Mbalula: ‘Verskoning vir rassistiese uitbarsting nie genoeg’

'n Skermskoot van die plasing voor dit verwyder is. Die foto is digitaal gemanipuleer.

‘n Skermskoot van die plasing voor dit verwyder is. Die foto is digitaal gemanipuleer.

Fikile Mbalula, die minister van sport, het Vrydag gesê Matthew Theunissen (26), die man wat vandeesweek erg deurgeloop het nadat hy rassistiese uitlatings op sy Facebook-profiel gemaak het, moet die gevolge van sy dade dra.

Mbalula het joernaliste toegespreek in aanloop tot sy begrotingsrede in die parlement en gesê Theunissen se verskoning is nie goed genoeg nie en stel ʼn slegte voorbeeld.

“As jong mense net allerhande goed oor swartes gaan sê en die k-woord gebruik, dan gaan dit gebeur. Dit gaan beteken dat Nelson Mandela en sy generasie verdraagsaam was teenoor die AWB. Terreblanche – mag sy siel in vrede rus – het nie oorleef met sy rassisme in Suid-Afrika nie, want Suid-Afrikaners, swart en wit, het verenig gestaan om te sê dit is malligheid dié. Dít is agterlik, dít is fascisties,” het Mbalula gesê.

“Dit kan nie geduld word nie, so hoekom laat ons fascistiese neigings toe om in ons samelewing pos te vat en uitgespreek te word sonder ingryping om te sê dit sal nie geduld word nie?”

Maroela Media het vroeër berig Theunissen het ʼn herrie veroorsaak met ʼn inskrywing op sy Facebook-profiel in reaksie op Mbalula se onlangse verbod op sporttoernooie weens transformasie. “So no more sporting events for South Africa … I’ve never been more proud than to say our government are a bunch of K*****S … yes, I said it so go and f**k yourselves you black f***ing c***s.” [sic], het Maandag op Theunissen se Facebook-profiel verskyn.

Theunissen het sedertdien in ʼn ope brief om verskoning gevra vir sy uitlatings.

Mbalula het gesê hy verwelkom kritiek en verskillende idees, maar Theunissen het te ver gegaan. Hy het voorgestel dat Theunissen dronk was toe hy die inskrywing gemaak het. “Wanneer jy dronk is, kom jou regte gevoelens uit. Die hele nasie moet nou gyselaar gehou word deur iemand se dronkpraatjies wat dan net gevolg word deur ʼn verskoning,” het hy gesê.

“Wees nugter, wees verantwoordelik en verstaan dat dit wat jy doen gevolge het.” Mbalula wou nie spesifiseer watter gevolge Theunissen in die gesig moet staar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

cobusp ·

Praat van dronk wees toe Matt die uitlatings op Facebook gedoen het volgens die minister……..ek wonder hoe nugter die minister was toe hy besluit het om sanksies in te stel teenoor rugby krieket netbal en atletiek waar alle oorsese spanne en groot byeenkomste geblok word………..geen nugtere persoon maak sommer sulke besluite nie.

Grap ·

Totale aanslag op wit mense deur ‘n rassistiese minister,rugby moet swart word maar die sokker is reg met net swart spelers .wit mense mag niks se maar nie ‘n woord word gerep oor swart aanvalle op wit mense nie… minister loop vlieg in jou dinges in ek erken jou en jou korrupte regering in elk geval nie.

Acca ·

100 % as hy die saak verder wil neem. Ek hoop hy doen dieselfde teenoor sy “boetie” wat vertel hoe moet blankes uitgemoor word en ook maar net verskoning gevra het en niemand kla meer daaroor nie. Ek daag die DA uit om hom hieroor aan te vat as hy die saak verder wil neem. Wonder wie is regtig die rassiste in ons land

vierkleur ·

Die DA is vet pelle met die ANC , hulle sal nooit teen die rassiste opstaan nie.
Ons blankes is op ons eie, maak reg vir nog baie meer aanslae teen ons,hierdie is net die begin

Loeis ·

Presies, maar kom verkiesingstyd moet ons weer hoor hoe kleiner partye nie die ANC gaan wen nie, so mense stem vir die grootste opposisie party – die DA – wat twee jaar gelede 22% stemme getrek het, en dus ook nie die ANC gaan wen nie, maar wie se beleid van swart bevoordeling niks beter vir ons as die ANC s’n is nie.

Ons moet vir ons belange stem, wat dalk die DA in ‘n koalisie kan forseer om na ons belange om te sien. VF+ wys dit lankal uit.

stef ·

Praat van onverdraagsaamheid teenoor die ander ras(se)! Mbalula se onderrok hang self ver uit: as hy ‘n ware leier in die nuwe SA was, sou hy iets gese het soos: ‘Ja, ok, ek aanvaar hy was onder die invloed. Hoewel sy uitsprake onaanvaarbaar is, moet ons in hierdie land leer om te vergewe en vergeet.’

Wat hy wel nou propageer is dat daardie deel van die bevolking wat ook deur Theunissen se woorde beledig voel, self sal voortgaan om vuur te spoeg teenoor die ‘arrogante’ wittes. Mbalula stel self nie belang in versoening nie.

Sondaar ·

Die Hele mensdom, is as sondaars gebore.
Wonder maar net …

AmY ·

Onthou, moet nooit vergeet nie; net witmense is rassiste. Ons moet maar gewoond raak daaraan, en altyd versigtig wees wat ons sê, want selfs ‘n onskuldige opmerking kan as rassisties beskou word.

Otter ·

Mat se uitbarsting is menslik, weens frustrasie met magswanbalans in SA: rassistiese swart meerderheidsregering diskrimineer teen wit minderheid, met openlike aanvalle teen ons. Dis etniese suiwering – Mbalula is die fascis!

vierkleur ·

Ons hoef nie eers iets verkeerd te se nie, hulle kan ons net van die pad aftrek en
ons beskuldig van een of ander rassistiese aantuiging en jou arresteer,want sy maatjie sal hom back-up.
Hierdie is als fases van volksmoord,wat beplan word.

fritz breitenbach ·

Matt jy het om verskoning gevra wys vir die minister jou middel vinger en se hy moet vlieg

Otter ·

Theunissen se uitlating menslik, a.g.v. frustrasie oor magswanbalans tussen rasse in SA: rassistiese swart regering wat teen witmense diskrimineer, hul kriminaliseer. ANC is besig met etniese suiwering!

Rynhardt ·

Die minister van sport se dat rassisme is fascisties.Wat dan van Anc se diskrimminerende beleid wat heers teen blankes vir 22jaar??? Die blankes word in hul eie land gebrandmerk as vreemdelinge wat na Europa moet terugkeer.Verskeie omstrede sprekers het dit al genoem, wat se Mbalula hieroor?DA gaan nooit ooit opkom vir Afrikaners nie!Al wanneer DA wel opkom vir jou, is wanneer hul jou bel vir n stem met verkiesing!n Laaste wenk.Ons mense word n leeftyd onderdruk en uitgemoor!Hou op met omverskoning vra vir n regime wat nog nooit diskriminasie en plaasmoorde teen ons veroordeel het nie!!

Josua ·

Mbalula wie gee jou in elk geval die reg om vir almal te besluit wat gedoen en wat nie gedoen mag word nie, het julle ons gevra om die wereld sokker in SA aan te bied het julle ons gevra om ons belasting geld te vat en nuwe stadions in SA te bou het julle ons gevra om paaie tussen Pretoria en JHB asook om JHB in tol paaie te omskep en miljoene rande se belasting geld te steel, nou plaas jy ‘n verbod op sport????? Catch a wake up man!!! as jy dalk meer kleurlinge en witmense in ons sokker toegelaat het kon ons vandag met die groot kanone regoor die wereld gekompeteer het, julle kon dan lankal met die sokker gedoen het wat ons met die rugby gedoen het en n super sokker reeks van stapel gestuur het, Noorde teen die Suide maar jy dink nog soos n “lighty” wat nou eers uit die kleuterskool gekom het en nou wil gal braak oor n uitlating omdat jou antsister jou nog coach… shame vir jou man.

Piet Piper ·

Om so kras te wees is onaanvaarbaar, Mnr Theunissen…………..Probeer liewer saam met die wetteloses 24 skole en 70 trein waens afbrand, dan skop jy nie soveel stof op nie.
Verder kan jy vir gemeenskapsdiens “Skin Whitening Cream” gratis versprei, dis hoog in aanvraag in die hele wereld…………….Die verkope van skin whitening cream is ‘n million dollar besigheid. Waarom weet ek nie !

Rynhardt ·

Omgekeerde apartheid heers vandag en net mooier terme is daarvoor uitgedink deur opgeblaasde, ou vet brulpaddas!!

MCS ·

Die alewige hoed in die hand staan en verskoning vra oor ons blank is maak my siek! Ek dink die ras kaart word duidelik in die land misbruik om tekry wat hul wil he! Hulle voel bedreig daar deur en is so onseker van hulself!

hans brits ·

Duidelik propaganda,fikile ken nie die woord vergewe nie.Wat sal genoeg wees vir matthew om vergewe te word?Gooi die dolosse laat ons kan sien fakale wat se die voorvaders.Malema wil almal doodmaak en niks word aan hom gedoen nie.

Frederik ·

Nou lei die geval van Matt weer die aandag af van die minister self. Die omkoopgeld wat betaal was vir die ” suksesvolle ” aanbieding van die 2010 wêreldbeker is nou vir eers nie van belang nie.

Lizelle ·

Laat die een sonder sonde die eerste klip gooi. Stenig nou die arme man!!!! Maggies, hy het mos nou omverskoning gevra, maar daar mag enigiets teenoor blankes gespreek word sonder enige nagevolge. Tipies!!!! Wag, voor ek iets sê wat ek nie mag nie.

Tiger ·

Mag die sport wereld Suid Afrika ordentlik boikot die keer!

marita ·

Maar di ander rasse kan maar di wittes sleg se,kill the boer,die wittes moet land uit,en alle rassistiese aanmerking maar daar word niks aan gedoen ni,ons moet maar net stil bly,dit is ook ni reg so ni!!!!!

Koos ·

Zuma vra onverskoning en almal moet dit aanvaar , sy geagte ministers wat deel is van sy cronies beaam dit en haal selfs uit die bybel aan. Hulle agtebaksheid veroorsaak dat die hel een of ander tyd gaan losbars

Loeis ·

Mbalula se nuwe relings is niks anders as rassisties nie. Nie dat ek omgee dat hy besig is om die sportgod te kastreer nie, laasgenoemde was lankal nodig.

Mense, moet julle asseblief nie aan onnosele uitlatings skuldig maak nie. Maar as iemand jou van so iets beskuldig, moet om hemelsnaam nie verskoning vra nie!!!! So ‘n skulderkenning maak die deur vir aanvalle oop (gaan vra gerus vir die knaap hierbo, Penny Sparrow, Kohler Barnard en Chris Hart). Mens moet jou kant skoon hou, en de duiwel met die res!

Corné ·

Wat wil hy dan hê, Matt Theunissen se kop op ‘n dkinkbord. Ek het nog nooit gehoor dat enige swart mens om verskoning vra vir die fmdiskriminasie teen blankes vir die afgelope 22 jaar nie. Ook geen verskoning vir haatspraak, aanhitsing tot geweld of al die aanvalle en moorde op blankes nie. Hoekom gaan hulle nie terug na hul wortels in Afrika nie?

Talita ·

Ek is bly hulle stop die sport. Hulle moet dit heeltemal stop. Ons manne is nie meer manne nie agv die sport en suipery. Matt jy is nie ‘n man nie, jy is ‘n luis hoor.

Lalie ·

Hoekom is sy verskoning nie goed genoeg nie. Waneer ons as mense na die Here gaan en se ons is jammer is dit vir Hom goed genoeg,ons hoef ook nie n tweede keer jammer te se nie want Hy het ons na die eerste keer reeds vergewe. Waar kom naaste liefde in as daar gese word dis nie goed genoeg nie.

James ·

Ek is vir 27jaar in die sportsbedryf dit affekteer al die sport. Beste in ons bedryf is as ek teen een van hul mense testaande kom no matter what happens em gaan gediskwalifiseer word wat kom omdat ek wit is want ntate moet sa span haal. Kom hy op afrika spele sien hy sy g@t elkgeval daar

AFRIKAANS ·

Mbabula, dis agteraf, rassisties en malligheid dat julle niks kan raaksien dat die swart rassistiese mense wat toy toy, brand,afbreek, verkrag, vermoor, aanrand en als wat gekoppel is aan wit suid afrikaners afbreek……dis rassisties en jammer dat jy niks daaraan doen. Ons wittes moet elke dag vergewe,vergeet, beskerm, bid. hof toe en en en omdat die regering wat eintlik erg rasisties is,niks daaraan doen nie…..dus n skande…

aiaiai ·

As hy nie wit was…was dit seker ook nie genoeg nie? Ons hele land is rassisties. Dis elke dag so ooglopend die haat in hierdie eens goeie land. Zuma maak oop jou oë ons land word rommek. Wie moet ons bedank?

Ansie ·

As blanke beteken verskonings vra niks. ZUMA en ons hele regering moet verskonings vra vir die gemors wearing hulle ons land het. Dit sal alles reg wees want hulle is swart. Hulle kan maak en se “kill the boer kill the farmer”en dit is reg. Hulle kan se” white people must die” en dit is reg. So waar de hel trek jy die Streep. Die boodskap gaan seker weer nie gepubliseer word nie. Kom ons sien

JG Pretorius ·

Jacob Zuma se verskonings toe hy en die parlament die grondwet geminag het,soos deur die grondwethof bepaal is.,is ook nie genoeg nie. Hulle moet ook die gevolge dra.

Danie ·

Jammer sê se gat,mabula moet op hou dink soos ń passer om sy eie gat,hkm word daar nie gekyk na die sokker span van SA nie soek meer ander kleurige spelers in….en die protea moet verwyder word ook want hulle is die naam nie werd nie….

E ·

Nou goed dan minister, as Theunessin die gevolge moet dra dan moet die swart studente wat met rassistiese t hemde ” f**k the white people” op kampus loop ook die gevolge dra.
Dan moet enige politikus wat sing “kill the boer kill the farmer” ook die gevolge dra.

Dis 100% reg so! ek stem saam. Voer dit nou uit.

Wys ons nou hoe goed ontwikkel ons demokrasie is.

christine ·

Stem vat die protea af. Sit daar n macoroni vir die lee kop en n hoender vir so mal soos n haan bla bla bla bla.

Pro Rugby ·

Ondanks die vele Biljoene Rande wat die ANC Alliansie direk en inderek alreeds oor die afgelope 21 jaar aan Sokker bevoordeling vermors het, insluitende die beweerde korrupte 2010 Sokker Wereldtoernooi, bly RSA Sokker steeds ver agter goed opbeurende Springbok Rugby wat 2 van die 6 Rugby Wereldtoernooie (oor die 21 jaar) as die wenners bekroon is.

Kortsigtig verbied Mbalula onverwags alle internasionale Rugby deelname na die RSA wat ook jaarliks minstens 1 miljoen buitelandse Rugby spanlede en toeskouers insluitend familie en vriende met sakke vol geld wegwys/verbied, en gevolglik ook derduisende werkers en bestuurders werkloos gaan laat. Staak Rugby ontwikkeling en transformasie.
Krieket, Atletiek en Netbal maar gering, geweeg teen Rugby, wat sonder Staats befondsing en gevolglike inmenging kan klaarkom en watookal met buitelandse steun kan en sal omseil.

hans ·

Wens ek het baie geld gehad om mense,wat al die ander afrka tale kan lees en verstaan, aan te stel om al die rassistiese aanmerkings wat op facebook ens gemaak word op te spoor en klagtes by MRK aanhangig te maak en in gedrukte media te publiseer.

lucas c viljoen ·

Fikile, Theunissen was irrasioneel, maar jy ook! Gee ons asb leiding hoe om te transformeer. Skole kan nie gebruik word nie omdat 1000e nie oor die infrastruktuur beskik om sportfasiliteite te onderhou nie.
Spreek asb die gemeenskappe aan om die Wil te openbaar om óók te transformeer om eienaarskap te neem om sportvelde aan te lê, pawiljoene te bou en trots Suid Afrikaans te wees, soos wat 100e Model C-skole en privaatskole hulself deur ouers opgebou is.
Transformasie beteken ook gelyke geleenthede vir almal. Vertel dit aan die ouers van Limpopo wat in ‘n week se tyd 28 skole verwoes het, tientalle voertuie verbrand het en bykans 60000 leerlinge van onderrig ontneem.
Weet dat Gauteng, Mapumalanga, Noordwes en die Vrystaat se plattelandse swart skole nié op rugby en krieket ingestel is nie, en die paar leerlinge wat wel speel is in ou-modelskole en privaatskole opgeneem en word eintlik betaal omdat die organiseerders wil transformeer en dan beloewend swartspelers aankoop.
Wat Theunissen gedoen het, is nie reg nie. Miskien borg hy ‘n opkomende speler en die feit dat jy nie daarvan wil kennis neem nie, hom en ander die duiwel inmaak .Bel my, ek het ‘n plan wat sal werk…

Oom Kalahari ·

Ag shame ou Fikile, jy wat darem ook maar baie geraamtes in die kas het. Matt was ongelukkig en ontsteld oor jou rassistiese besluite om sport te begin kelder en waarom moet jy met politieke inmenging kom. Opsigself kan jul niks bereik op jul eie nie en wil maar net met alles inmeng om later krediet self te neem. Gaan maak jou eie spanne (SA All Black) met eie finansieële bydraes van die BBEEE kaders (nie belasting gelde) en kyk wat gebeur vorentoe. Die blankes se opleidings vermoëns word op alle vlakke tot opleidings gebruik en dan word hul uitgeskop – hoe pateties. Jou bevooroordelings strategieë spreek boekdele van rassisme en is jy die een wat die land en sportmense omverskoning moet vra vir jou rassistiese optredes en nie Matt nie. Omverskoning nie aanvaarbaar vanaf Matt, dit laat my eintlik lag…..

Johannes Meintjes ·

Dit is nie die individu onder onmenslike druk op grondvlak in vervalle SA wat enige verskonings moet maak vir die uitering van geweldige opgehoopde frustrasie nie, maar kerk en politieke leiers wat vir jare versuim het om volhoubare gemeenskappe te bewerkstellig!

Mhlato ·

Wanneer gaan mense leer dat jy NIE ‘n agtergeblewene MAG kritiseer nie. Nie eers as hy/sy sou moor, roof, verkrag ensovoorts nie!!!
Almal braak gal oor die “K-woord”, baie erger woorde/dinge hoor en sien ons daagliks op televisie/radio, maar geen haan kraai daaroor nie
Terloos, ek wonder of die H-woord ook onwettig is?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.