Mbalula nooi Malema terug na die ANC

Julius Malema tydens Winnie Madikizela-Mandela se begrafnis (14 April 2018) Foto: GCIS

Fikile Mbalula, voormalige polisieminister en nou die ANC se hoof van verkiesings, het Saterdag die wegbreekparty, die EFF, genooi om “huis toe te kom” na die ANC toe.

Mbalula het tydens Winnie Madikizela-Mandela se roudiens Saterdag by die Orlando-stadion in Soweto gesê dit was haar wens dat EFF-leier Julius Malema weer by die ANC moet aansluit. “Dit was mama Winnie se wens dat Malema en die EFF sou terugkeer na die ANC. Ons sal hulle aanhou bly smeek om terug te kom na mama toe.”

Mbalula het gesê hy en ander jong mense het die onderdrukking van apartheid gevoel toe hulle as tieners in hegtenis geneem is. “Dit was mama Mandela en ander wat op die voorpunt was om dit te ontbloot. Haar liefde vir die jongmense van hierdie land moet ons aanspoor om harder te werk vir werkskepping en onderwys.”

Gwede Mantashe, nasionale voorsitter van die ANC, het aanstoot geneem oor Malema se kritiek op die ANC se “versuim” om Madikizela-Mandela behoorlik te eer en te vier. “Ons is hier om haar lewe te vier en te rou, nie om wonde oop te krap nie. As ons dit gaan doen, krap ons wonde oop op die dag wat ons mama Winnie groet. Daar kan nie iets erger wees as om begrafnisse te gebruik om te baklei nie. Begrafnisse is daar om diegene wat gesterf het, te vier,” het Mantashe gesê.

Mantashe het gesê die ANC sal haar nalatenskap eer waar hy versuim het om dit te doen, veral wat betref ʼn museum by die huis in Brandfort in die Vrystaat vanwaar sy tydens apartheid verban is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

E.K. die eerste ·

Elke haan op sy eie mishoop. Hy sal g’n terugkeer nie…

Koos ·

Die vraag is hoekom gee die afrikaanse media die ou so baie dekking as hy net toegespits is om wit mense leed aan te doen?

Haan ·

Inderdaad E.k….

Afrika luister nie na rede nie, Afrika luister na mag. Met hierdie uitnodigings het Ramaphosa en Mbalula erken dat hul anc swakker is as sy eff. Baie kiesers gaan die krake in die anc se mag as genoegsame rede sien om oor te skuif eff toe

Willem ·

O, ek wil huistoe gaan, na mamma toe.
Die rivier is vol, my trane rol.
‘n Bokkie wat vanaand, by my wil lê.
Sy kan maar lê, ek is ‘n loslappie.

Alida ·

Julius M is nog vis nog vlees. Mens wonder hoeveel geld is gespandeer om die ontslapene se lewe te “vier”! Dit gaan net oor die etery agterna. Ek hoop sy rus nou in vrede.

Koos ·

Die propaganda oor die mandela vrou is verstommend nou het sy kwansuis niks met die moord van sepei te doen gehad nie en almal vereer haar as n tipe god maar sy was nie eers n adjunk minister in hulle kabinet nie wat n joke.

Willem ·

Die grootste EGO in menseheugenis., maar dat hy ‘n strateeg is en die kanse wat aan hom gegee word benut, kan niemand betwyfel nie.

Etienne Prinsloo ·

Puppet on a string. Lord Renwick is hierdie anargis se hanteerder.

Willem ·

En toe gebruik Fikile die begrafnisdiens om Julius te vra om terug te kom na die ANC. Kan jy nou meer, as ek Julius was, sou ek net so opgepomp wees. Daar word na Winnie meer van Julius notisie geneem en oor berig, so whauuuuuuuu ………

ferdi ·

Jip ho gouer hy teruggaan ANC to ho beter dan kan di ANC gouer vernietig word

Penellope Jones ·

Ai, die ANC en EFF wat so graag begrafnisse ens gebruik as politieke punte en politieke “vergaderings”.
Hulle het vergeet waarom hulle by die stadion, ens is.

Leahim ·

Wat het geword van die kriminele saak van floyd shiwambo wat die fotograaf aangerand het in kaapstad ??

Sputnik ·

Nou wil hulle weer verder geld mors op die murasie wat hulle op Brandfort as ‘n kulturele museum ter nagedagtenis aan dié ou tante begin bou het. Ek moes gister tydens die vullis-/klipgooiery in die dorp via ‘n ompad deur die dorp ry – en beland in ‘n straat met die naam Smalstraat. Mense, julle het nog nie sulke slaggate gesien nie! As daar genoeg nugterdenkendes was sou hulle eerder die strate en waterpompe regmaak.

Bets ·

Hoe oud is jy as tiener, voel nog steeds di “struggel”na 24 jaar, belaglike dan was jullle volgens julle tieners.asb

HPV ·

Alweer 6% Malema, nie die skerpste potlood in die blikkie nie, wat sou mens sê van sy meelopers en skootsitters? Laat mens wonder.

snoefie ·

miskien het ou fikile nof nie gehoor nie. JULIUS HOORT IN ETHIOPIA! dalk moet die omies van die khoisan hulle mooi vertel hoekom

AJ ·

Julius se raklewe het nou verstryk.

Die ‘grootmense’ van die ANC het hom nou geëlimineer met hulle geveinsde “goedheid”. (kill with kindness)

Julius is niks meer nie … as ‘n skepping van die media!

Sy vuurtjie is nou uitgebrand … geblus deur Zuma se verwydering.

Hy skep strooipoppe en skiet hulle af … terwyl breindood, lui joernaliste goedkoop sensasionele beriggewing doen oor ‘niks’!

Eers was dit Jacob Zuma, daarna Witmense en nou is dit Winnie se dood … wat hy (Julius) ‘melk’ vir gratis publisiteit.

WINDSAK!!!

JD ·

Sit dit by” we want our Land ” dis die daaglikse gesanik …..

White Rhino ·

Dis waarom daar niks aan die plaasaanvalle gedoen was toe mblula in polisie was nie want hy het stille goedkeuring gegee.seker dat eff daar agter sit.

Boats ·

Ek kan nie verstaan dat daai “puppit” in rooi aanhou met rasistiese aanmerkings op ‘n begrafnis en nie in sy bek geruk word nie , maar Vici Mouton kry tronkstraf ?

Realis ·

Kyk mooi, Malemmer en sy maatjies is binnekort weer onder die ANC vaandel. Sodat hulle volgende jaar kan wen met 2/3 meerderheid. Hulle verander die grondwet (wettiglik). Wat daarna gebeur is irrelevant. Hulle kan dan rustig voortgaan met grondgrype (wettiglik) en die res van die wêreld sal verplig wees om stil te bly. Alles het “wettiglik” gebeur. Moet nooit vergeet dat die mense as strateë ons ligjare voor is nie.

Casper Labuschagne ·

Malema het steun op voetsoolvlak terwyl Mabuza se steun beperk is tot sy eie provinsie, gevolglik kan hulle vir mekaar help. Malema se organisasie is ‘n persoonlikheidskultus, wat Malema doen sal die EFF ook doen. Die langtermyn plan is sekerlik dat Mabuza die volgende president sal wees en Julius as sy adjunk en die president wat hom sal kan opvolg. Die EFF se beleid is identies aan die van die ANC se linkervleuel, die enigste rede is dalk dat Malema eerder self president wil wees en daarom eers die EFF se steun wil vergroot met die volgende verkiesing.

Vir ons, is dit nag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.