‘Mbalula meen polisievuurwapens word vir geweldsmisdaad gebruik’

Argieffoto: SAPD

Luidens inligting wat deur Fikile Mbalula, polisieminister, aan die burgerregtewaghond AfriForum verskaf is, dui ondersoeke daarop dat verlore en gesteelde polisiewapens in gewelds- en ernstige misdaad gebruik word.

Die inligting dui verder daarop dat die polisie landwyd sowat 7 829 polisievuurwapens tussen 2009 en 2014 verloor het.

Hierdie syfers sluit egter nie vuurwapens in wat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in veilige bewaring en as bewysstukke moes berg nie, maar weerspieël slegs dié in die polisie se bateregister. AfriForum het ook eersgenoemde syfers aangevra, maar dit is nie verskaf nie.

Volgens Ian Cameron, AfriForum se veiligheidshoof, beraadslaag die organisasie tans met sy regspan oor verdere stappe wat gedoen kan word om hierdie inligting te bekom, aangesien die redes vir die weerhouding daarvan onvoldoende is.

Die Noord-Gautengse hooggeregshof het ’n aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting, 2000 (wet no. 2 van 2000) (PAIA) wat AfriForum teen die SAPD in Mei 2017 ingedien het, na die polisie terugverwys. Ingevolge hierdie bevel moes die polisie binne 60 dae die gevraagde inligting aan AfriForum verskaf of wesenlike redes gee waarom hulle dit nié kan doen nie.

Die aansoek het onder meer versoek dat die polisie moes bekend maak hoeveel staatsgeregistreerde vuurwapens volgens die polisiebateregister sowel as die sentrale vuurwapenregister tussen 2009 en 2014 gesteel, verloor of teruggevind is.

“Die bekendmaking van hierdie syfers is in openbare belang en die feit dat minister Mbalula erken dat verlore polisievuurwapens vir hierdie tipe misdade gebruik word, is ’n bevestiging hiervan. Meer as 18 000 mense is vanjaar reeds in die land vermoor en dit is tyd dat die regering dringend ingryp,” sê Cameron.

“AfriForum gaan die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) met hierdie syfers versoek om ondersoek in te stel na die polisie se nalatige hantering van vuurwapens, wat ’n groot oorsaak van geweldsmisdaad in die land is,” sê Hein Gonzales, risiko-en-ondersteuningsbestuurder vir gemeenskapsveiligheid by AfriForum.

Die regter het ook beveel dat die polisie AfriForum se regskoste teen prokureur/kliënt-skaal moet dek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Veritas ·

Haai, wie sou nou kon raai dat die gesteelde wapens vir kriminele dade gebruik word. Al die tyd was ek onder die indruk dat die diefstalle gepleeg word deur die anti-vuurwapen groepe. En dit nou die minister van polisie.

Plantasie Gorilla ·

Hallllooooo. !¡!!!. Fikile. Intilligent verby .

Snuffels ·

Mr Mbalula, dit is ‘n harde werklike feite dat daar ongeruimdhede is met die wapens

Siener van Melbourne ·

Minister Mbalula, dis ‘n skandelike erkenning om te maak. Duidelik doen jy nie jou werk nie, en ook nie jou mags personeel nie.

Alida ·

En niemand kon nog bewys dat die wapens waarop beslaggelê word vernietig word nie. Natuurlik is dit in omloop en te koop aangebied. Ek daag die minister uit om die plek waar dit kwansuis vernietig word aan ons te wys. Die minister is self verantwoordelik vir al die moorde !!!

johnny_walker ·

so die polisie gee ons ingehandigde vuurwapens vir oud mk’s om ons mee uit te moor ?

Stev ·

Dit is presies waarop dit neerkom. Ons sal nooit die waarheid weet nie maar glo mens kan redelik akkuraat raai

Jakalas ·

Hi nooit Mr. Mbalula. Wat vertel jy my nou? Wat dink hy maak hulle met gesteelde wapens? Speel Cowboys?

Leahim ·

Ek hoop die getalle is reg uit ondervinding kan die ou die waarheid maar bietjie verdraai maar as dit so is dan is dit n skande vir die polisie ek lees gister van die polisie lede wat met wapens werk wat nie bevoegdheid sertifikate het nie.

Toppie ·

Nee nie eers die vuurwapems wat ingehandig is nie, maar die vuurwapens wat deur die staat aangekoop is met belasting betaler geld om die mense van Suid Afrika te beskerm. SIES

Se net ·

Vertel ons iets wat ons nie weet nie!!! Bring terug die ou generasie.

Rob ·

Dan is daar nog die wat onbevoeg is om ‘n vuurwapen te hanteer ook. In GP alleenlik meer as 2,500 SAPD lede, wat volgens wet onwettig vuurwapens in hulle besit het. Wet bepaal mos jy mag nie ‘n vuurwapen hanteer indien jy nie bevoeg gevind is nie. Hulle behoot saam met die minister en die wat die vuurwapens aan hulle uitreik gearresteer te word

Ada ·

O my genade – hy het dit nou eers agtergekom? Waarmee hou hy hom besig dat hy nie weet wat aangaan nie? Eet KFC die heeltyd?

Koos ·

Goeie vraag????? As joune wegraak word jy aan gekla. Nou wat nou. ?

Ekke ·

Ek het n vuurwapen ingehandig by die SAPD om vernietig te word. Na etlike jare is dit steeds op my naam, boikot my om n ander een te bekom, maar nerens kan die wapen opgespoor word nie. Op die einde van die dag moes die SAPD hulself n dosier oop maak om die wapen as “gesteel” aan te meld. So 20jaar+ en hulle soek steeds daarna terwyl ek deur hul doen en late benadeel word. Al my bewyse is in plek maar steeds sloer die proses..

Naïef ·

dan sal jy maar n onwettige wapen in die hande moet kry, want geweerloos wil ek nie in dié land bly nie

cor ·

Waar is die valke en adv. Shaun , o ja dit is nie n baie ernstige oortreding wat nie nou hulle onmiddelike aandag verg nie. Op die stadium is poletieke punte baie belangriker om die regte een aan bewind te kry as om verlore vuurwapens te soek en om die skuldiges te soek en aan te kla. Die minister het nou sy deel gedoen en Afriforum se navraag beantwoord.

GOSA ·

Die vALKE word gebruik om BCOE oortredings te ondersoek (BASIC CONDITIONS OF EMPLOYMENT) en mense wat nie gevaarlik is te gaan arresteer met n oormaat van wapens op die “oortreder” te rig ten tyde van die arrestasie.

Gawie ·

Doen jy aansoek vir vuurwapen lisensie moet jy deur klomp nonsens gaan…n kluis he ens……hulle kan nie eers hulle eie oppas nie maar wil jou vertel wat om te doen……vertel ons waar is wapens wat mense ingehandig het

Afrikaanse Knaap ·

Hy sê wat my 6 jarige nefie weet. ‘n Regte Sherlock Mbalula.
Volgende gaan hy sê die hemel is blou.

Leon ·

Hulle kan in elk geval niks met die vuurwapens in hulle besit doen nie, dit is nou lede van die SAPS, Metro en al daai tipe lede van “beskermings eenhede”, want hulle het nie ammunisie nie! Aldus wat ‘n ander koerant berig het op 17 Jule 2017 van Ekurhuleni se Metro eenhede wat nou admin werk doen want hulle het nie ammunisie nie!!

Oh please!! ·

Gawie, wat het van al die R5 gewere geword? dit was nie gesteel nie, is vir hulle boeties ‘gegee’, en ook so die meeste gewere wat ingehandig was. Baie van ons is nou wapenloos! Hulle het ook ‘getalle’ wat ons nie het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.