Mbalula ontken betaling van Mayweather se SA-toer

Sportminister Fikile Mbalula. Foto: Flickr/GovernmentZA

Sportminister Fikile Mbalula. Foto: Flickr/GovernmentZA

Fikile Mbalula, minister van sport en ontspanning, het Sondag weereens bewerings deur die DA ontken dat sy departement betaal het vir die bokskampioen, Floyd Mayweather, se besoek in 2014 aan Suid-Afrika en dat Mbalula belastingbetalers se geld gebruik het om Las Vegas in die VSA te besoek.

Die ministerie dra kennis van die “aangrypende stelling” deur die Demokratiese Alliansie (DA) se LP, Solly Malatsi, het Mbalula gesê.

“Die verklaring wat Malatsi en sy meesters in die media uitgereik het dat ek gelieg en die parlement mislei het, is die soort nonsens waarop die departement nie eens sal reageer nie. Malatsi en sy media-span moet leer om die ministeriële antwoorde op hul beskuldigings en bewerings te respekteer,” het hy gesê.

Hy het Malatsi uitgedaag om bewyse vir sy bewerings aan die parlement te verskaf. “Die departement van sport en ontspanning het nie vir Mayweather se besoek aan Suid-Afrika betaal nie en die minister het nie belastingbetalers se geld gebruik om Las Vegas toe te gaan nie, punt. Einde van die saak,” het Mbalula gesê.

Malatsi het Mbalula vroeër Sondag daarvan beskuldig dat hy oneerlik is oor Mayweather se “Reawakening the Giant”-toer van Suid-Afrika en gesê daar is fakture wat sy bewerings bewys.

“Ten spyte van die minister se bewerings dat sy departement nie vir ʼn enkele sent van Mayweather se toer betaal het nie, het die DA twee fakture en betaalstrokies in sy besit vir die betaling van R304 950 deur die departement van sport en ontspanning aan die sportmediamaatskappy, Frontiers Sport, vir ʼn geleentheid wat direk verbind word met Mnr. Mayweather se toer,” het Malatsi gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Wouter ·

Waar daar n rokie is, brand dit gewoonlik as dit met die cANCer te doen het.

J.Z ·

MUR DIE MINISTER,DIT IS MAKLIK OM U ONSKULD TE BEWYS .AL WAT JY MOET DOEN IS VERSKAF DIE BEWYSE OF DOKUMENTASIE WIE VIR DIE TOER OF VIR MAYWEATHER BETAAL HET,DAAR MOET MOS BEWYSE VAN BETAALING WEES OF HET JY VERNIET GERY SONDER DAT JY WEET WIE BETAAL?????.

Elizabeth Bosman ·

Mbalula jy sal nog leer daar is nie so iets soos ‘n ‘perfect crime’ nie. Die waarheid kom altyd uit al neem dit jaaaare! Bewyse lieg nie. Jy lieg.

TM ·

Ek is glad nie geskok nie. Ontken alles soos gewoonlik. Niemand het nog ooit verantwoordelikheid in die regering aanvaar nie.

DPJ ·

Gee afskrifte dan wil ek sy ontkening hard en duidelik hoor waar hy oor die nuus mense onverskoning vra wat nie sal gebeur nie. ‘n Lae amptenaar sal dan skuld kry.

Hugo Diedericks ·

Talk is cheap Fikile……wys ons die betalings op jou bankstaat….sal nooit nie!

Frederik ·

Ek het nog nooit van ‘n ANC LP gehoor wat die waarheid praat nie. Wat sal Mabula laat verskil?

GES ·

1. Ontkenningsfase
2. Blameerfase (oa apartheid)
3. Eisfase
Tog so voorspelbaar…..

Martin ·

Die ding gaan sekerlik nou weer teen rassisme afgeskryf word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.