Mbalula moet Phahlane vandag nog skors, sê DA

Lt.genl. Khomotso Phahlane, die waarnemende nasionale polisiekommissaris. Foto: SAPD

Die DA het Vrydag gesê hy benadruk sy versoek dat die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Khomotso Phahlane, onmiddellik geskors moet word in die lig van ʼn verdoemende verklaring wat deur die onafhanklike polisieondersoek-direktoraat (Opod) uitgereik is.

Zakhele Mbhele, DA-skaduminister van polisie, het gesê die verklaring dui spesifiek daarop dat daar “ʼn hoë waarskynlikheid is dat Phahlane sy kantoor en outoriteit misbruik om ʼn ondersoek teen hom te ondermyn”. “Phahlane het ook reeds kontak gemaak met twee van die moontlike getuies teen hom en het ook toegang bekom tot ʼn dossier waarop die getuies aangedui word,” het Mbhele bygevoeg.

“Die feit dat hy die name en besonderhede van dié getuies het, tesame met sy vorige gebruik van intimidasie en weiering om met die Opod-ondersoek saam te werk, is meer as genoeg gronde vir die minister van polisie, Fikile Mbalula, om hom onmiddellik te skors.”

Mbhele het gesê dié bewerings is uiters ernstig. “Dit is duidelik dat Phahlane steeds alles in sy vermoë sal doen om die Opod-ondersoek in die wiele te ry. Dit is baie belangrik dat dit ondersoek moet voortgaan, sodat Opod so gou as moontlik tot ʼn gevolgtrekking kan kom.”

Hy het bygevoeg dit is hoog tyd dat die Suid-Afrikaanse Polisie gelei word deur iemand wat geskik en bevoeg moet wees, sodat die SAPD op sy mandaat kan fokus om die onaanvaarbare hoë misdaadkoers onder beheer te kry.

“Phahlane is eenvoudig nie bo verdenking nie en moet gaan. Mbalula moet die regte ding doen en Phahlane vandag nog skors.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Basjan ·

Geagte DA, soos julle al teen hierdie tyd behoort te weet, gaan die minister hom nie aan julle steur nie. Daar is twee kanse dat dit wel sal gebeur: 1. BAIE skraal en 2. Gladnie.

Johann ·

Skors? M.a.w volle betaling en voordele op belasting betalers se rekening?

andrea van vuren ·

Lekerrrrr!! ‘n Tweede Molefe! Word beloon vir jou skandes!

Alida ·

Verwyder die koning van skelms met 700+ aanklagtes. Hulle probeer die aandag van stortkop af hou. Sluwe glibberige slang.

Attie ·

Alida dit is so waar want om eerlik te wees het die Generaal vir ons in SAPD baie goeie en positiewe dinge gedoen. Hy kan nie die gemors en afbreek en onbevoegde aanstellings wat oor baie jare deur vorige hoofde gemaak is oornag ongedaan maak nie. Daar is so baie ander mense op wie die politieke partye hulle energie eerder kan toespits. Wragtig net soos ons ‘n bietjie stabiliteit kry dan moet daar weer van voor af begin word deur ‘n nuwe Genl. En natuurlik hou die media en ek verwys nie na Maroela spesifiek om al die stories aan te blaas en partykeer die waarheid so ‘n bietjie anders te vertel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.