Mbete gereed om volgende president te wees

Speaker Baleka Mbete. Foto: GCIS

Speaker Baleka Mbete. Foto: GCIS

Baleka Mbete, speaker van die parlement, sê sy is gereed om Suid-Afrika se volgende president te wees, het The Sowetan Woensdag berig.

Opposisiepartye het Dinsdag ʼn mosie van wantroue teen Mbete ingestel. Die mosie is egter later van die tafel gevee.

“As ʼn kader van die ANC en ʼn leier in die samelewing is ek gereed om enige rol te vervul wat aan my gegee word,” het Mbete aan die koerant gesê.

President Jacob Zuma het kort voor sy herverkiesing vir ʼn tweede termyn gesê dat Suid-Afrika “gouer as wat jy dink” ʼn vrouepresident kan hê. Mbete, wat ook die ANC se voorsitter is, het gesê Suid-Afrika is lankal reg vir ʼn vrou as president.

Volgens die berig het Mbete gesê die ANC-vroueliga moet hulle invloed gebruik om te motiveer vir ʼn vrou as president.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

alet ·

O tog nog n sous trein drywer sy kan nie eers die Palement tot orde roep nie hoe gaan sy al die toytoyers tot orde kry. Dit sit nie in haar broekspype nie lag vir. Jou.Kyk eerder na jou gesondheid jy lyk maar baie moeg haha

Babs ·

Sy kan haarself nie beheer – hoe gaan sy die ander kaders in toom hou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.