Mbalula woon polisieman se begrafnis by

Fikile Mbalula, minister van polisie (Foto: Elmond Jiyane, GCIS)

Fikile Mbalula, minister van polisie, sal vandag die begrafnis van ao. Sipho Mthethwa bywoon.

Esethu Hasane, woordvoerder van die polisie, het gesê Mbalula het ná Mthethwa se dood ook sy familie in Vosloorus besoek.

“Hy het belowe hy sal by hulle wees as hulle hom ter aarde bestel in Manguzi Town in KwaZulu-Natal.”

Mtethwa is verlede week aan diens doodgeskiet.

Nog ʼn polisiespeurder is verlede week in Braamfischerville gewond terwyl hy op die spoor van ʼn verdagte was wat gesoek word vir ernstige en gewelddadige misdade. Dit kom slegs ‘n week voor konst. Nicholas Maluleke (42), ʼn polisiereservis, doodgeskiet is toe hy op ʼn gewapende roof in Diepkloof reageer het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

zoom zoom ·

Hoekom woon hy nie die begrafnisse by van boere wat sterf weens plaas aanvalle. Of is dit te veel gevra.

heksie ·

Dit is nie ‘n kwessie van reg opgelei word nie, dit is eerder polisiebeamptes wat nie mag reageer nie want die rowers en moordenaars het soveel meer regte. En daarom is dit basies ope jag seisoen op enige persoon in uniform of wat met ‘n uniform geassosieer word. Van my kollegas wat ek so verloor het was van die bes opgeleides wat jy kan kry…

Manie Mountany ·

Onthou ou Frikadel is ‘n “showman” Hy het ander gedagtes en motiewe as enige ander normale mense. Hy moet die Zuptas polish! Plaas hy maar net sy minister werk doen.

"Eksê" ·

Die criminals is in control of the country. In Bloemspruit langs Bloemfontein was hulle as gevolg van crime gedwing om die Bloemdpruit polisie stasie te sluit omdat polisie beamptes se lewe in gevaar is weens drive-by shootings van kriminele. Nogal jammer dat oz nou sonder polisie beskerming is hierdie kant.
Ons moet nou maar aanvaar wat na ons kant toe kom ons kan ongelukkig nie soos die polisie weghardloop uit die kriminele gebied nie. Shooo hoelank?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.