Mboweni boos oor e-tolbesluit

Tito Mboweni, minister van finansies. Foto: Shayne Robinson/SAPA

Terwyl Sanral se besluit om die invordering van e-tolskuld vir eers te staak wyd verwelkom is, is Tito Mboweni, minister van finansies, glad nie ingenome met dié besluit nie.

Mboweni het hom Donderdag ten sterkste uitgespreek teen die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) se besluit en gesê die agentskap moet dié beslissing onmiddellik omkeer.

Mboweni het gepraat tydens ʼn mediakonferensie waar hy die nuwe kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, Edward Kieswetter, voorgestel het. Hy het gesê die “verbruiker moet betaal”-beginsel is iets wat regdeur die Suid-Afrikaanse samelewing moet posvat.

“Dit is binne hierdie konteks wat ek glad nie gelukkig is met die Sanral-raad se besluit om nie motoriste te vervolg wat nie hul e-tolskuld betaal nie,” het Mboweni gesê.

“Dit is ʼn baie slegte besluit en een wat nooit geneem moes word nie. Dit is nie behulpsaam in die effektemark nie en ondermyn wat ons in die begroting gesê het dat ons die verbruiker-moet-betaal-beginsel ondersteun. Hulle moet daardie besluit onmiddellik omkeer, anders het dit implikasies vir die effektemark, die fiskus en hul eie kredietgradering,” het Mboweni uitgevaar.

“Mense moet leer dat jy nie roekelose besluite in die middel van ʼn baie moeilike finansiële situasie neem nie. So, betaal jou belasting en gee die keiser wat hom toekom.”

Maroela Media het vroeër berig Sanral het gister gesê die proses om e-tolskuld in te vorder en dagvaardings wat sedert 2015 aangevra is na te jaag, is vir eers uitgestel ná ʼn versoek van pres. Cyril Ramaphosa om die e-tolbetaling-dooiepunt aan te raak.

Die besluit is deur die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) verwelkom wat meen dit is ʼn sterk aanduiding dat die omstrede e-tolstelsel binnekort geheel en al geskrap sal word.

David Makhura, premier van Gauteng, het gesê die besluit is ʼn beslissende skuif en skep die geleentheid vir ʼn vriendskaplike en volhoubare oplossing rakende die e-tolsage.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

Andreas ·

Hoe gaan die spreekwoord? “The bigger we get, the smaller we grow”.

Riette ·

Ons het nooit gevra vir etoll nie en ons is ook nooit geken in die saak nie so hoekom moet ons dit betaal

Snowball ·

Haal nou al die Bybel aan om hulle korrupsie te befonds.
Wat van Soweto se Eskom skuld?
Of koop die keiser hulle stemme met vry elektrisiteit? Wat van julle neem ‘n verantwoordelike besluit oor Soweto se Eskom skuld, so in die middel van ‘n moeilike finansiële jaar? Klomp huigelaars!!

De Villiers ·

Wat van die biljoene rande se gelde wat jaarliks uit die staatskas verdwyn weens korrupsie deur sy eie party se lede, en munisipaliteite wie se skuld weens wanbetaling ook jaarliks afgeskryf word? Geen optrede word teen die skuldiges gevoer nie. Die ANC het reeds ń kultuur van wanbetaling oor die jare geskep, en nou begin hulle die effek daarvan voel. Wanneer gaan Zuma die oorspandering op Nkandla betaal? Die ANC is die laaste wat kan kla oor wanbetaling.

Ossie ·

Gee die keiser wat hom toekom … nie wat hy vra nie, dis waar almal die pot mis sit. In my mooi blougroen oogies dink ek nie eers dat my belasting hom toekom as ek die land se toestand so kyk nie.

Chris Ws ·

Tito het gesien hoe vlieg ‘n bonussie van ‘n paar miljoen rand by die venster uit die’ dat hy boos is!

Andreas ·

Praat jy nou van die lig wat so ‘blou .. blou .. blou’ by jou verby gaan, of die een met die sirene aan … ‘tito tito tito’?

Kolle ·

Ag vlieg na jou ma toe man. Begin maar eers by die honderde duisende wat free lektriek kry, al vir baie jare. Pft!

Piet ·

Hierdie vent wys nou sy ware kleure. Soek nog geld vir korupsie.

Avra ·

Daar lê n swaar tyd vir ons voor met hierdie man aan die stuur

Pik ·

En wie betaal sy e toll elke maand nie hy nie maar ons belasting betalers doen in sy blou lig kar

Johan.schmn ·

Mr Mboweni! Dink jy nie ons betaal genoeg belasting nie? Die ou bietjie van ons wat betaal in elk geval. Hou op gierig wees!

koos ·

Verbruiker betaal? Begin by jou eie ANC kaders asb. Daarna sal ons vir DIENSTE betaal!

Cor ·

Sy woorde dit ondermyn wat ons in die begroting gese het die verbruikers moet betaal beginsel. Blykbaar net sekere verbruikers moet die beginsel na kom . Die verbruikers van Soweto en ander townships hoef nie die beginsel van betaal na te kom nie elektrisiteit is gratis vir hulke

Jaap ·

Tito laat al jou kaders betaal wat die keiser toekom.
Loop praat twak in Soweto,Alex en Tembisa.
Kry al jou skuld vir eskom,water,etc en dan kyk ons.

Andrea ·

Niemand het my mening gevra oor die implementering van die etol sisteem nie. Ek trek geen voordeel daaruit nie, ook nie my kinders nie. Dus het ek besluit om dit nié te betaal nie.

Dries ·

Die hooggety wat korrupsie vir so lank al voer onder die ANC laat my stom staan dat hulle die durf het om nog ‘n melkkoei te soek eerder as om die vrugtelose en vermoste spandering, witboortjie misdaad en wanbetaling van water en kragverbruik effektief aan te spreek. Tolpaaie was ‘n maklike gaping om tekorte aan te vul en kon nie net verder op die ekonomiese bydraende sektor gestort word nie. Die kultuur voor die etol stelsel van “dis okay om nie te betaal nie” wat deur die ANC verda en by tye vertroetel is byt nou hard.
Keer eers die massas se kultuur van “als verniet” om en stel dit effektief reg en dan kan ons weer na die tolstelsels vir aanvullende staatsinkomste kyk. Ten minste is dit nie net die handjie vol ekonomiese bydraers wat alleen vir die tolpaaie moet betaal nie maar almal wat dit gebruik.

? leser ·

al die jare wat ek tussen pta en jhb gependel het was daar later 2 bane (hoofweg) en verniet gery behalwe petrol belasting wat ek betaal het
ek ry nog steeds net in die twee bane, ek het nie gese of is gevra om tol “hekke” / stellasies (gantries) op te sit nie, so waarom moet ek betaal vir iets waarvoor ek nie gestem het nie ?

En nou? ·

Jy het ook nie gestem om toilet papier te koop nie, maar jou doen wel!

Piet ·

Taxi is n misbruiker nie n gebruiker nie dis hkm hul ni betaal nie

Pierre ·

Die ANC het aandele in die hele toldebakel. Daarom wil hulle nie eintlik afstand doen daarvan nie.

BlinkStephaans ·

Ag nee oom tito hoe praat jy dan nou asof jy verbaas is. Jy is dan deel van die hele sisteem wat die besluite sit en uitdink. Ek hoop nie hulle het jou in die donker gehou.

Johanna Botha ·

En wat van al die eskom skuld …maar die ligte brand ! Instussen word meer onwettige konneksies gemaak elke dag !

David ·

Lyk vir my Mboweni ‘n sondebok vir die dreigende afgradering?

Hy moes sy huiswerk beter gedoen het met sy begroting…

ZET ·

Het Tito dalk ‘n vinger in daai pie dat hy so ongelukkig is met die besluite?

Andries ·

So nou is Mboweni n voorstaander van die ‘verbruiker moet betaal beginsel’? Wat het dan geword van grondgrype waar grond verniet uitgedeel word en bv. verniet universiteitsopleiding? Natuurlik is die beginsel net van toepassing op sekere mense.

chrisjan ·

Tito kry vir jou ‘n “Grandpa” en loop vlieg!Met die brandstof heffing maak julle reeds miljoene rand ELKE dag sonder die POF se deel.

JM ·

Gee vir die baas van e-tol ‘n verhooging, want nou het Tito minder geld om te skep

Francois ·

” Gee die Keiser wat hom toekom”?
Jy is skreeusnaaks.. Tito?

Anel ·

Ons het nie meer geld vir niks nie, maar ons kan miljoene gee vir Mozambiek, biljoene om ongeletterde studente op universiteit te laat vakansie hou. Nou waar val hy uit met betaal wat jy gebruik?

Stripes ·

Hy huil nou want hy het reeds daai geld in sy gatsak voel brand.

LK ·

Waarvoor word e-tol gelde gebruik ? Orals waar ons ry lyk die paaie slegter en glad nie beter nie. Dit is net nog ‘n geldmaak storie om een of ander iemand ryker te maak. Intussen is ons almal besig om in elende te verval, Salaris verhogings is so min dat dit nie die helfte van alles dek wat jaarliks opgaan nie. Petrol gaan ‘n luukse word vir die wat dit kan bekostig. Ons moet wakker skrik en besef wat is besig om te gebeur.

Amanda ·

Hoe op aarde gee die president n instruksie sonder om sy minister van finansies in te lig of te betrek. Die een hand weet nie wat die ander hand doen nie. Ons leiers van die land wil elke sent uit ons uitsuig sodat hulle meer het wat hulle hulle hande op kan lê.

Pieter Fourie ·

Die vele 4-10 bane wye Snelwee in, om en tussen stede in die RSA was jare voor 1994 gebou en betaal en is en bly die betaalde vry gebruiks eksklusiewe eiendom van alle ware BURGERS van die RSA, (Noemnaam DIE STAAT). Boonop was die goedgekeurde Begroting van beide GFIP Fase 1 en Fase 2 (nog nie gedoen) gesamentlik R69 Miljoen, nie baie Biljoene nie! Boonop was en word vele R Biljoene oor jare heen ingewin via die bo-inflasie verhoogde Paaie Levy in die brandstof prys vir die behoorlike betaling van alle opgraderings en onderhoud van alle paaie deur Staats Instansies. Aldus die botweg weiring en teenstand van e-Tolls. Burger Regte 1ste !

anton ·

Baie waar wat jy sê Andre!!!
Laat die wat hulle as hul keiser sien maar betaal selfs sekere blankes ook.
Daar is mos heelwat van hulle.

Theoman ·

Tito tjom, jou en nie my keiser nie is/was en sal altyd crooks wees, en se vir my hoe gaan sanral die gelde eis van die Swaziland, Lesotho en Botswana motoriste wat die tol paaie ook gebruik, ek sien gereeld van die voertuie op die snelweg Pta /Jhb.

JohanL ·

En net toe ek begin hy is dalk die regte man, toe sien ek hy is nes die ander !!!!!!

Wat ‘n dom ding om kwyt te raak. Mnr Mboweni – kan ek jou raad gee : DINK voor jy praat. Die gemiddelde burger is baie slimmer en hulle gaan jou afslag as jy nonsens kwytraak – soos jy kan sien op die forum.

Pieter ·

Bog Andre, niks kom enige keiser toe nie want alle keisers en nasate is wereldwyd deur die Staat (Lands Burgers) verwerp en onthoof.

Titso ·

@Tito, maar as die verbruiker moet betaal…begin sommer eerste in Soweto en hul BILJOENE se skuld, of verwys jy na die blankes? ?

Stella ·

Gee die keiser wat hom toekom! Nie wat hy deur uitbuiting vra nie!!!

Gansie ·

Hy betaal nie ‘n sent vir die e-toll nie. Ry lekker in sy swart kar rond met drywers, maar hy wil dat ons, wat sy salaris betaal, nog betaal. Dis interresant dat jy wat niks betaal nie die besluit maak oor wat ander moet betaal.

Dries ·

Minister, ons stem binnekort soos jy weet.
Ek daag jou uit om jou ook sterk uit te spreek, oor die R17 miljard wat Soweto aan Eskom skuld!

Valkoog ·

Die beste wat SANRAL met sy e-tol stelsel kan doen is om dit aan te wend vir die opsporing van gekaapte en rowers se voertuie. So ‘n diens kan dan aan die versekerings maatskappye bemark word.
Ek het sommer ‘n naam daarvoor uitgedink naamlik “X-toll Tract” soos onderskryf deur jou vriendelike paaie departement. ?

diane ·

“verbruiker moet betaal” – beginsel?????

Politisie soos Mboweni gebruik die tolpaaie maar betaal nie! Die belastingbetaler betaal hulle e-tol soos ons hulle petrol, ens. betaal!!
En wat van taxi’s? Alhoewel hulle “misbruikers” is, is hulle ook kwytgeskel.
Practice what you preach Mr Minister!

Andries ·

Stem saam met jou Diane…”Verbruiker moet betaal”…Vir watter diens gelewer, vir bestaande deurpaaie alreeds voor betaal met belastinggeld en branstof toelae gehef waarmee hul die deurpaaie moes instandhou en of opgradeer as hul so sou voel. Wat het geword van die aanvanklike besluit dat tolgeld alleenlik gehef gaan word op nuwe paaie waar daar ‘n alternatiewe roete voor is en dat dit nie verhaal gaan word op bestaande paaie? Alhoewel ek woonagtig is in die Weskaap, ondersteun ek die nie betaling van e-tol en sou ek dit ook nie betaal het as ek daarvan gebruik moes maak.

Daan ·

Hy is net kwaad want nou kan hy nie die bonusse betaal wat hy belowe het nie

Eish ·

Mr Bboweni start with all the users of state money let them pay back all stolen money!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.