Mboweni erken probleme in munisipaliteite

Minister Tito Mboweni. (Foto: Nokuthula Mbatha/ANA)

Die minister van finansies, Tito Mboweni, het toegegee dat die nasionale tesourie verskeie probleme ondervind om munisipaliteite te help om hul finansiële bestuursprobleme op te los, ten spyte van die gebruik van peperduur tegniese adviseurs.

Mboweni het in antwoord op ‘n parlementêre vraag deur Wouter Wessels, VF Plus-LP, gesê daar is tans 82 adviseurs ontplooi kragtens die munisipale finansiële verbeteringsprogram. Senior adviseurs word gemiddeld vergoed teen R861,12 per uur en word vir ‘n maksimum van 1 840 uur per jaar aangestel (230 werkdae van 8 uur), sodat hulle gemiddeld R1 584 460,80 per jaar verdien.

Adviseurs en spesialiste word teen gemiddeld R807,30 per uur betaal onder dieselfde voorwaardes sodat hulle gemiddeld R1 485 432 per jaar verdien.

Volgens Mboweni se syfers is hul suksesvlakke wisselvallig. Terwyl 20% van die tersaaklike munisipaliteite hul oudit-uitkomste verbeter het, en 26% van munisipaliteite hul ongekwalifiseerde oudit-opinie behou het, het 20% van die munisipaliteite hul gekwalifiseerde ouditopinie behou, in 26% van die munisipaliteite kon ouditeurs steeds geen geldige bevindings maak nie en 8% van die munisipaliteite se oudit-uitkomste het verswak.

Mboweni het agt faktore uitgelig wat daartoe meehelp dat munisipaliteite nie verbeter nie, naamlik:
* Party munisipaliteite het te min kundiges om in sleutelposte aan te stel;
* Party munisipaliteite dissiplineer nie oortreders streng genoeg nie;
* Munisipaliteite keer begrotings goed wat groter is as hul inkomste, wat hul kontantvloei kelder;
* Swak inkomstebestuur, kontantvloeibestuur en uitgawebestuur lei tot ernstige geldelike en lewensvatbaarheidsprobleme;
* Party munisipaliteite is te afhanklik van konsultante vir die uitvoer van redelik basiese take;
* Swak batebestuur, verouderende infrastruktuur en swak instandhouding lei tot die ineenstorting van dienslewering; en
* Swak uitvoering van ouditeurs se opdragte oor hoe om die situasie te verbeter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Kootjie ·

En dan wonder ons hoekom is ons bangkrot!!! Nou verstaan ek meer!! Xxx

Anel ·

Hoe kan daar nie genoeg kundiges wees nie? O, ja. As jy wit en kundig is tel jy nie. Soos ek sê, red nou ‘n volk!!!

Gerrit ·

Munisipaliteite het n tuiste geword vir onbevoegtes. Ouer generasie werkers het hul dagtaak met trots aangepak. Hoe kan jy diens verwag as die bose kringloop gevolg word, waar een onbevoegte moet besluit oor die aanstelling van nog ‘n onbevoegte?

Donald ·

Dit gaan orals so. Kom ons stel onbevoegde mense aan, en kry onbevoegde konsultante om die probleem te probeer oplos. Êrens in ‘n kantoor doen ‘n bevoegde persoon al die werk sonder ‘n vooruitsig vir bevordering. Want die onbevoegdes skep. Van my familie het die voordeel gehad om op die spoorweë te werk. Die treine het gehardloop.

Gert van Wierdapark ·

Die Flippen Soustrein kry daagliks nuwe kaders en waens by!!! Ek is lus om ENIGE slange te gaan vang, behalwe tuin slange!!! Dis om van NAAR te word!!!!

Dafer ·

Hy moet nou nog erken dat hulle nog nooit enigiets kon maak werk nie. Daai storie van een bal is weg, en die ander een stukkend, en hulle weet nie wat gebeur het nie!

Nugter ·

Mooi vir jou mr. Mboweni, jy het nou iets gesien, onbekwame amptenare, ek weet dit al meer as 20 jaar. Wat is die slaap ‘n soete ding.

Elizabeth ·

Hulle het vergeet van die buitensporige salarisse van munisipale bestuurders wie se werk deur konsultante gedoen word wat ook skandalige salarisse verdien. En wat van die ongelooflik baie personeel wat betaal word om die munisipaliteite te wanbestuur?

Dr Phil ·

Het ek al in 1995 besef…
Jy kan nie dieselfde sotlike dinge oor en oor doen en dan nuwe effektiewe resultate verwag nie…

Ronel ·

Te veel base, te min klase. Almal is een of ander bestuurder. Niemand wil meer werk nie.

Alida ·

Die oplossing is maklik. Jaag die onbevoegdes weg en stel kundiges aan maar kyk vir een keer kleur mis.

Al ·

Skrap regstellende aksie, daar is oorgenoeg kundiges, maar ANC jaag hul weg om oorsee heenkome te soek. Op die ou end spite die ANC net homself, en daardeur word hul onbevoegdheid blootgelê.

Hennie ·

Shame was Mboweni in ‘n diep slaap vir die afgelope 100 jaar en uiteindelik wakker. Mooi so Mboweni, hoop jy gee aandag in die klas voordat jy weer aan die slaap val vir jou volgende 100 jaar!

Oom Okkert Stywe Arms ·

Twee groot probleme waarom munsipaliteite nie die pyp sal rook nie.

1. Bepaling van munisipale grense.
2. Over regulation.

Die slim manne moet maar gaan ‘ go figure ‘

Dark Continent ·

History proved that one should not expect better in Africa.

Dankie ·

Al die kommentare is 100% reg!
Ek geniet dit so om dit te lees!
Lag my in n stupor in!!
Dankie!

John ·

Die basiese plan van die ANC was nooit om die land en sy mense op te bou en te dien nie. Booty is die uber al. Grab and spend, die motto. Die Kubaanse regeringstyl onder ‘n Mogabe die droomryk. Tito is ‘n uitskieter… ‘n lastige vlieg in die vrot pot Afrika-salf.

Gemaskerde Sopbeen ·

Hier is ‘n openlike erkenning van totale onbevoegdheid en onvermoë….en steeds word die dienste-verbruiker gedwing om “belasting” te betaal…aan ‘n totaal disfunksionele munisipaliteit? Waarom? Wanneer kom mens by die punt waar totale weerstand teen hierdie tipe van wan-funksionaliteit die enigste oplossing is vir oorlewing?

Marlene ·

Waar kan ek aansoek doen vir hierdie pos? Ek kan more begin!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.