Mboweni erken IMF-lening dalk vir salarisse gebruik 

Tito Mboweni, die minister van finansies (Foto: @GovernmentZA/Twitter)

Tito Mboweni, minister van finansies, het gesê die noodlening van R70 miljard wat Suid-Afrika van die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) ontvang het, kan moontlik ingespan word om salarisse te betaal.

Dr. Leon Schreiber, DA-LP en die party se woordvoerder vir staatsdiens en administrasie, sê dit blyk Mboweni is nou bereid om skuld te gebruik om salarisbetalings aan staatsamptenare te finansier.

Mboweni het in antwoord op ʼn parlementêre vraag van die DA oor die kwessie dat ʼn gedeelte van die lening gebruik gaan word om die salarisse van staatsamptenare mee te betaal, toegegee dat dit ʼn moontlikheid is.

“Die leningsontvangste (of uitbetalings) sal deel uitmaak van die Nasionale Inkomstefonds wat gebruik word om bestaande regeringsprogramme te ondersteun, wat salarisbetalings kan insluit,” lui Mboweni se antwoord.

Volgens Schreiber het die DA reeds aan die IMF geskryf om sterk beswaar te maak teen Mboweni se voorneme om ʼn reddingsboei van R10 miljard vir die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) beskikbaar te maak. “In ons volgende korrespondensie met die IMF sal ons hulle meedeel dat Mboweni nou besluit het om die lening van $4,3 miljard te misbruik om salarisverhogings vir ANC-kaders te betaal.”

Daar is volgens Schreiber nou al jare lank konsensus onder internasionale finansiële instellings, graderingsagentskappe en ekonome dat die land se openbare loonrekening onvolhoubaar geword het en dat dit gesny moet word. “Mboweni was aanvanklik ʼn sterk voorstander van hierdie posisie, maar wil nou die vakbonde paai deur aan hul eise vir ekstra besteding aan die openbare loonrekening te voldoen.”

Deur toe te gee dat die IMF-lening gebruik kan word om salarisse te betaal, het Mboweni afstand gedoen van die bestedingsverpligtinge wat hy in sy brief van voorneme gemaak het om finansiële steun te verkry van die IMF.

“Terwyl Mboweni gereed maak om die mediumtermynbegrotingsraamwerk voor te lê, sal sy versuim om die staatsbeursie te verdedig teen politieke belange in sy eie party, ingrypende gevolge hê vir die langtermyn fiskale stabiliteit van Suid-Afrika. Die werklikheid is dat die ongekende hoë begrotingstekort en skuldvlakke van die land net gaan vererger as gevolg van ʼn ewige aptyt vir meer skuld.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Persheks Adri ·

Dis julle eie skuld dat ons hier sit, want julle plunder net dis al wat julle goed doen loop tsek man

JohanEtz ·

Gaan onder ander DENEL se salarisse betaal?
Stringe afgehandelde hof uitsprake en beslissings wat hul nie kan eerbiedig nie!!!

Juffrou ·

KANNIE GLO WAT EK LEES NIE!!
Absoluut verregaande. HIER MOET DIÉ SPUL NOU GEKEER WORD!!

Cherokee ·

Juffrou, die vraag is nie wàt gedoen moet word nie, maar hòe om dit te doen.

Adam Adriaan ·

Die oplossing is om 80 % van die kabinet/regering en staatsamptenare ontslae te raak. Want 80% van hulle is oneffektief, sit net en tee drink en twak praat by die werk.

MakersMark ·

En groot rekeninge opbou by die kolonel se braai hoender winkels…..

Cecilia ·

In d Finansiele wereld is n besigheid wat nie salarisse kan betaal nie, Bankkrot! En word onder administrasie gesit.
D buiteland moet nou maar SA bankkrot verklaar en hulle “fondse” stop. Laat d dikgevrete staatsamptenare maar sonder salaris gaan.
Waar is d Buiteland nou? Hulle het hulle monde uitgewas en SA veroordeel voor 1994. Ten minste was d land toe selfversorgend! Hoekom doen hulle nie nou dieselfde nie?

Yvonne ·

Teleurgesteld in die minister…..is daar nie n einde aan die people se gierigheid en misbruike nie……soos dit is verdien hulle nie eers die salaris wat hulle kry nie wat nog van verhoging

Pieter ·

Julle ANC bly maar net een groot grap gelukkig het ek wakker geskrik ek gaan nie help terug betaal nie. Julle sal nooit n land kan best nie gaan orals in afrika so.

twaalfboor ·

Askies tog DA, moet my nie ń salaris verhoging gee nie….. Maar moet NOOIT my as ń Staatsdiens amptenaar as ń “ANC-kader” verwys nie. Nie almal is korrup nie.

Johan ·

Te hel met dikgevrete vakbonde en kaders. Ek hoop dat die IMF ingelig word oor hierdie skandale.

Nico ·

Danel was eens die vervaardiger van gesofistikeerde maatskappy wat op ‘n staduim m wapentuig vervaardig het wat wapentuig uitgevoer het. Die ANC regering het alles vernietig met hul inhaligheid.

christo ·

Ramaphosa is besig om Tito Mboweni in ‘n baie moeilike posisie te plaas. Hierdie finansiële gemors beteken dat Ramaphosa die kaders paai ten koste van die ekonomie. Die rede hoekom Tito Mboweni moes uitstel vra vir die voorlegging van die mediumtermyn begroting in die parlement is as gevolg van Ramaphosa se aankondiging van die land se ‘ekonomiese herstel plan’. Duidelik het Ramaphosa nié vir Mboweni geraadpleeg nie. Hoe hard Tito Mboweni om aan die ANC probeer verduidelik dat hulle planne nie haalbaar is nie, hoe minder word daar na hom geluister. Dit sal nié ‘n verassing wees dat Tito Mboweni binnekort sal bedank nie. Tito Mboweni is die laaste skans tussen die algehele plundering van die tesourie en Reserwebank deur die ANC en hulle ‘ bondgenoot ‘ die EFF.
Ekonomies is SA in sy maai in, en die tyd van algehele bankrotskap is om die draai, soos in 2021. Daar word nog steeds interne staatsdepartmentele poste geadverteer vir addisionele assistent- direkteurs ens.

annie ·

Die finale bewys dat ons nou ok maar net ‘n drenkeling in Afrika is, wat hoop dat sy skuld afgeskryf sal word. Mboweni is ryk genoeg om af te tree as sulke aksies teen sy grein loop, maar hy doen nie. Wat sè dit? Gebruik ons nou siekte om misdadigheid te kamoefleer? Kan Afrika bloos?

Kokerboom ·

Nou het ek ALLES gesien en gehoor!Drastiese aksies nou nodig om ons van ‘n fiskale afgrond te keer. Die belastingbetalers in die land het die hef in die hand en hou die sleutel tot die oplossing!!!

Karina ·

Ek stem saam met opmerkings hier gemaak. Die ANC moet nou gestop word.

antieke antie ·

hoe korrup kan die cANCer nog wees…. is daar enige een van hulle wat betroubaar is…. afrika demokrasie is selfs hier n ramp…. en dit bewys weer … substandaarde vermoe om te regeer..

JohanR ·

Sal die SAL ook uitbail! Is die IMF stupid dom om vir die ANC ENIGE geld te gee? Waar is Oppenheimer en Rupert se geld heen? Was Oppenheimer en Rupert stupid dom om vir die ANC enige geld te gee?

MakersMark ·

Dis ‘n sirkus. SA sterk oppad na “failed state”. Geld gaan aan bankrot, korrupte SOE’s en onproduktiewe staatsdiens. Maak vol die voertrog die stemvee wil eet

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.