Mbalula se Dubai-vakansie: AfriForum verwelkom OB se bevindinge

Fikile Mbalula (Foto: Elmond Jiyane, GCIS)

Die burgerregte-organisasie AfriForum verwelkom die bevindinge van die openbare beskermer (OB), Busisiwe Mkhwebane, dat die voormalige minister van sport se gesinsvakansie in 2016 na Dubai, betaal is deur Sedgars Sports en dat dit neerkom op botsende belange. Die OB het ook bevind dat Mbalula teenstrydig met die Grondwet opgetree het en dat hy die etiese kode vir die uitvoerende gesag oortree het.

Die saak is nou na die nasionale vervolgingsgesag (NVG) verwys om verder ondersoek in te stel oor of die geld wat gebruik is om vir Mbalula se vakansie te betaal, nie die opbrengs was van geldwassery nie.

“Ons doen ʼn beroep op die NVG om te oorweeg of hierdie optrede nie op korrupsie neerkom nie, soos gedefinieer in die onlangse uitspraak van die hoogste hof van appèl, S versus Scholtz en Ander,” sê Monique Taute, hoof van AfriForum se teenkorrupsie-eenheid.

AfriForum het op 9 Oktober 2017 ʼn geskrewe versoek aan die OB gerig om ondersoek in te stel na die beweerde betaling van ten minste R300 000 en moontlik so veel as R680 000 deur Sedgars Sports, ʼn sporttoerustingverskaffer, vir Mbalula se vakansie na Dubai.

“AfriForum sal die proses monitor en sou die NVG nie hulle werk doen nie en nie self vervolg nie, sal advokaat Gerrie Nel en ons privaatvervolgingseenheid Mbalula privaat vervolg om seker te maak dat reg en geregtigheid geskied,” het Taute bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

zoom zoom ·

Die een het lekker geskep as min van sport en skerlik ook as min van sapd. Is ‘n Zama kader en is untouchable.

Sus ·

Laat Gerrie Nel hom eerder met hierdie saak besig hou en los vir Grace waar sy hoort – anderkant die Limpopo.

LHS ·

Gerrie Nel het nog nie een regtige groot vis aangevat nie, help nie om die hele tyd hulle kinders vir ander oortredings te wil vervolg nie.

Riaan ·

Onthou LHS. Hierdie dinge vat tyd,en Gerrie Nel en sy span doen dinge volgens die boek. Om groot babers te vang,moet die lyn baie keer lank in die water le.
Sterkte Gerrie

Dries du Toit ·

Die lot is so bang dat Gerrie die vervolging doen dat hulle nou ewe skielik vervolg. Ons dank Gerrie dat hy en Afriforum hulle nou op hulle tone hou

Riaan ·

Ek wens die OB wil n sekere apteek groep ook bietjie begin ondersoek. Vermoed hulle borg ook vakansies vir die regte mense.

Abe ·

Riaan,
Moenie in raaisels praat nie. Wie is “‘n sekere apteekgroep” en die “regte mense”?

Bullseye ·

Daar sal ook dadels van kom. Oopvlek is waar dit bly met die mense se korrupsie. Van vervolging is daar nie sprake nie!

Adam ·

Komies!!. Die enigste botsende belang wat die ANC ken is of hulle moet rus en of hulle moet werk. Daar was nog nooit ‘n botsende belang wanneer die geleentheid daar was om te gryp wat op die tafel is nie. Die antwoord was nog altyd “gryp en laat spaander”

Jepetto ·

En wat van Helen Zilla sy is ook oopgeflek aan ongerruimthede niks word van haar gese nie sys mos a engeltjie kan niks vekeer doen nie

Dibby ·

Hoekom Dubai. Ek kan op lekkerder plekke in SA vakansie hou?

Sarel ·

Hoekom Dubai, dit is mos daarvandaan dat SA regeer word. Saxon World was maar net die Ambasade .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.