Mbete win regshulp in ná Twitter-aantygings

Die Speaker van die Nasionale Vergadering, Baleka Mbete. Foto: Daily Maverick

Baleka Mbete, speaker van die Nasionale Vergadering, het regshulp ingewin nadat gebruikers op Twitter aantygings teen haar begin maak het oor beweerde sakebelange wat sy nie aan die parlement se registrateur van ledebelange verklaar het nie.

Moloto Mothapo, woordvoerder van die parlement, het gesê Mbete ontken die aantygings ten sterkste en dat sy met onsteltenis van die “valse, kwaadwillige en lasterlike skindernuus” verneem het.

“Die bron van hierdie belaglike en onwaar bewerings, wat al duisende kere hertwiet is en deur ander rekeninge ook versprei is, is oënskynlik ʼn ‘parodie’-rekening met die naam @AdvBarryRoux. Dié rekening versprei dié inligting: “Baleka Mbete owns 146 trucks, her trucks transport iron ore and coke (not cold drink some type of coal) from Kuruman to Durban, and she hired 136 Zimbabweans and only 10 South Africans. She did not disclose this to parliament. #ZumaFiles.”

ʼn Ander rekening, @alfred_cabonena, het dieselfde aantygings gemaak.

“Die gesiglose @AdvBarryRoux is, in besonder, besig om gefabriseerde en kwaadwillige aantygings teen prominente Suid-Afrikaners te versprei sonder enige bewyse,” het Mothapo gesê.

Mbete het dit laat aanteken dat al die aantygings teen haar vals en sonder grondslag is. “Sy het geen belange, finansieel of andersins, in enige van die sakeondernemings wat in die twiets genoem word nie. Al haar bates is verklaar soos vereis deur die parlementere etiese kode en is ʼn kwessie van openbare inligting.”

Mothapo het verder gesê die speaker respekteer Suid-Afrikaners se reg op vryheid van spraak, maar dit beteken nie jy mag ander mense belaster sonder enige bewyse nie. “Daarom win sy regsadvies in vir ʼn toepaslike aksieplan.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Jaco ·

Ongelukkig is dit so dat haar integriteit en geloofwaardigheid in die sagas rondom die korrupsie en bedrog in die hoogste kringe ineengeweef is sodat haar ontkennings en verklarings van onwaarhede nie geloofwaardig is nie (verwys “Enemy of the People: deur Adriaan Basson en Pieter du Toit).
Dit word dus doodeenvoudig nie meer deur die breë publiek geglo nie.

Duwweltji ·

Nie dat Adrian n vriend van die mense is nie, hy is een van die ergste afkrakers van minderheidsrespek.

Johanna Botha ·

Sy ondersteun zuma en dit beteken die tweet is hoogswaarskynlik die waarheid …sodra ontkenning of slagoffer gespeel word dan kan jy maar weet dit is waar …

Johann cb ·

Onskuldige mense win nie regshulp in nie! As die skoen pas, trek hom aan…

pieterdp ·

Waar om regs hulp?????
Sy kan n krimenele saak open as sy onskildag is.

Koffie ·

Mmmm, hoekom is ek nie verbaas nie, met krimeneele aan die stuur moet sy ook seker kwalifiseer met so ou ietsie agter die deur!!

Dan du preez ·

Te oordeel aan haar SWAK optrede in die parlement is sy dalk skuldig aan nog veel erger dinge!

Koos ·

So min soos ek van haar hou of van haar dink, is dit nou werklik ‘n onsinnige opmerking. Mag onskuldige mense hulself nie verdedig nie?

Johan d ·

Ek kan haar ook nie verdra nie, maar ek stem saam met jou, Koos.

Gertryda ·

Die prokureurs maak goed geld deesdae…. almal hol prokureurs toe…. ek lag die dinge af
Was al self aan rassiste opmerking blootgestel… ek vat dit van wie dit kom
Daar is nie n wenner nie

PJC ·

Iets moes hierdie beweringe “getrigger” het. Nou wonder ek maar net.

bgj van der westhuizen ·

wel daar kan vas gestel word of dit waar is daar sal n rekort wees in wie se naam die vrag moters is maar of eimand dit sal doen is nog n vraag

Nettie ·

Nou ja ……. waar daar ‘n rokie trek, is daar gewoonlik ‘n vuurtjie. En “The lady doth protest too much, methinks” – as jy niks het om oor skuldig te voel nie, madam Speaker, waarom dan regsadvies inwin?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.