Mbalula reageer op Fifa-bewerings

Sportminister Fikile Mbalula. Foto: Flickr/GovernmentZA

Sportminister Fikile Mbalula. Foto: Flickr/GovernmentZA

Fikile Mbalula, minister van sport, het Donderdag tydens ʼn mediakonferensie reageer op Fifa se bewering dat Suid-Afrika omkoopgeld betaal het om die Sokkerwêreldbeker aan te bied.

Mbalula het begin met die opmerking dat Suid-Afrika se aanbieding van die sokkerwêreldbeker die suksesvolste nog in Fifa se bestaan was. Hy het verder gesê die eisdokument wat Fifa ingedien het, bevat “plofbare teenstrydighede”. Volgens hom probeer Fifa die blaam verskuif. “Dit is uiters uniek in wêreldgeskiedenis dat ʼn organisasie teen homself draai.”

Hy het gesê Fifa se verklaring het skade van “monumentale omvang” aan Suid-Afrika aangerig en geëis Fifa moet die verklaring terugtrek. Mbalula het soos in die verlede volgehou die $10 miljoen se “omkoopgeld” is aan Noord- en Sentraal-Amerika en die Karibiese Eilande (Concacaf) betaal om Afrika se diaspora te ondersteun en vir die ontwikkeling van sokker.

“Ons glo dit is ʼn wettige program en ons sal nie daarvoor om verskoning vra nie.  Suid-Afrika het nie omkoopgeld betaal om die toernooi aan te bied nie. Ons het ʼn vergadering met Fifa versoek en sal die saak dringend met hulle bespreek.”

Volgens Mbalula het Fifa nog ʼn verklaring uitgereik waarin hulle ontken het Suid-Afrika het omkoopgeld betaal. “Ons het die geld betaal omdat dit vir ontwikkeling gebruik sou word. Ons het eers later gehoor gekom dit is nie daarvoor gebruik nie. Ons is uit die veld geslaan hieroor.”

Hy het gesê geen maatreëls is ingestel om op te volg of die geld gebruik is vir die doel waarvoor dit betaal is nie. “Dit is aan gevestigde instellings betaal. Dit is nie in ʼn tas oorhandig nie. Hierdie geld is ook lank na die bod- en stemproses, nadat die bod aan Suid-Afrika toegestaan is, eers uitbetaal.”

Mbalula het gesê enige omkopery moes voor die bodproses plaasgevind het. “Dit is diegene wat nou ondersoek en vervolg word, wat die bewerings maak. Dit is absurd om te sê ons steek iets weg. Dit was nie omkopery nie. Ek sê nog altyd vir joernaliste ek het nog nooit bewyse gesien dat Suid-Afrika skuldig is nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

wynand ·

Ju is skuldig knaap.En ons almal weet dit! Jy is net so korrup as Fifa self.

matie willemse ·

Hoe kan jy $10mil betaal vir ontwikkeling jou sot maar geen kwitansie nie, daai sokker brein kort ‘n paar skoppe en waar kom $10mil vandaan, seker maar Pirates en Chiefs, ha ha ha

GV ·

Nou hoekom is die 10m dan nie eerder gehou vir ontw van ons eie spelers nie? Dalk sou ons dan beter speel en ook n slag iets wen!

CHRISTA ·

Ek stem! Daardie $10miljoen sou in ons land meer as R100miljoen werd gewees het!!!

Frederik ·

Probeer weer Mbalula. Die SA agtergeblewenis begin nou eers die ANC se korrupsie te snap, maar die wêreld daar buite weet al lankal dat korrupsie deel van die ANC is.

FW ·

Maar kom die volgende verkiesing wen die ANC weer met ‘n reuse meerderheid sal nooit die logika verstaan nie

CHRISTA ·

Hulle het mos gedink “the right to vote” gaan vir hulle hemel op aarde koop! Nou kan hulle self sien hoeveel ‘n mens betaal om te kan stem!!!

TvA ·

Die kwasi-minister en sy ANC-regering het sommer self skade van monumentale omvang aangerig. Hulle het nie Fifa se hulp daarvoor nodig nie. Net hy en die oningeligtes wat vir hulle stem glo die twak wat hy kwytraak.

KP ·

Dit terwyl miljoene mense in ons eie land kripeer.
Nogal snaaks want van die amptenare wat van bedrog on FIFA beskuldig word is die een van Noord Amerika en die ander van die Karibiese eilande.

Theo ·

Mnr. Mbalula, wat ek nie kan verstaan nie is dat as SA onskuldig is, waaroor is julle dan bekommerd. Werk saam met die FBI en en kry julle naam skoon. As daar nou een ding is wat my bitter ongelukkig maak is dat as iemand my beskuldig van iets wat ek nie gedoen het nie. Tensy julle deur sommige van julle eie kollegas mislei is. Die huidige Guptagate plaas n baie donker skaduwee oor julle “onskuld” Dit wil egter voorkom of sommige lede buite beheer is en maak soos hulle wil.

Jaco Grobler ·

Hahaha, ek sien die ANC het hulle eie kode wat berdrog aanbetref, solank jy die geld wat onder die tafel belowe is na die tyd betaal is dit in die haak. Wat ‘n belaglike stelling deur die ‘Anc-puppet’

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.