Mbete vra meer tyd om oor geheime stemming te besluit

Speaker Baleka Mbete in die parlement. Foto: GCIS

Baleka Mbete, speaker van die nasionale vergadering, het meer tyd versoek om ʼn besluit te maak of die mosie van wantroue teen pres. Jacob Zuma in geheim moet geskied.

Die mosie van wantroue is vir 8 Augustus belê.

Die Demokratiese Alliansie (DA), wat die mosie gebring het, het vandeesweek aan die speaker geskryf om te versoek dat sy voor Vrydag haar besluit maak.

Die parlement het Vrydag in ʼn verklaring gesê die speaker het aan die DA se hoofsweep, John Steenhuisen, geantwoord die besluit oor hoe die stemming gaan geskied, moet nog gemaak word en sal voor of op 8 Augustus aan al die partye gekommunikeer word.

“Terwyl die konstitusionele hof bevind het dat die speaker die diskresie het om ’n stemprosedure tydens die mosie van wantroue te bepaal, moet daardie besluit verskeie faktore en omstandighede in ag neem, insluitend dat so ’n besluit rasioneel en nie arbitrêr moet wees nie,” lui die verklaring.

“Die hof het in hierdie verband nie ’n spesifieke tydraamwerk voorgeskryf waarbinne die besluit geneem moet word nie, maar behoorlike oorweging moet gegee word aan die omstandighede in hierdie geval om te verseker dat dit die toets van rasionaliteit slaag. Die omstandighede vereis noukeurige oorweging. Die speaker doen ʼn beroep op alle partye om haar die nodige ruimte te gun om ʼn behoorlike besluit te neem.”

Die DA het vroeër die week gesê daar is geen rede hoekom die speaker nie haar besluit voor Vrydag kon gemaak het nie en wag tot op die nippertjie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Apie ·

Sy het tyd nodig om skelmstreke bymekaar te sit om verby hierdie een te kom. Wag vir aanbevelings van die Guptas en die Zuptas.

dries du toit ·

Mbete wag vir n beter aanbod van GUPTAS af.DA aanbod nog enigste op die tafel.

Wilma ·

Nee ‘n duisend maal N E E !!! Jy speel vir tyd sodat Numba Onety kan loskom!!!!!!

Cherokee ·

Ag tog Wilma, sy ken nie Afrikaans nie en lees (dus) nie Maroela nie.

Albert Juergen ·

Sy lank reeds besluit en dit haar meester Zuma en Guptas pas! Wil my verstout om te sê Mbete sal nie ‘n geheime stemming toelaat nie kans is goed dat Zuma sal moet loop want daars baie cANCer lede wat moeg is vir Zuma se leuens en skelm streke, en saam met die opposisie partye sal stem!

Basjan ·

Ek wil myself ook verstout om dieselfde te sê. Jy het die saak mooi opgesom.

Cherokee ·

En èk wil my verstout deur te sê ieder en elk in hierdie symste forum wat DA stem ondersteun haar want die DA het gesê julle is hêppie met whatever sy besluit.

Boerseun ·

Cherokee, ek wil my ook verstout om met jou saam te stem

Basjan ·

Kap hom stomp met ‘n byl af, of saag hom stomp met ‘n saag af, of vyl hom stomp met ‘n vyl af!

Ernst ·

Ja Gerrie ek stem, daar is altyd ‘n slangindie gras met die spul. Dit sal my twee sekondes vat om te besluit. Did moet in die geheim wees.

Blits ·

Sy like die aandag, ons almal weet dat sy onder geen omstandigdhede n gehuime stemming sal toe laat nie. beslis nie teen ha boyfriend nie, hy sorg te goed vir haar met sakke vol geld by gupta en sy nkhandla huis

Pieter ·

Vrek nou hoeveel tyd het die vrou nodig. Ma vinnig met ander dinge maar as dit by ZUMA kom is hulle traag.

christo kriek heidelberg w.k. ·

Wie probeer sy beindruk? Ons is almal nie so dom nie, sy het alreeds opdrag gekry at dat dit nie geheime stemming sal wees nie.

Lynne ·

Sy het tyd nodig om met die Guptas en Zuma te konsulteer! Die Venue en die Menu moet ook nog geboek word!

Johannes van Staden ·

Ja want die 7de Aug 23.45 …gaan sy se nee ….SO voorspelbaar !

JWM ·

Kan dit wees dat sy dalk poog vir geen stemming of alternatiewelik n mosie van wantroue probeer omseil? Net die tyd sal ons vir seker wys.

MAB ·

NEE, NEE…. sy wil haar eie bas red en verder deel in voorspoed agv van plundery!!!!

Cherokee ·

Ieder en elk van jùlle wat DA stem ondersteun haar want julle het gesê by monde van jul swart leier day whatever sy besluit sal julle by berus. So, DA-kiesers het geen reg om hier (negatiewe) kommentaar te lewer nie.

Kosie ·

Dis duidelik wat hier aangaan. Die EFF is reeds gereed om ‘n hofaansoek in te dien as sy nie die geheime stemming goedkeur nie. Sy speel vir tyd, die besluit is reeds geneem dat dit nie ‘n geheime stemming gaan wees nie. Sy sal dit op die dag van die mosie (net voor of selfs tydens die sitting bekend maak). Dis hoe die ANC operate.

Dovaz ·

Mense! Mense! Dink! Sy moet eers a ander manier beraam om haar sakke vol te hou. Denk!

Uys ·

Enige bevoegde persoon in enige pos sal nie uitstel vra om ń besluit te neem wat reeds meer as ń maand gegun is in ń saak nie.

pietie ·

Hoe kan die DA sê hul sal haar besluit aanvaar, nog voordat sy dit gemotiveer het? Hul moet hul koppe laat lees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.