‘Mbete terug om Zuma te beskerm’

Pres. Jacob Zuma en speaker Baleka Mbete op 12 Februarie 2015 by die parlement in Kaapstad Foto: Elmond Jiyane, departement van kommunikasie

Mmusi Maimane, leier van die DA, het Sondag na Baleka Mbete, speaker van die parlement, gekap deur te sê sy het haar besoek aan Bangladesj kortgeknip om opdragte van pres. Jacob Zuma te ontvang oor hoe die beste manier sal wees om hom te beskerm.

“Dit waarvoor sy vra, is opdragte en rigtingaanwysing van Jacob Zuma,” het Maimane aan joernaliste in Kaapstad gesê.

Mbete het Sondag tydens ʼn mediakonferensie by die OR Tambo-lughawe in Johannesburg gesê sy het vroeër na Suid-Afrika teruggekeer as beplan nadat sy versoeke van die DA en die EFF ontvang het dat die parlement, wat tans in reses is, herroep moet word om oor ʼn mosie van wantroue in Zuma te debatteer. Sy het gesê sy sal die versoeke in die komende paar dae “behoorlik oorweeg”.

Mbete het ook gesê sy sal vandag met die ANC se topses vergader en Dinsdag met die leier van regeringsake, adjunkpres. Cyril Ramaphosa.

Mbete se vroeë terugkeer uit Bangladesj, asook die openlike teenstand teen Zuma se omstrede kabinetskommeling vanaf diegene soos Ramaphosa, Gwede Mantashe, die ANC se sekretraris-generaal, en Zweli Mkhize, die ANC se tesourier-generaal, het vrae laat ontstaan of die president op hul ondersteuning kan staatmaak in die nou bitterlik verdeelde nasionale uitvoerende komitee (NUK) van die party.

Maimane het gesê dit is duidelik dat Zuma wel op die ondersteuning van die NUK kan staatmaak. “Natuurlik is [Mbete] bevooroordeeld teenoor Zuma; sy sal die president beskerm,” het hy gesê. Maimane het tydens ʼn mediakonferensie gepraat om die DA se besluit oor dissiplinêre aanklagte teen die Wes-Kaapse premier, Helen Zille, aan te kondig, maar die konferensie is vertraag omdat Maimane eers ʼn regstreekse uitsending van Mbete se mediakonferensie wou kyk.

Maimane het gesê die tyd het gekom vir Suid-Afrikaners uit alle oorde om kragte saam te snoer om Zuma uit die kussings te lig, maar het beklemtoon die veldtog moet nie net teen Zuma gemik wees nie, maar ook teen sy bondgenote in die party. “Hy is nie ʼn uitsondering in die ANC nie. Hy is deel van die geheel en selfs Baleka Mbete is deel van die geheel.”

Die DA is oortuig ANC-LP’s sal uiteindelik hul geledere in die party verbreek om te stem vir Zuma om uit sy pos verwyder te word. Van die LP’s het hom reeds gekontak om hom te verseker van hul ondersteuning, het hy gesê.

Dit sal die vyfde keer wees wat die amptelike opposisieparty ʼn mosie van wantroue teen Zuma instel. Die ANC-meerderheid het nog altyd met gemak teen die mosie gestem. Maimane het gesê die opposisie sal nie aandring op ʼn geheime stemming nie, omdat die tyd gekom het vir lede van die ANC wat nie vir Zuma ondersteun nie om openlik teen hom standpunt in te neem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Ada ·

Sy net soos z se ander maatjies beteken niks. Sy is net ‘n pion.

Jan Mostert ·

Stem saam sy kies haar woorde fyn en is nie bereid om haar “soustrein” kaartjie te verruil vir die waarheid nie

snoefie ·

talk is cheap. money buys the whiskey. openlik standpunt inneem? nee hulle sal eerder jag maak op die waaragtige twak wat zille en ander blankes op sosiale media maak.

Kom Doug ·

Jy is reg. Wit mag nie praat nie. Malema kan se wat hy will en dit is maar ok.

John ·

Mmusi glo hy het nie meer raad nodig nie en praat namens die res. Hy is ‘n wilde kaart. Mens kan ook nie twee here dien nie. Hy dons alles op met sy pratery. Die VF+ moet hom duidelik distansieer van die man wat eers skree en dan miskien… miskien… dink.

Dirk ·

Dit verstom my dat ons land so gyselaar gehou kan word deur ‘n korrupte president en ‘n skatryk familie. Dat die meerderheid van die ANC lede sal kies om korrupsie te laat seëvier. Daar is iets meer agter hierdie tendens.

Moenie vergeet dat Pravin NIE teen Zuma gestem het tydens die laaste mosie van wantroue in die parlement nie. Dis belangrik om dit te onthou. Hoe is dit moontlik dat ‘n eenvoudige skaapwagter so ‘n hou vas kan hê oor iemand soos Pravin Gordhan?

Ek moet net aanneem dat almal korrup is. Sommige net meer as ander en ons Suid Afrikaners rugsteun maar die minder korrupte politici. Kyk mooi, Zuma is ‘n rassis en hy wil net sy rassistiese agenda laat slaag.

Dis teleurstelling dat die sterk stemme wat internasionaal ‘n verskil kon maak toe hulle nog geleef het (Veral ons geliefde Mandela) stil was toe Zuma se korrupsie na vore gekom het.

Niemand betwyfel die goeie wat Madiba gedoen het nie, maar in tye van nood word mense geoordeel aan hulle stilte. As selfs hy niks gesê het nie, twyfel ek sterk dat ‘n 100ste mosie van wantroue in Zuma sal slaag.

Die ANC is korrup. Al wat goed was in hulle word beswadder deur hulle steun vir Zuma. Al wat Zuma nou sal ontstel is geweld. En dis iets wat niemand (insluitend ek) wil hê nie.

Ouvrou ·

John die Vryheidsfront is goed en wel maar kom tog by in jou denke. Nooit ooit weer sal ‘n witman hierdie land lei nie. Dis wensdenkery. Ons enigste kans is Maimane. Hys ten minste ‘n Christen en kry dinge gedoen in sy party. Pasop met julle verdeeldheid want iemand soos EFF se leier seil onder ons neuse in en regeer. Hoop julle wat so teen DA is het al bote of kaartjies om vinnig pad te gee as dit gebeur.

chrisp ·

Sienings soos bg laat my dink aan die ja stem.Oorlog gaan uitbreek, mense gaan hul werk verloor ,moord en doodslag in RSA,wetteloosheid ens.Dit terwyl die hele Afrika dien as die teendeel. Toe stem die mense ja en nou sit ons juis met bg net die oorlog is nog oppad.

Hoe kan iemand die DA ondersteun wat wit is en nog meer Afrikaans?Net ‘n paar voorbeelde
-Afrikaans wat verwyder word van Universiteite.DA ondersteun dit.
-Plekname en dorp name moet verander.DA ondersteun dit.
-Bee,SEB, ens
-Blankes word geteiken as rassiste op sosiale media maar nie swartmense nie.

Maimane word ‘n Christen genoem maar hy ondersteun beginsels direk daarteen.Wanneer gaan die mense wakker word en die DA sien vir presies wat hulle is?Net nog ‘n party wat die ANC se beleid gekaap het vryheidsmanifes et al.Het hierdie “ondersteuners van die DA ooit die manifes gelees?Indien nie gaan lees dit en kyk of jy daarmee saamstem en indien nie hoekom stem julle nog DA?

Die spreekwoord “’n mak hond byt die seerste” is mooi van toepassing hier.Vra vir antie Zille.

Oor die witman as leier van die land sal slegs God besluit.
Laat my dink aan die ou NP manne wat gese het ‘n swartman sal nooit die RSA regeer nie.Nooit is toe nie so lang tyd nie lyk dit my?

Cherokee ·

Tog is daar een kommer. Dit is deur Zuma wat die EFF ontstaan het. As hy uitgeskop word sal die ANC (dalk) weer saamstaan en met elke verkiesing ‘n twee-derde meerderheid hê. Dan sal hulle die grondwet onophoudelik aanpas na willekeur.

Marius ·

zuma is slim hy het die parlament geskommel dat die wantrou nie kan slaag,wie van die nuwe 20 gaan nou teen hom stem as hulle dan nou n lekker werk en salarris van nou af kry.

Positief ·

Ek is nogal positief ek dink Baleka sal graag eerder ‘n goeie naam wil hê, sy weet hoe werk JZ, sy kan dalk volgende wees en as sy die regte ding doen, sal ander partye haar beskerm! Baleka, ek is positief, doen die regte ding, dit raak dalk nie jul ministers direk nie, maar beslis jul families, Hul gaan ook ly onder finansiele druk en op ‘n tyd gaan die geld opraak en kan jul nerens leen nie, dan ….. is julle in dieselfde bootjie as ons.

ken benoni ·

Chrisp: ek stem saam met jou.
‘n Chrustin het die waarheid lief , Zille het waarhede kwyt geraak en nou wil DA leier dit nie insien of aanvaar nie, waar laat dit ons ? God sal wel besluit wie Hy in die land as leier wil hê. Die DA wou net eers blanke steun kry om sterker te word en nou verfoei hy die Afrikaner en Afrikaans. Kyk na hul onlangse rekort betreffende die Taal kwessie , straatname ens. Die boom word tog geken aan sy vrugte dan nie?!
Ek het nog nooit van Zille gehou nie maar dit wat waar is verdien om genoem te word. Daar was goeie dinge in verlede, kyk objektief daarna, erken dit en beweeg aan .
DA sal blankes weer los soos ‘n warm patat as daar gekies moet word oor sekere dinge wat nog in die toekoms sal gebeur!

Annie ·

Mbete en Zuna is aan die heup vas… sy beskerm hom .. regte rignekke!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.