbalula, minister van sport, moes Sondag ʼn verkiesingsveldtog by Vryheidspark in Noordwes skielik verlaat toe Amcu-lede gewelddadig geraak het, het die SAUK berig.

Mbalula is met ʼn koeëlbestande voertuig weggeneem toe lede van die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) voertuie met klippe begin bestook het.

Mbalula het inwoners by hul huise besoek.

Lede van Amcu by Lonmin, Impala Platinum (Implats) en Anglo American Platinum (Amplats) staak al vir drie maande lank en eis ʼn intreevlaksalaris van R12 500. Onderhandelinge het Donderdag ʼn dooiepunt bereik, maar die SAUK het intussen berig dat die vakbond wel die jongste aanbod met sy lede bespreek.

Mbalula het glo na die tyd gesê die ANC sal nie deur wetteloosheid geïntimideer word nie. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Grassie ·

Die polisie kom gewoonlik laat op `n plek aan as hulle uitgeroep word. Kon hulle nie maar in hierdie geval ook maar `n bietjie laat wees nie? Ek vra maar net.

Eugene Schoeman ·

Tipies ANC , dom astrant hierdie hanswors Mbabula is die een wat ANC vuil politiek in Suid Afrikaanse rugby afforseer.
Hy sal nie slaag met sy 60% swart spelers in ons Bokke of provinsionale rugby nie.
Hy is so dof sy eie mense gooi hm met klippe dan hardloop hy
weg in n koeelvaste kar wat met ons geld gekoop was. Staan af man jy maak n bespotting van jouself.

alet ·

In die eerste plek wat soek hy daar wil hy vir hulle plek bespreek in die bokke span. Hy is ook net n opstooker dis al waarvoor hulle goed is domkop

JayaRe ·

Ek dink hy wil vir hulle plek bespreek in die Springbok span nie, maar eerder in die krieket span – as boulers !!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.