Mbalula: ‘Jy het 30 minute om jouself aan die polisie te oorhandig’

Fikile Mbalula, minister van polisie (25 April 2017) Foto: Jonisayi Maromo/ANA

Fikile Mbalula, minister van polisie, het Vrydag tydens ʼn polisiegeleentheid in Pretoria vermeende misdadigers op hul name genoem en gesê hulle het 30 minute om hulself aan die polisie oor te gee.

Hy het dié uitlatings by die herbekendstelling van taktiese reaksiespanne en opspoorspanne binne die polisie in Pretoria-Wes gemaak.

Mbalula het ook na die vlaag politieke moorde in KwaZulu-Natal verwys en gesê dit moet stopgesit word. “Die vlak van geweld en misdaad in Suid-Afrika het gemaak dat inwoners en toeriste onveilig voel. Die polisie se grondwetlike mandaat is om die land se mense te beskerm. Ons kan nie toekyk, praat, en ons arms vou terwyl misdadigers met outomatiese aanvalsgewere in die strate rondhardloop nie,” het die minister gesê.

Hy het gesê die spanne wat “vandag agter hom staan” is hoogs opgeleide, dapper mans en vroue met goeie hulpbronne tot hul beskikking.

Mbalula het misdadigers gewaarsku dat die polisie nie sal rus tot hulle agter tralies is nie. “Van Soweto tot Hanoverpark en terug tot Sunnyside hier in Pretoria, ons kom vir julle en gaan julle nie weer daarvan inlig nie. Ek doen ʼn beroep op alle verdagtes wat op vrye voet is, gee jouself binne die volgende 30 minute aan die polisie oor of ons gaan vir julle kom – en ons weet julle is gewapen en gevaarlik. Ons kom!”

Mbalula het daarna verskeie verdagtes op hul name genoem en gewaarsku die polisie sal hulle “selfs onder ʼn klip” opspoor. “Mnr. Kishan Naryan van Lenasia, ek soek na jou. Kom in! Mnr. Edward Mketunzima van Nigel en omgewing, ek soek na jou. Kom in! Mnr. Wesley Joseph Jacobs in Eersterust, ek soek na jou. Kom in! Mnr. Abel Smal Dzviti êrens in Hartbeespoortdam, ek soek na jou. Kom in!”

Hy het ook mense wat moontlik hierdie verdagtes vir die polisie wegsteek, gewaarsku dat hulle hulself skuldig maak aan baie ernstige misdaad.

“Die polisie soek ook na die volgende lae-risiko misdadigers. Kom in, ons het ʼn afspraak – Jonetta en Stephanus van Eeden in Pretoria, ons moet gesels. Ralph Haynes van Krugersdorp, ek soek na jou ook, kom!”

Mbalula het gesê die taktiese reaksie-eenheid (TRT) sal met medium tot hoë-risiko polisieoperasies werk en die ondersteunende opspoorspanne sal op misdadigers fokus wat voortdurend die polisie ontglip, insluitend dié wat nie hul borgtogvoorwaardes nakom nie en gevangenes wat uit die tronk ontsnap het.

Daar is tans 27 van dié taktiese reaksie-eenhede: “Drie in die Wes-Kaap omdat ek diep besorg is oor ons mense op die Kaapse Vlakte, vier in Gauteng, vier in die Oos-Kaap, vier in Noordwes, een in Limpopo, een in Noord-Kaap en ses in KwaZulu-Natal,” het Mbalula gesê.

Die eenhede in KwaZulu-Natal sal glo dadelik wegspring met die vlaag politieke moorde wat dié provinsie teister. “Indien die politieke moorde voortgaan, kan dit ons demokrasie selfs doodmaak.”

Volgens Mbalula sal dié spanne soos spoke wees. “Jy gaan nie weet ons hou jou dop nie tot dit te laat is. Daar sal helikopters, padblokkades en stop-en-deursoek-aksies wees. Ons sal misdaadgeteisterde gebiede infiltreer en ander hoogsgeheime metodes gebruik en ons bes doen om die land aan die mense terug te besorg.”

Hy het gemeenskappe ook aangemoedig om gemeenskapspolisiëringsforums (GPF) in samewerking met die polisie op die been te bring.

“Soweto se strate gaan nie meer ’n hemel vir misdadigers wees nie, ook nie strate in Soshanguve, uMlazi, Sobantu, KwaZakhele, Gugulethu en Mitchells Plain nie. Verkragters, moordenaars, bendes, dwelmhandelaars en kapers sal van nou af die verandering voel. Ons vat die strate terug!”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Boet Fasie ·

En nogsteeds word daar nie gepraat oor plaasmoorde nie, nogsteeds is daar geen reaksie eenheid om hierdie moordenaars te vang nie, As jy ‘n politieke figuur in die ANC is, gaan hulle jou moordenaar vastrek en as jy op die Kaapse Vlakte Cowboy en Crooks speel gaan hulle jou vang, maar gaan skiet maar die witmense op die.plase dood. Plaas boere word nou so vermoor dat hulle geklassifiseer kan word as ‘n bedreigde spesie en daar gebeur niks.

Dereck Le Roux. ·

Hy het vergeet van die Godfather van die ANC en sy hele ANC familie en sy beskermheer Shaun Abrahams.

Linda ·

Alles goed en wel, maar nog steeds is tronkstraf nie die oplossing nie. Bring die doodstraf terug dan eers sal ons weer veilig voel in Suid-Afrika.

Adri ·

Die eerstes wat die doodstraf opgelê gaan word, is die sg. Boeremaglede en alle blankes in die tronke. Vertrou jy werklik die huidige regstelsel met die doodstraf?

Han ·

As ‘n kraan leeg is, moet dit net toe bly, dan sal niemand weet dat dit leeg is nie! Oor die plaasaanvalle het hy óf geheueverlies, of hy vermy die onderwerp doelbewus. Wat steek hy weg?

Michelle ·

Minister Mbalula, shame wie terg die minister nou kyk hoe kom die misdadigers aangestap.

rooikop ·

Noem veral blanke name maar sê niks oor plaasaanvallers nie

Cor ·

Ai maar ons was weer vol van ons self, hoe se hulle “The prufe is in the poeding” As daar daadwerklik iets gedoen word soos sy dreigemente sal ek hom ondersteun maar sien is glo. Kyk eers in die mag maak daar skoon van die misdadige elemente. In Kzn gaan seker net teen sekere politieke opponente opgetree word. As hy dan weet wie die misdadigers is hoekom is hulle nie lankal gearesteer nie.

Ander Annie ·

Ek’ s ‘n dapper muis…….. mooi Minister, beskerm nou asseblief ook die boere en hulle plase. Dit sal ook goed wees indien die wat reeds in die tronk is, nie so maklik ontsnap nie. Verder hoop ek dat die TRT nie sal dink dat KFC en die NBS (naaste bottel stoor) noodsaaklike dienspunte is nie. Dit sal ook goed wees indien hulle takties opgelei sal wees in wapen hantering en -veiligheid. Ons is immers nie besig met ‘n nuwe James Bond fliek nie.

Ou Gaafste ·

Elke keer as ek hierdie knaap hoor praat wag ek opgewonde dat Leon Shuster die masker afruk en skreeu – “You’ve been Schuksed!

thelsa ·

Ek mis nog ‘n paar politici se name. Hoe kan ek die lys by die Minister uitkry. Geagte Minister, jou epos adres of self ‘n faksnommer sal ook doen.

Vee ·

Als wat hy sê is presies wat ons wil hoor !!!
Maar die moreel daar buite is so verval, dit gaan niks help nie.
Daadwerklike beplanning en optredes en deurvoering daarvan is al uitweg

Blits ·

Ai daar klap hy weer lippe, shame dis erg as die polisie nou al vra dat misdadigers hulle moet kom oorgee, ons weet al lankal die polisie kan hulle self nie eers in n spieel kry nie

bgj van der westhuizen ·

sapd in 1994 was alles in plek julle anc het dit uit mekaar gehaal om dat die wit man dit so gedoen het en nou val alles uit mekaar nou sit julle weer in mekaar om te se kyk wat het die swart man reg gekry die n probeer weer in mekaar sit ek wil eers sien wat hulle reg kry voor ek dit glo praat is goedkoop maar om dit te doen is ander saak

Cacophony ·

En hoe lank kry die polisie om hulleself aan die polisie te oorhandig aangesien hulle dan nou deesdae so prominente rol speel in misdaad (die doen nie die bekamping) Maar wag dis mos bogus polisiemanne. Jip net so bogus soos ons politici.

TM ·

So hulle het 30 min om hulleself oor te gee. Wat as hulle besig is en eers oor ‘n uur die boodskap kry? Miskien vir hulle dalk ‘n sms stuur soos vir tv lisensie reminders. En as hy dan weet waar hulle is, hoekom hulle nie gaan optel nie?

Funny ·

Haha ek het juis vandag my sms gekry wat se dit moet more betaal al wees. Dankie vir die headsup ekt seker ook net 30min gehad om te betaal. Oh well

b ·

Ek hou van die Hoogedele Minister se kragdadige uitsprake hy speel vir die kamera.Die grootste gatslag is dat die gekaapte Nederlandse besoekers amper op die daaropvolgende vlug die land verlaat het en seker baie het om te vertel met hulle tuiskoms.Dit sou meer geloofwaardig gewees het as hulle by so n uitsaai van gebeure teenwoordig was in pleks van n afgevaardige van die Nederlandse Ambassade.

Piet Pille ·

Die man is net onder no. 1 wat praat aanbetref, definitief no. 2. Dink nog steeds hy is min. van sport wat die gebleste bokke aangespoor het om hul teenstanders te “b****ks**m. Grappige knaap.

marous ·

Die hele wereld bewe … veral die dwelm konings en die polisiemanne wat lekker saam roof en moor.

Erick ·

‘Dictatorship naturally arises out of democracy, and the most aggravated form of tyranny and slavery out of the most extreme liberty.’
Plato

Armand ·

Altyd lekker om te sien hoe positief ons land se mense is. Met mense in só ‘n gemoedstoestand sal niemand, absoluut niks reg kry nie.

LieweHEKSIE ·

As daai ou wakker srik dan is sy kofie ys koud . Jy gaan soek krims jy nooi hulle nie uit nie .

Cherokee ·

Hy i ssò lief vir die woord ‘ek’. ek soek jou, ek soek, jou,ek soek jou, ek soek jou… Hy doen bôggerol soekwerk maar soek net ‘n platform om van homself te vertel.

jaco ·

meeste van die verdagtes se name wat die minister noem, is blankes, kleurlinge en indiërs. Is ek blind of lyk dit dalk na racial profiling en racial targeting as dit kom by polisiewerk?

Pieter K ·

Minister,
Daar is ‘n Engelse spreekwoord wat lui: “The proof of the pudding lies in the eating”. Ons maak notas van die name wat jy noem. Ons sal kyk na die resultate.
Kom ons kyk of jy ‘n man van jou woord is…indien die kriminele 30 minute gekry het, hoe lank gee ons jou? 30 dae? Ek dink dis regverdig…

Cherokee ·

So jy dink toe hy verstaan Afrikaans; en jy dink hy lees Maroela. Dink weer.

Johan ·

Hoe lank kry ek om myself oor te gee omdat ek nie e-toll betaal nie?

marianna ·

30 min is lankal verby maar ek het niks in die koerante gelees dat hulle , hulle al aangemeld
het nie.

Cherokee ·

Hy het gesê ‘ek soek jou’ en nou weet jy wat daai ‘ek’ werd is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.