‘Mbalula moet bedank as bewerings oor vakansiegeld waar is’

Fikile Mbalula. Foto: ANA

Die minister van polisie, Fikile Mbalula, kan nie skuil agter die beginsel van die reg op privaatheid oor die beweerde R680 000 wat Sedgars Sport einde verlede jaar glo aan hom en sy gesin betaal het vir ʼn vakansie van ses nagte in die Atlantis-hotel in Dubai nie, sê die VF Plus.

Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het gesê indien die bewerings waar is, sou dit ʼn ernstige botsing van belange daarstel en moet Mbalula dit erken en as minister van polisie bedank.

Hy sê daar moet ook vasgestel word of die beweerde skenking verklaar is in die ledebelange-register van kabinetslede en indien dit nie gedoen is nie, moet daar ook teen hom opgetree word.

“Hoewel Mbalula minister van sport was toe die voorval glo plaasgevind het, laat dit ruimte vir korrupsie, aangesien Sedgars Sport sake gedoen het en steeds doen met die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok). Sedgars was ook die verskaffer van die Suid-Afrikaanse Olimpiese span se sportuitrusting.

“In die betrokke geval kan dit op die minste die indruk wek dat dit omkoopgeld geld was. As minister van polisie moet Mbalula bo verdenking wees ten opsigte van enige vorm van korrupsie.

“Dit is daarom belangrik dat hy moet bevestig of dié bewerings korrek is of nie. Indien dit waar is dat hy wel die private skenking ontvang het, skep dit ʼn onbehoorlike risiko, en behoort hy sonder meer as minister van polisie te bedank,” sê dr. Groenewald.

Die burgerregte-organisasie AfriForum het intussen ’n skriftelike versoek gerig aan Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer (OB), om ’n ondersoek van stapel te stuur na die betaling.

“Dit is uiters verdag dat Mbalula tydens die reis die minister van sport en ontspanning was en die maatskappy wat die reis na bewering geborg het sake met die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee gedoen het. ’n Ondersoek deur die OB kan moontlik ’n konflik van belange openbaar, asook ’n moontlike korrupte verhouding tussen Mbalula en Sedgars Sports,” sê Monique Taute, hoof van AfriForum se teenkorrupsie-eenheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Leahim ·

Skande dit is hoekom dit so gaan in die polisie geen trots of eerbaarheid nie dan wil hy die “vrot aartapples ” aanspreek en verwag sy onderdane moet na hom opkyk vir leiding.

Chris Ws ·

Hy’t het lankal gewys hy is nie ‘n minister van polisie se agterstewe werd nie!Maak hom minister van landbou op Robin Eiland volgende!

SPORT MAL ·

Ai my mens. Daar was al skape op die “EILAND”. Ek was nie ‘n bevoorregte Suid Afrikaner nie. Inteendeel het al die studieuitgawes van my familie betaal. Ook huisvesting. Ook vervoer. Alles. Ons praat nie nonsens nie. Ons is betrokke in die maatskaplike wereld. VANDAG NOG. ONS VOEL TE NA GEKOM. My pensioen dek net net my mediese maandelikse se subskripsie. Wat van die ander meer swaarkry mense?

Ada ·

Totaal onbevoeg en skelm.Hy moet homself saam met die ander skelms vang.

Daan Erasmus ·

Die Openbare Beskermer moet ondersoek. Jy kan dit net glo ad jy in La La land bly. Kom ons vra liewers vir Rooikappie of Die Wolf. Dit sal dieselfde uitwerking hê. Ons het nie ‘n Openbare Beskermer nie. Sy beskerm ander nie die mense nie.

Eish ·

Jul mors jul tyd. Die OB se geskiktheid gaan nou deur die portefeuljekomitee van die parlement ondersoek word. Dit beteken daar is twyfel oor haar geskiktheid vir haar pos. Nou wil jul haar vra om dit te ondersoek? Kry liewer n privaatspeurder soos Mike Bolhuis.

Max Boswyk Berg ·

Die Openbare Beskermster sal die Agbare Minister van Sports Polisie “beskerm” !

Basjan ·

Mbalula gaan Bedank. En die maan is van kaas gemaak. Watter een van hierdie stellings is waar? Altwee natuurlik!

marianna ·

Ek ge hom ‘n halfuur om hom self te gaan aanmeld by die naaste polisie kantoor !

Basjan ·

Hi Mariana, ‘n halfuur is lankal verby. Wat gaan jy nou verder aan die saak doen?

Anoniem ·

Al word ons opgeklits deur hierdie wolf in skaapklere, doen Afriforum die regte stappe in die regte volgorde:

1) Die Openbare Beskermer moet die saak ondersoek.
2) Die NVG moet die knaap vervolg.
3) As bogenoemde nie gebeur nie, kan Gerrie Nel en kie nie ‘n saak maak teen hom nie.

Adam ·

Die OB gaan niks doen want het nie die “wil” om dit te doen nie want sy is juis aangestel om die parlement te beskerm Kan iemand haar vra om n opsomming te gee van stand van al die ondersoeke wat sy al gedoen het Sy is useless en ek dink een van die Burgerlike organisasies sal meer uitrig Die saak gaan ook sleep tot na 2019 en dan gaan hulle soos rotte van n skip af hardloop

Belaglik ·

Ag dan moet die HELE KABINET bedank. Die Minister wat haar hele familie op ‘n uitgebreide oorsese reis geneem het is NIE vervolg deur ZUMA nie, Gigaba se vrou wat oral saam met hom getoer het en geld gespend het like mad is NIE VERVOLG nie, so net so graag soos ek wil he hulle moet vir Fikile vastrap moet hulle ALMAL vastrap, ten minste het SEDGARS sy reis betaal en NIE DIE BELASTINGBETALER nie. Ek wonder net wat de hel maak ‘n oorsese reis so duur R600 000???? Goeie hemel .. was al baie oorsee, en glo my ons kon toer met ‘n hele NUL minder, dit bygese ons het nie kaviaar en prawns geeet en in 5 ster hotelle gebly nie.

John ·

Die geagte minister het nou reeds al die vloekwoorde in die Handboek vir Hoofvaardige Dwase uitbasuin. Ons het kennis geneem. Die skaal vir bekwame leiers het nie genoeg gewiggies om sy kant te lig nie uit sy ‘rock bottom’-skrum-styl nie. Rooikaart!

SjN ·

Wat het geword van die omkoopgeld wat betrokke was vir die sokker beker wat hier gehou was en hy minister van sports was. Korrupsie is deel van hul kultuur.

J J B ·

Al die trawante reis op en af tussen ons land en Dubai. Dit sal ons hare op ons kop regop laat staan as ons kon weet hoeveel van ons belastingbetalers se geld is al bestee in daardie Stad se eiendomme en banke. Kyk maar na die ontwikkelinge daar. Mooi tips gekry by die oom van Zimbabwe.

Boet Fasie ·

Ja hulle reis mos almal met SAL – gaan lekker, hele familie kry voordele en vlieg gratis. Dit is mos nie meer die soustrein nie , maar die SAL Airbus met sy reddings boei.

SPORT MAL ·

Sport volg maar net die POLITIES korrekte bestuurstyl. Politieke swaargewigte kan nie skrum nie. Wat nog die reels verstaan.

Michelle ·

Dis nie nuus nie, dit is ‘n skande hou lekker vakansie in Dubai terwyl daar gemoor, gesteel, afgebrand en wie weet wat nog gebeur. Tot die onder hom voer rooftogte uit met Sap wapens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.