‘Mbete plaas lojaliteit aan ANC voor parlement’

Baleka Mbete, speaker van die parlement (Staatsrede 2016) (Skermskoot uit die regstreekse uitsending)

Die Demokratiese Alliansie het Dinsdag gesê speaker Baleka Mbete plaas duidelik die regerende party voor die belang van die parlement en die land wat betref die geheime stemming oor die mosie van wantroue in pres. Jacob Zuma.

Mbete het vroeër glo gesê LP’s het ʼn verpligting om te voldoen aan die standaard van hul partye.

“Mbete se kommentaar wys dat sy, wanneer sy te staan kom voor die inherente konflik tussen haar rol as voorsitter van die ANC en speaker van die nasionale vergadering, sy nie huiwer om die party voor die parlement te plaas nie,” het DA-hoofsweep John Steenhuisen gesê.

“Dit is kommerwekkend dat Mbete die vrymoedigheid het om só openlik te praat oor die ‘vepligtinge’ van ANC-LP’s, presies wanneer sy versoek word om te besluit oor die kwessie van die geheime stemming.”

Hy verwys na Mbete wat aan verslaggewers by die ANC-beleidskonferensie gesê het: “Wat betref die kwessie van ʼn geheime stemming, dink ek individue kan dink wat hulle wil, maar ʼn lid wat deur ʼn politieke party na die parlement gestuur is, is dit aan die betrokke party verskuldig om die posisie te neem soos daardeur gelei.”

Steenhuisen het gesê hoofregter Mogoeng Mogoeng het tydens die konstitusionele hof se uitspraak oor die opposisie se aansoek oor ʼn geheime stemming gesê: “Lede van die regerende party is ook vry om te stem op só manier wat nie altyd deur hul partye voorgeskryf hoef te word nie.”

Die hof het beslis dat ʼn geheime stemming oor die mosie van wantroue toelaatbaar is, maar dat die besluit by die speaker lê.

Steenhuisen het gesê Mbete moet haar woorde verantwoordelik kies, aangesien sy nie net die mag het om te besluit oor die geheime stemming nie, maar waarskynlik ook toesig sal hou oor die debat, wat vir 8 Augustus geskeduleer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

al ·

Sy bewys maar net aan die hele SA wat ons al lankal weet – die ANC beskerm vir Zuma en die rede is baie verdag.

Staalburger ·

Kom ons daag President Zume om aan te dring vir die geheime stemming, dan kan hy die hero word watter kant ook al

johnny_walker ·

Teen n nasie van “enablers” soos die amerikaners in Irak gevind het kan jy niks doen op n politieke wyse nie en al manier is …….

johnny_walker ·

is dit nie vreemd dat ons met n hele bevolking van “enabler” sit wat ons volk saam met hulle ten gronde wil laat gaan , en ons het nog steeds nie n woord vir “enabler” volgens google se translator nie ? of is enabler n …………… in afrikaans heheheh

VF+ ·

Ja natuurlik sal sy. Indien sy ‘n geheime stemming toelaat, is sy en AL die ander hul lekker poste kwyt want hulle was almal ge-‘handpick’ deur Zupta.

John ·

Die parlement is bloot ‘n langlopend sepie in ons kamma demokrasie en Mbete daarby ‘n swak aktrise en die res van die ‘cast’ marionette met toutjies geknoop aan die hand van ‘n regisseur sonde etiese waardes. So, wat verwag ons?

Willie ·

Die probleem is as jy jou siel verkoop. Eien iemand jou…

al ·

Sy was blykbaar ñ baie belangrike pos aangebied, maar het toe nie die belowende pos gekry nie, toe is sy gepos as speaker om die hindernis te wees in demokrasie.

Eish ·

Dit is verstommend dat die vreesaspek van geheime stemming so n rimpeleffek op die wanadministrasie van die regerende meerderheid het. Voorheen was die gooi van die dollosse vir rigtingaanduiding en die skedule 5 voorskrif bossiebrousel voldoende om met groot selfvertroue die pad van selfvernietiging te bewandel. Miskien is die Afrikaanse spreek woord ook hier van toepassing :” Uit die oog, uit die hart.”

Susan ·

Natuurlik sal Sy Nie. Sy weet as Sy dit doen Gaan die Gravy Train Nie meer by haar Kom stop Nie.

Trudie ·

Susan, ek stem 100% saam met jou. Sy is in elk geval so partydig vir die ANC – sy kan dit nie eens prober wegpraat nie. Dit is baie openlik.

Zuma se Girlfriend ·

Ons moet darem nou net onthou dat sy nr1 se nr1 girlfriend is ne. Mens kan nou seker nie teen jou lover werk nie. Heel tipies ANC.

Matewis ·

Daar moet darem net onthou word dat die GH die reg om te besluit oor ‘n geheime stemming of nie aan die Speaker van die Parlement oorgedra het – en Mbete IS op die oomblik die Speaker – en sal dit so bly vir minstens die volgende klompie maande! Dit is dus Mbete se plig en reg om te bepaal WAT dan in die land se belang is – en nie die reg van die DA om vir haar te wil voorskryf nie – of ek of enigiemand anders nou daarvan hou of nie!

Daarby kan mense gerus ook maar na die ANC se “grondwet” gaan kyk. Nee, nie die land se grondwet nie, die ANC se party-statute en bepalings en voorwaardes. En dit stel so duidelik soos daglig dat enigeen wat as ‘n LP deur die ANC aangewys word, onderneem om die besluite van die koukus na te kom en te gehoorsaam – en indien dit nie gedoen word nie, kan so ‘n lid summier uitgeskop word! Mbete stel dus bloot wat in die ANC se grondwet staan – en dit geld natuurlik vir alle partye in die parlement, nl dat hulle teen enige lid kan optree wat bv in ‘n wantroue-mosie VIR Zuma sou stem!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.