Mbeki: DA het ‘plig’ om SA te help transformeer

Oudpres. Thabo Mbeki. (Foto: Simphiwe Mbokazi/ANA)

Miljoene Suid-Afrikaners én die grondwetlike orde gaan absoluut niks baat deur enige negatiewe beweging – van énige politieke party – na beleid wat op rassisme gegrond is nie.

Dít volgens oudpres. Thabo Mbeki wat gereageer het ná die herrie wat vandeesweek in die DA losgebars het.

Helen Zille is nou weer aan die stuur van die amptelike opposisie ná Mmusi Maimane vandeesweek eers as partyleier en toe ook uit die DA bedank het. Verskeie ander hoëvlakbedankings het gevolg.

Mbeki het in ʼn verklaring gesê dit sal ʼn bron van groot kommer wees as die amptelike opposisie ʼn leierskapskrisis ondervind weens die uitoefen van beleid wat maatskaplike verhoudings soos dié tydens kolonialisme en apartheid wil volhou.

“Die DA het ʼn belangrike plig om die land prakties, onomwonde en deursigtig gerus te stel dat hy, wat betref sy interne en openbare beleid en programme, gaan optree op ʼn manier wat werklik help om Suid-Afrika in ʼn nie-rassige land te transformeer,” het die oudpresident gesê.

“Dit is ʼn verpligting op alle politieke partye wat in ons wetgewers dien en daar is geen uitsonderings nie.”

Mbeki het gesê diegene wat deur Suid-Afrikaners verkies is, het ʼn plig om tot Suid-Afrika se opbou, soos voorgeskryf in die Grondwet, by te dra.

“Diegene wat die verwesenliking van die doelwitte in ons Grondwet in die wiele ry, moet verstaan dat hulle daardeur ʼn misdaad pleeg teen gewone Suid-Afrikaners, asook die post-apartheidsregsorde wat die belange van alle mense sonder inagneming van ras, klas, geslag, seksuele oriëntasie of geloof verdedig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Judge Dredd ·

…………seker deel van sy “silent diplomacy” wat so klaagluk misluk het in Zim.

Hansie Slim ·

Sonder die DA is hierdie land in die moeilikheid!! Die DA was darem so ‘n bietjie opposisie. Alhoewel die ander partye tans ‘n beter opsie is, is die getalle nie noemenswaardig nie!!!

Gerhard Kotze ·

Dit mag dalk in die kort-termyn n probleem wees, maar ek is vol vertroue dat partye soos die IFP en die FF+ die posisie kan oorneem by die DA. Die DA doen niks vir Afrikaners nie.

Cherokee ·

Gerhard Kotze, waarom wil jy hê iets moet gedoen word vir Afrikaners wat buitendien so min in eie taal belangstel, dat selfs die naam van die VF+ slegs in Engels uitgespreek word? Afrikaanssprekendes het nie taaltrots nie.

Peper ·

Hey Mbeke, gaan soek eers daai stomp in jou eie oog broer…

TwaalfBoor ·

Sedert wanneer steur die regering hulle aan die grondwet?….

Kerneels ·

Ek verstaan steeds nie hoekom die DA so aan gaan oor die paar stemme wat hulle verloor het nie. Ander partye het al meer verloor en stil gebly. Dat Mmusi hulle stemme gekos het is waar. Maar dis nie do erg nie. Sy probleem is hy ken blykbaar nie eie party se beleid nie en wou ANC in blou aan kiesers afsmeer.

De Villiers ·

Mbeki se stellings is 100% in die kol. Dis hoe dit veronderstel is om te werk. Die realiteit egter is dat die ANC hulle in elk geval nog nooit gesteur het aan, of gaan steur aan enige kritiek van enigiemand, hetsy ń politieke party, organisasie of persoon nie. Hulle gaan net doen wat hulle wil soos hulle nog altyd gedoen het. Daar is talle voorbeelde, en dis hoekom ons ekonomie al tot rommelstatus gedaal het. So wat die ook al in die politiek gebeur soos nou in die DA, die ANC gaan net doodeenvoudig aan ploeter op hul eie idees en nie die raad volg van enigiemand buite die ANC nie. Mbeki moet eerder aandag aan dit gee en dit gee.

Feite ·

Nerens in die grondwet se dit dat transformasie verswarting en nasionalisering van alle instansies moet wees nie. Nerens se die grondwet dat staatskaping en nou ook kaping van pensioen en privaatfondse moet plaasvind nie. Nerens in die grondwet se dit dat afrikaans by universiteite uitgefaseer moet word nie. Nerens se die grondwet dat jy as n swartpersoon teen n wit persoon mag diskrimineer nie. Nerens se die grondwet dat transformasie die onreg van die verlede moet regmaak met n onreg teenoor witmense nie. Nerens se die grondwet dat jy jou sosialistiese denke op witmense kan afforseer nie en witmense se taal, kultuur en godsdiens aanval nie. SA is nie net die ANC se land nie Mbeki, dit is ook die land van alle ander groeperinge, of jy nou daarvan hou of nie, witmense regeer weer die DA. Jou ANC skoothondjies in die DA is uitgevang en in die pad gesteek, nou gaan die DA die ANC se transformasie en soustrein ideologie ontspoor, dis Virseker! Helen Zille is lankal al lus vir julle gespuis en sy en haar span gaan vir julle kom en die vloer met die ANC/eff vee nog voordat die VF hulle belofte kan gestand doen om terug te slaan!

Judge Dredd ·

Jerry, Jerry, Jerry – ek het gehou van jou stelling totdat ek die laaste paar reels lees en besef jy maak ‘n grap.

Right said Fred ·

Ek wil nie transformeer nie, nie om soos die DA en ANC te lyk nie.

Gert ·

Volgens my is die opposisiepartye se plig om die regerende party te opponeer wanneer hulle swak beleide en wette probeer deurvoer, nie om soos Mbeki en die DA glo, presies dieselfde beleide te ondersteun en vir dieselfde wetsontwerpe te stem nie.

Charles ·

Ou Mbeki, my ou mater, ek dink SA het nou net mooi genoeg van “transformasie” gehad, en dat dit soos die res v/d wêreld onder leiding van Pres. Trump terugdraai na die sentrum en REALITEIT toe. Jammer indien dit jou verontrief.

Maria Boshoff ·

Feite, as die grondwet dan veronagsaam word deur die ANC en sy meelopers, sê vir my HOE en WIE gaan hulle keer en tot verantwoording roep? Soos wat ek ook nou maar die dinge wat gebeur, volg en in my onkunde nie altyd heeltemal verstaan nie, is die enigste waghond oor dié klas van miskenning van wát mag en NIE mag nie, Afriforum en dié wat saam met hulle hande vat, te wete Solidariteit en Regsfonds, ens. Help my reg as ek so bietjie “dwaal”…
Ek het anderdag een van my Spesialiste (onder wie ek behandeling ontvang) sy siening gevra oor die Nas Gesondgeidsorg. Sy antwoord was dat ons grondwet dit NIE sal toelaat nie. Dit het my n mate van gerusstelling gegee.
My énigste antwoord en troos in álles wat deurmekaar en bekommrerenswaardig is, BLY JESUS EN SY BELOFTE, om aan vas te hou, want HY bly in beheer van hierdie gebroke wêreld!

Vlakvark ·

Pitkos vir herkou:

President Ramaphosa en Onder-president Zille van ‘n spoedig nuwe politieke party gebaseer op ‘n vrye mark stelsel vir ekonomies wêreldkompeteerbaarheid (“Open for All”-party); en

Links van hierdie party vorm die sosialisties – kommunisties- egalatoriese party vir die daarstelling van ‘n “nanny”-staat waarin vir die burgers gedink word (“Entitlement – Demand”-party);

En aan die regterkant die toenemende groepering van partye wat streef na selfbeskikking uit ontnugtering in die mislukking van die ANC en die Reënboognasie-droom.

Mag pragtige Suid-Afrika regeer word deur leiers wat Suid-Afrika en ALLE Suid-Afrikaners waarlik eerste stel!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.