Mbeki gekap oor Winnie-uitlatings

Tony Yengeni. Argieffoto

Tony Yengeni, lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK), het Donderdag na oudpres. Thabo Mbeki gekap oor sy uitlatings oor wyle Winnie Madikizela-Mandela se aktivisme tydens die apartheidsjare.

Yengeni was deel van die ANC se topleierskap, gelei deur adj.pres. David Mabuza, wat die Madikizela-Mandela-familie Donderdag in Orlando, Soweto, besoek het. Madikizela-Mandela is Maandag in ʼn hospitaal in Johannesburg in die ouderdom van 81 dood.

Yengeni het gesê negatiewe stellings is oor Madikizela-Mandela gemaak ná haar dood. “Comrade Thabo is ʼn [ANC-]veteraan en ons verwag meer van ons veterane. Hy moes van beter geweet en hom daarvan weerhou het om sulke negatiewe stellings oor comrade Winnie te maak. As lid van die ANC en haar vriend, is ek baie kwaad daaroor. Ek sal die saak met die ANC-NUK opneem dat comrades hulle daarvan moet weerhou om negatief te wees,” het hy aan verslaggewers buite Madikizela-Mandela se huis gesê.

Oudpres. Thabo Mbeki. (Argieffoto.)

Mbeki is vandeesweek gewys in beeldmateriaal van ʼn voorval in 2001, waar hy Madikizela-Mandela wegstoot toe sy hom by ʼn geleentheid in Soweto ʼn drukkie probeer gee het.

Mbeki het ook in ʼn onderhoud oor die lewe van Madikizela-Mandela gesê sy het nooit na die ANC-leiers geluister nie en ook nie gehoor gegee aan ʼn bevel om haar omstrede Mandela United Football Club te ontbind nie. Dié Mandela United Football Club was berug daarvoor dat hulle destyds in die jare tagtig mense wat polisie-informante was volgens die halssnoermetode vermoor het.

Mbeki het gesê die anti-apartheid-vryheidsikoon was ʼn “dapper aktivis”, hoewel sy “verkeerde dinge gedoen het”.

Yengeni het gesê dit is nou ʼn tyd om Madikizela-Mandela se lewe te vier en nie om haar swart te smeer nie.

“ʼn Mens skop nie ʼn man as hy lê nie. Comrade Winnie kan haar nie nou verdedig nie, sy kan nie reageer nie. So, kom ons wees versigtig oor wat ons sê en vier haar lewe. Enigiemand wat probleme [met Winnie] het, kan dit ná die routydperk opper.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

WAARHEID ·

hoekom moet hy wag tot na die rou tydperk??? hy kan en mag mos maar die waarheid praat dan nie????

Blits ·

Ja ds nou maar een ding van die anc-eff hulle haat die waarheid en kandit nie verdra nie behalwe as dit hulle “waarheid” is

Lollie ·

Omdat sy nou dood is maak haar nie ń engeltjie nie! Snaaks dat ń mens hoe sleg kan wees in ander se oë maar die dag as hy doodgaan kom al die ‘mooi’ dinge uit?! Maak dit haar enigsins beter net omdat sy dood is? Hulle gaan aan of sy een of ander god was. Mbeki dink rasioneel en begrawe nie nou haar foute nie!
Wens sy is al begrawe sodat daar ander nuus is wat die voorblaaie kan haal. Almal gaan een of ander tyd dood en as ons vir elkeen 10 tot 14 dae opsy moet sit gaan die hele wêreld tot stilstand kom!

ne ·

Die waarheid maak seer!!!!!!!
Dankie Thabo Mbeki, dat jy nie oogklappe aan het nie.

Gideon ·

Yes mr yengeni. You all in the anc experiencing speaking the truth as HATE SPEACH. beacause you HATE THE TRUTH.

ontnugter ·

Al try mbeki hoe hard gaan hy darem sukkel om haar swart te smeer.

DHK ·

Ek het nou lekker gelag! Tien uit tien vir jou spitsvondigheid, Ontnugter.

ANON ·

Ja wat sal ons se. Sy gaan betaal vir haar neklis verbrandings. Dis maar so.

Eish ·

Dit bevestig net weer die artikels van Solidariteit en Afriforum dat die ANC jou wil voorskryf wat om te sê, te dink en te wees.
Yengeni is self n engeltjie wat laaaaankal verveer het.
Née wat, Viva Thaba! Vir die waarheid.

Janosh ·

Dis tog baie interessant dat verskeie veroordeelde misdadigers, waarvan Yengeni maar een is, heelwat eiers te lê het oor kommentare en uitsprake van o.a. Mbeki.

Johan ·

Winnie het nooit in die openbaar omverskoning gevra of berou getoon oor die verkeerde dinge wat sy gedoen het nie. Yengeni is dalk die regte persoon om dit nou namens haar te doen. Vat vyf Thabo Mbeki.

Justice ·

Ek weet nie waarom Yengeni kla nie – wat Mbeki gese het is en was nog altyd die waarheid. Sy was immers baie trots daarop – niks oor om namens haar nou skaam te wil wees nie.

Jippieee ·

Thabo mbeki vir president (vir ‘n tweede keer) .. ‘n geleerde man wat hierdie land aan die gang gehou het en nie laat verval het soos nou nie, iemand met ‘n gebalanseerde uitkyk op die lewe en sy mede kaders in die ANC . DANKIE MENEER MBEKI~!!

CG ·

Jou geheue is baie swak! Kan jy nog onthou dat dit sy mening was dat MIV deur armmoede veroorsaak word en dat anti-retrivirale middels daarom nie aan dié wat positief toets beskikbaar gestel is nie? Om maar net een voorbeeld te noem.

ander vet ·

ag ou tony passop vir die kaart wat se “go BACK to jail.” dit le ook nog in die game.

snoefie ·

aa jy nie die waarheid mag praat oor wat sy verbrou het nie tony, moet ook nie lieg oor hoe goed sy (nie) was nie.

Rupert Ashford ·

Die ANC het sy siel verloor in 2007 by Polokwane toe hulle Mbeki gepos het. Hy is self geen engeltjie nie maar hy wou dit ten minste probeer uitbou tot iets wat beter was as net nog ‘n Afrika beweging. Hy het ondemokraties gehandel ja, maar selfs ‘n ondemokratiese Mbeki was baie beter as Jakop.

DewaldS ·

Ons leef seer sekerlik in die tyd van die leuen. Maar die waarheid het langer bene en dis heerlik amusant as die waarheid sy inhaalwerk begin doen…

Oom Kalahari ·

Dankie aan Mnr Mbeki vir sy sieninge en spreek van waarheid. Tony kan maar na sy eie karakter kyk, want MnrThabo Mbeki het darem nog integriteit en erken darem ook die dinge wat verkeerd gegaan het aan albei kante in die verlede.

Gerrit ·

Hoekom kry sy n staats begrafnis sy is n veroordeelde krimineel wat tronkstraf gekry het vir medepligtiging aan moord van n kind en later weg geloop het met n boete,dit is feite soos dit is.

Tanzie ·

Ek kan glag nie sien wat verkeerd was met Mbeki se stellings nie. Sy was aandadig vir baie mense se dood. Dis geen leun en geen mens kan verby die waarheid kyk nie.

Manie Strydom ·

Wat maak haar so belangrik Thabo sê sy was een van n groep en haar verlede spreek boekdele oor wie en wat sy was.

Marie Visser ·

Thabo Mbeki ek salueer jou. Die waarheid wat jy gepraat het gee jou die ereposisie van landspresident. Jou opvoeding was en is nog altyd van hoogstaande gehalte. Ere aan jou ouers en wat jy aan moedersknie geleer het.God seen jou.

Lee ·

Hy praat net die waarheid. Moet sy nou ‘n engel wees omdat sy dood is? I don’t think so!! Die waarheid maak seer Yengeni!! Mooi so Thabo Mbeki !!

André ·

The truth hurts. Sy was glad nie so onskuldig soos almal haar uitmaak nie. Bly Mbeki het die “guts” gehad om dit te sê.

Mick ·

Ook maar bly ek is nie ‘n comrade nie, want ek is gereeld negatief.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.