Mbalula: ‘Niemand wou saam met my teen Guptas opstaan’

Fikile Mbalula. Foto: Simphiwe Mbokazi/African News Agency(ANA).

Voormalige minister van sport Fikile Mbalula het Vrydag aan die Zondo-kommissie gesê toe hy in 2011 voor die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) opgestaan het om sy frustrasies oor die Gupta-familie te deel, het nie een van die hoës in die party hom ondersteun of aangedui hulle is gewillig om die familie se invloed oor die regering aan te roer nie.

Mbalula het aan die kommissie van ondersoek na staatskaping gesê hy kon nie verstaan hoekom meer as 80 ANC NUK-lede nie die Gupta-kwessie kon hanteer of ʼn interne ondersoek laat doen nie. Hy sê, inteendeel, een NUK-lid het opgestaan en sy uitlatings as “nonsens” afgemaak.

Mbalula, wat nou die ANC se verkiesingshoof is, het gesê hy was die eerste mens om die kwessie oor die omstrede Guptas in die ANC te opper. Hy sê hy was bekommerd dat as die kwessie nie hanteer word nie, dit ʼn krisis vir die regerende party kon veroorsaak.

“Ek het die kwessie na die NUK geneem om my ervaring te deel oor hierdie ding dat die Guptas inmeng en ministers na [hul herehuis in] Saxonwold ontbied en om te sê dat die ding ons in ʼn krisis gaan laat beland. Ek het gesê die [Guptas] het mag wat nie eers ANC-lede het nie.

“Ons is in die ANC geleer om probleme in vergaderings te opper. Ek was nie by ʼn veldtog betrokke of besig om kwaadwillig te wees nie. Ek het ontplof… en gesê een van die Guptas het vir my gesê ek gaan minister van sport wees en dit het toe so gebeur. Ek het geen ondersteuning van ʼn ander persoon gehad om dit te doen nie. Dit was my eie politieke gewete wat my gelei het.”

Adjunkhoofregter Raymond Zondo het Mbalula gevra om die gemoedstoestand van die NUK-vergadering te verduidelik, asook hoe die party se leiers gereageer het.

Fikile Mbalula. Foto: Simphiwe Mbokazi/African News Agency(ANA).

“Jy het opgestaan in ʼn vergadering van die hoogste liggaam in die regerende party en vir hulle gesê wat met jou gebeur het en dat dit verkeerd is. Dit het toe belangrik geword dat die ANC NUK bewus word van wat aan die gebeur is, nie net gerugte is nie. Soos ek jou getuienis verstaan, wou jy gehad het iets moet hieraan gedoen word? Wat het gebeur?”

Mbalula het geantwoord die lede het stil geword en af gekyk. “Die vergadering het stil geword… mense het hul koppe laat sak. Hulle het klein geword in hul stoele. Net een lid het opgestaan om wat ek sê te verwerp en gesê ‘hierdie is nie ʼn biertent nie, mense moet nugter hier aankom’. Niemand het opgestaan nie… maar ek verstaan dit, want om op te staan teen die president [Zuma] was ongehoord omdat jy om middernag [tydens ʼn kabinetskommeling] uitgeskuif kon word.

“Zuma het ook nie gereageer nie. Ek kan nie onthou wat die destydse sekretaris-generaal Gwede Mantashe gesê het nie. Van die lede het na afloop van die vergadering my op die skouer geklop en gesê ek was dapper, maar dit was al.”

Mbalula het nie die naam bekendgemaak van die lid wat opgestaan het en gesê het hy praat nonsens nie.

Fikile Mbalula. Foto: Simphiwe Mbokazi/African News Agency(ANA).

Hy het getuig die volgende keer wat ʼn Gupta-kwessie by ʼn ANC NUK-vergadering opgeduik het, was toe die voormalige adjunkminister van finansies, Mcebisi Jonas, openlik vertel het van die omstrede familie se pogings om hom in 2016 met R600 miljoen om te koop om minister van finansies te word, en die gevolglike “GuptaLeaks”, ʼn magdom e-posse waarin die omvang van staatskaping by sleutelregeringsinstansies duidelik geword het.

Mbalula het gesê sy medelede in die party het uiteindelik Zuma se verhouding met die omstrede familie begin veroordeel in die maande in aanloop tot die ANC se Nasrec-konferensie in 2017.

“Die Gupta-kwessie is toe later deur die party veroordeel in die lig van die Gupta-vliegtuig wat by die Waterkloof‑lugmagbasis geland het en die GuptaLeaks. Die president [Zuma] het altyd sy verhouding met hulle ten sterkste verdedig. Hy het gesê hy weet nie hoekom mense individueel soontoe [na Saxonwold toe] gaan nie omdat hy hulle nooit daarheen gestuur het nie,” het Mbalula gesê.

Voormalige minister van finansies Trevor Manuel het in Junie 2018 ʼn ope brief aan Mbalula geskryf om hom te herinner aan die “trane wat hy oor die Guptas gestort het” in die ANC NUK-vergadering in 2011. Manuel het in Februarie voor die staatskapingskommissie getuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Anoniem ·

Al die gebeure word na die LIG toe gebring MAAR niks sal veder gebeur nie ! Ons moes net KENNIS neem en Mbalula voel ‘n bietjie BETER ???

Ronald ·

Ag sies tog. Moet maar n ou sakdoekkie uit haal en vir hom gee.

Hennie ·

Fikile het die duiwel lesse gegee in liegstories jikkel! Hy skiet nie spek nie, hy gooi Zuma’s!

Oupa D ·

Dis tog interessant om te hoor hoe skynheilig die NUK was. Vandag is alles nog steeds dieselfde. Regter Zondo bedoel goed en opreg, maar nie Cyril of Adv Batohi gaan iemand vervolg nie. Niks sal verander nie!

Rupert Ashford ·

Oupa D, jy reken die agbare regter bedoel goed? Ek hoop jy is reg, maar ek dink anders. Hoekom kom die woorde “deep state” nou ewe skielik by my op?

Awie jansen van vuuren ·

Dit is so goed jy gaan lê ‘n klagte by die duiwel jy wil satan aankla

Vonkprop ·

Is daardie ‘n damesbril van die 50’s wat hy dra met die skerp punte soos ‘n Cadillac se agterend?

Anne ·

Ook gewonder uit watter era daai bril kom , lyk soos iets uit die fliek Grease

Theoman ·

Vonkprop jou doring, jou beskrywing van die krater se bril maak my dag, jislaaik die ou lyk retig snaaks in die 1950’s

Wonder net ·

As hy die aangeleentheid by die ANC NUK geopper het moes die huisige pres daarvan geweet het
Waar was Ramaphosa daardie dag? Ook laer in sy stoel afgesak en ondertoe gekyk?
Was seker met siekverlof want hy weet niks

Hannes ·

Nou huil hy, maar terwyl hy ‘n Gupta gesant was, was hy baie bekkig en arrogant.

Eben p ·

Ek glo die gemors nie …. terloops en daardie boks kaartjies van destyds. Nee wat ou Frikkie jy lieg al te lekker en NIEMAND glo jou of het respek vir jou.

Johanna Botha ·

Beginselloos …hy praat soos die wind waai …pateet ! En daardie bril is aandag soek

Manie ·

Jy is net so pateties soos die res van jou anc maatjies. Jy is n totale lafaard

Neels ·

Kyk die mens word van kleintyd af geleer om enige skuld te ontken . Party sois die gewese no1 en sy aanhangers het dit vervolmaak . Wanneer wou die een teen sy meesters draai voor hy in Dubai gaan vakansie hou het of daarna . Ek twyfel as Trevor en Nhanda dit nie genoem het nie sou hy nog geswyg het daaroo. Nou moes jy praat en hy is mos nou onder die top 10 vir die sirkus gelys

Hans ·

As jy teen Zuma en sy “cohorts” iets gesê het was die spioene op jou! Die waarheid het ‘n wrede manier om te seëvier oor leuns en skelms.

Piet parys ·

Nou is dit ń kwessie van die jakkals wat jakkals draaie loop . Of dink hy hy prys sy eie stert

leser ·

hy speel sy rol so goed, mens sal sweer hy is ‘n kommetdiehand, maar hy is baie laat, hollijywoud en bolliryrond is lankal vol

Waarheid ·

Die bril laat hom nie beter lyk nie
Vonkprop jy laat my so lekker lag!
Wat n.perfekte beskrywing!

Dafer ·

As hierdie ou die waarheid praat behoort hy ons volgende president te wees!

Adam ·

Die vraag wat ontstaan na sy getuienis is eenvoudig. Hoekom en waarom het die ander NUK lede niks gedoen nie? Die antwoord is ook eenvoudig. Dit is nie lekker om jou goed geveerde nessie deurmekaar te krap nie. Die ANC se optrede is om van naar te word.

Sarel ·

Die feit dat Mbalula so n grapgat is het baie daarmee te doen, wie kan hom enigsins ernstig opneem?

Moppy ·

Ek Vinkprop dink di bril is dalk van Celine Dion se soort deesdae weet ni watter jaar presies maar glo 1950 – 1952 het ons ma’ s klere en brille gesien op foto’s en lekker gelag verder dink di ou praat lekker nonsens

Pieter ·

Daai bril lyk soos die wat Transnet se Phelophepha oog trein verniet vir die mense op stasies uitdeel

Blits ·

As ek dit nie mis het nie is die knaap ook saam met die guptas en zumas in die bed, almal weet dit en almal het dit gesien, nou kom hy met die crap storie.

REGTIG!!!!!!
Genade maar die spul dink ons is dom

Von ·

Nou die geswetery dan….sjo ek het lanklaas iemand …..sonder oefening…..so sien sweet Shame brilletjie seker toegewasem……eina aan die ontvang kant is dit nogal warm

George in Bloem ·

Booohooo…….cry me a river. Hartseer sopstorie Fikile maar als het ok ge-eindig vir jou want die geld is mos in die bank en jy’t nog steeds ‘n gravy train joppie.

Adam ·

Sneeuwitjie en sy maatjies was almal lede van die NUK en indien sy weergawe die waarheid is, is dit duidelik dat geen enkele NUK lid iets probeer doen het om staatskaping te keer nie. Almal, en dit sluit CR in, is dus so skuldig daaraan as wat jy moontlik kan wees.

Dries du Toit ·

Dis dieselfde man wat buitekant die parlement gejuig het toe die wantroue mosie teen Zuma nie geslaag het nie. Toe kon hy Zuma besing het asof hy n god is. Nou byt hy hom in die hakskeen. Slegte mense die

Ou Man ·

Hy kom nou met baie slim stories. Luister mooi wat hy vertel dan is dit baie duidelik hy LIEG steeds. Nie een van hulle sal werklik erken hoe hulle sakke vol gemaak is. Hulle sal mekaar beskerm en niks van hierdie skelm streke gaan ooit in n kriminele hof kom nie.

Johann cb ·

Ek hou van sy pruik – dit moes net netjieser gekam gewees het!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.