Mbete vra om verskoning oor ‘kokkerot’-uitlating

Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) Foto: enca.com

Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) Foto: enca.com

Baleka Mbete, speaker en ANC-voorsitter het Woensdag vir Julius Malema, leier van die EFF, om verskoning gevra dat sy hom ʼn ‘kokkerot’ genoem het.

“Ek vra onvoorwaardelik om verskoning aan Suid-Afrikaners, die Parlement en agbare Julius Malema vir enige pyn wat ek veroorsaak het,” het sy in ʼn verklaring gesê.

Die Mail & Guardian het berig sy het oor die naweek tydens ʼn ANC-kongres in Noordwes gesê “as ons nie werk nie, sal kokkerotte soos Malema oral inkruip”.

Mbete het gesê sy het lank en diep gedink oor haar woorde. “Ek besef dat my opmerkings, al die aanstootlike aanmerkings wat ek gemaak het, onbehoorlik was. Die manier hoe dit oorgekom het is betreurenswaardig.”

Sy het die uitlatings onvoorwaardelik teruggetrek.

Die SA Menseregtekommissie het vroeër gesê hy het ʼn klag ontvang van ʼn lid van die publiek oor Mbete se uitlatings. “Die klag was haatspraak en aanhitsing tot geweld, het Isaac Mangena, woordvoerder van die MRK, gesê.

EFF-LP Mbuyiseni Ndlozi en EFF-hoofsweep Floyd Shivambu het Dinsdag tydens die parlementêre debat oor pres. Jacob Zuma se staatsrede gesê Mbete moet die uitlating terugtrek.

Malema het Thandi Modise, voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, gevra om voor die debat ʼn uitspraak te lewer oor die kwessie. Die speaker het iewers gesê die lede is kokkerotte,’ het hy gesê. “Ons wil dit uitklaar voordat ons voortgaan.”

Modise het gesê sy kan nie ʼn uitspraak lewer nie en kan nie namens Mbete om verskoning vra nie. “Ek kan slegs die sentiment en die boodskap van hierdie Huis aan die speaker oordra.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Mishke ·

Die Mbete gedoente was seker gedwing om verskoning te vra, maar glo my sy is nie “jammer” nie, daar is GEEN gewete daar nie! Die Thandi Modise geval, nou ja, die dooie diere op “haar plaas” kon ook mos nie praat om die regtige waarheid oor die ondier te vertel nie.

Jonathan ·

Wel nou ja, is hy dan nou nie n kokkerot nie. Kom aan, wat se die Engelse? Is die kettel calling the pot black? Ha..ha… Nou wat is SY dan???????????

adrian ·

Toe wen hy die rondte, hy is gevaarlik, haat die blanke met als wat in hom is…. moet hom nie onderskat nie hy is dalk nie ‘n kokkerot nie maar ‘n rot

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.