Mbete: ‘Goeie wetgewing, swak toepassing’

Die Speaker van die Nasionale Vergadering, Baleka Mbete. Foto: Daily Maverick

Suid-Afrika het baie goeie wetgewing, maar die toepassing van die wette bly ons swakpunt.

Só het Baleka Mbete, speaker van die nasionale vergadering, Dinsdag gesê terwyl die parlement se stemming oor die begroting ter tafel gelê is.

Sy meen die parlement moet meer doen wat oorsig betref aangesien Suid-Afrika nie so goed vaar wanneer dit kom by die toepassing van wette nie.

“Ondanks baie goeie wetgewing, bly die toepassing daarvan ons swakpunt.”

Swak dienslewering kan nie net toegeskryf word aan die regering nie, maar ook aan die gebrek aan oorsigtelike maatreëls, het sy benadruk.

Mbete het gesê tydens die vyfde parlement (2014 tot op hede) het die lede van die parlement reeds 74 nuwe wette goedgekeur wat deur die kabinet ingestel is, asook 12 privaat lede se wette. Sy het vinnig bygevoeg dat dit net een aanduider is van hul prestasie en dat dit opgeweeg moet word teen die uitwerking van die wette op grondvlak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Potlood ·

In ‘n mate stem ek saam. ‘n rooi lig beteken mos nie veel meer nie (as eenvoudige voorbeeld). Maar daar word ook nie ‘n goeie voorbeeld gestel nie… Daar word ook nie wette verseer nie… Die deler is so goed soos die steler! So kry julle huis isn orde en die res sal volg… Begin net iewers en hou op klippe gooi (letterlik en figuurlik), want julle is NET so skulkdig.
En hou op met julle speletjies met ons lewens!!!

Johanna Botha ·

Dis met alles die geval al vir 23 jaar en sy se dit nou eers …genade die anc moet net wakkerskrik want die skip sink en julle hou nog lekker party !

bgj van der westhuizen ·

wel wel dit is die regering se werk om toe te sien dat die wette toe gepas word dit se die hele regering as daar van af die top toe gesien word dat goed uit gevoer word sal dit al klaar verbetering wees maar van af die top word niks gedoen nie

marous ·

Slaap seker min met al die briljante verskonings wat uitgedink moet word vir onbevoegdheid …..

HPV ·

Nog 23 jaar later, met alles vernietig en afgebrand, wat sal die regime se verkoning dan wees?

Heinrich ·

Presies HVP, hulle het hierdie stelsel geskep met die belofte om die land onregeerbaar te maak tydens die apartheidsjare, en nou kom en byt hierdie kultuur wat hulle geskep het hulle aan die agterkant. Met trost geborg deur die ANC!

Faan ·

Hoekom is die toepassing so swak ? Maklik : Onopgeleide wetstoepassers wat nie net lui is nie maar ook voor die voet daar sit met die uitsluitlikke doel om hulle eie sakke te vul en dus maklik omkoopbaar is

UJ ·

Die laat my net weer besef hoe onbevoeg al die Ministers is. Kry ‘n vet salaris en hooggeplaatse lewe van weelde en luuksheid maar dit daar bo ….

dennis ·

Ramaposa….jou land is in anargie gedompel en ons is almal teen ons sin daarin……..luister na Baleka en doen waarvoor jy aangestel is en pas die bestaande wette toe asb….of is jy ook maar net daar soos die vorige een….?
Jy word immers deur die belasting betaler betaal om jou werk te doen!

Rupert Ashford ·

Swak toepassing? Dit is wat gebeur as die meeste mense in die staatsdiens nie op meriete in hulle poste beland het nie. Hulle is of onbevoeg, of die klomp wat aan die kortste end van aa trek gee nie te veel om nie want harde werk gaan in elk geval nie beloon word nie.

Hanna Hoekom ·

Wanneer dit by indiensneming kom geld geloofwaardigheid voor kundigheid as n reel. Dus vind ons n nuttelose staatsdiens vol ANC kaders en andere wat nooit op meriete daardie poste sou kry nie. Jammer die Speaker het 24 jaar geneem om daardie eenvoudige som te maak… Kom ons hou maar nie asem op nie.

SjN ·

Dit is mos dus erkenning dat hul nie bevoeg is om die werk te doen nie.

Joshua ·

Maar dis die korrupte onbevoegde ANC wat wetgewing so swak toepas- jul ‘sukses’ syferis seker 5%…maklik om te praat in die parlement maar buite word daar nie ‘walk the talk’ nie- aanvaar dit nou maar vir eens en vir altyd; jul ANC weet nie hoe om te regeer nie want julle is totaal onbevoeg.

jakes ·

Die agbare minister se verduideliking is maar skraal. Onbevoegdheid op feitlik all tereine is die groot probleem. Sodra die woord ”uitdagings” geopper word moet jy weet hulle is onbevoeg om n probleem op te los. Wette word gemaak maar slegs uitgevoer wanneer dit hulle pas.

Ben Potgieter ·

Is daar enige iets wat goed werk vandat die ANC die land oorgeneem het.7% van munisipaliteite werk,die res is bankrot of is besig om bankrot te gaan.My vraag is hoe regeer jy ‘n land as jy nie eers ‘n munisipaliteit kan beheer nie.Glo nie president Ramaphosa gaan veel verskil maak nie.Die verrottings kultuur van korrupsie en wan bestuur het reeds hand uitgeruk.Wette gaan nie veel help nie.Wie gaan dit toepas ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.