Mbeki gekap oor Winnie-uitlatings

Tony Yengeni. Argieffoto

Tony Yengeni, lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK), het Donderdag na oudpres. Thabo Mbeki gekap oor sy uitlatings oor wyle Winnie Madikizela-Mandela se aktivisme tydens die apartheidsjare.

Yengeni was deel van die ANC se topleierskap, gelei deur adj.pres. David Mabuza, wat die Madikizela-Mandela-familie Donderdag in Orlando, Soweto, besoek het. Madikizela-Mandela is Maandag in ʼn hospitaal in Johannesburg in die ouderdom van 81 dood.

Yengeni het gesê negatiewe stellings is oor Madikizela-Mandela gemaak ná haar dood. “Comrade Thabo is ʼn [ANC-]veteraan en ons verwag meer van ons veterane. Hy moes van beter geweet en hom daarvan weerhou het om sulke negatiewe stellings oor comrade Winnie te maak. As lid van die ANC en haar vriend, is ek baie kwaad daaroor. Ek sal die saak met die ANC-NUK opneem dat comrades hulle daarvan moet weerhou om negatief te wees,” het hy aan verslaggewers buite Madikizela-Mandela se huis gesê.

Oudpres. Thabo Mbeki. (Argieffoto.)

Mbeki is vandeesweek gewys in beeldmateriaal van ʼn voorval in 2001, waar hy Madikizela-Mandela wegstoot toe sy hom by ʼn geleentheid in Soweto ʼn drukkie probeer gee het.

Mbeki het ook in ʼn onderhoud oor die lewe van Madikizela-Mandela gesê sy het nooit na die ANC-leiers geluister nie en ook nie gehoor gegee aan ʼn bevel om haar omstrede Mandela United Football Club te ontbind nie. Dié Mandela United Football Club was berug daarvoor dat hulle destyds in die jare tagtig mense wat polisie-informante was volgens die halssnoermetode vermoor het.

Mbeki het gesê die anti-apartheid-vryheidsikoon was ʼn “dapper aktivis”, hoewel sy “verkeerde dinge gedoen het”.

Yengeni het gesê dit is nou ʼn tyd om Madikizela-Mandela se lewe te vier en nie om haar swart te smeer nie.

“ʼn Mens skop nie ʼn man as hy lê nie. Comrade Winnie kan haar nie nou verdedig nie, sy kan nie reageer nie. So, kom ons wees versigtig oor wat ons sê en vier haar lewe. Enigiemand wat probleme [met Winnie] het, kan dit ná die routydperk opper.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

28 Kommentare

jongste oudste gewildste
WAARHEID

hoekom moet hy wag tot na die rou tydperk??? hy kan en mag mos maar die waarheid praat dan nie????

Lollie

Omdat sy nou dood is maak haar nie ń engeltjie nie! Snaaks dat ń mens hoe sleg kan wees in ander se oë maar die dag as hy doodgaan kom al die ‘mooi’ dinge uit?! Maak dit haar enigsins beter net omdat sy dood is? Hulle gaan aan of sy een of ander god was. Mbeki dink rasioneel en begrawe nie nou haar foute nie! Wens sy is al begrawe sodat daar ander nuus is wat die voorblaaie kan haal. Almal gaan een of ander tyd dood en as ons vir elkeen 10 tot 14 dae opsy moet sit gaan… Lees meer »

ne

Die waarheid maak seer!!!!!!!
Dankie Thabo Mbeki, dat jy nie oogklappe aan het nie.

ontnugter

Al try mbeki hoe hard gaan hy darem sukkel om haar swart te smeer.

ANON

Ja wat sal ons se. Sy gaan betaal vir haar neklis verbrandings. Dis maar so.