Mbalula ontduik vrae oor Guptas

Fikile Mbalula. Foto: Flickr/GovernmentZA

Fikile Mbalula. Foto: Flickr/GovernmentZA

Fikile Mbalula, minister van sport, was Donderdag duidelik geïrriteerd toe joernaliste hom gevra het of die Gupta-familie hom sy pos as minister aangebied het.

Mbalula het ʼn mediakonferensie gehou in reaksie op Fifa se bewering dat Suid-Afrika omkoopgeld betaal het om die Sokkerwêreldbekertoernooi aan te bied.

“Ek gaan nie daardie vraag antwoord nie. Ons word nie deur die Guptas regeer nie,” het ʼn duidelik ontstelde Mbalula geantwoord op ʼn vraag van ʼn joernalis oor of die Gupta-familie hom die pos van minister van sport aangebied het voordat pres. Jacob Zuma hom aangestel het.

Nog ʼn joernalis het die vraag herhaal, waarna Mbalula gesê het hy skuld niemand ʼn verduideliking nie.

Julius Malema, leier van die EFF, het vroeër in die parlement beweer hy was saam met Mbalula toe Mbalula ‘n oproep van die Guptas ontvang het om hom die pos van minister van sport aan te bied.

“Ek is baie jammer, maar ek gaan nie ʼn aanval op my reputasie of integriteit duld nie, aangesien dit op fiksie gegrond is. Die onus is op die persoon wat die bewerings maak, om dit te bewys. Ek dans nie op musiek wat ek nie gekomponeer het nie. Ek komponeer my eie musiek.”

Mbalula het gesê hy is deur Zuma aangestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

MJL ·

Reputasie? Watter reputasie? Integriteit? Wat se integriteit?

HEVW ·

Ons wag maar tot die Fifa saak duidelikheid oor alles gewerp het dan sal ons sien wat die uwe se sg. reputasie werd is.

Jean ·

Ja ja ja sure en sy eie musiek is gekomponeer deur die guptas …..
Wag maar….. and thruth shall set you free….
Ongelooflik die klomp regering narre wat hul laat regeer deur n klomp self gekroonde mags misplaasde geld gierigge familie ten koste van hele land en sy mense!!!! Hoe is so iets moontlik???

Maar soos die cANCer se die die korrupte party kom voor die land se belange….

Goeie genade wat n spul idiote!
En die lot is totaal aan die stuur van die land se burgers se toekoms…
Nag….

Dan ·

Ja hy raak ook al hoe meer bekend, en dink ook hy is die kat se snor. Daar is alreeds n paar dinge na sy kant toe gegooi.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.