Mboweni hof toe oor OB se bevinding

Direkteur-generaal van die tesourie, Dondo Mogajane (links) saam met Tito Mboweni, die minister van finansies (Foto: Phando Jikelo/African News Agency/ANA)

Tito Mboweni, minister van finansies, het hofstukke by die hooggeregshof in Pretoria ingedien in ʼn poging om adv. Busisiwe Mkwebane, die openbare beskermer (OB), se bevindinge oor die tesourie se direkteur-generaal ter syde te laat stel.

Die tesourie het ʼn verklaring die redes uiteengesit waarom Mboweni Mkhwebane se bevindinge betwis. Die OB het vroeër bevind Dondo Mohajane, die direkteur-generaal, het oneerlik opgetree toe hy nie bekendgemaak het dat hy ʼn kriminele rekord het weens ʼn spoedoortreding toe hy vir sy pos aansoek gedoen het nie.

Mboweni voer aan die OB se bevindinge is irrasioneel aangesien sy nie genoegsaam aandag geskenk het aan die feite van die saak nie, en dat daar geen “rasionele verband tussen die bevindinge en die regstellende stappe is nie”. Mkhwebane het aanbeveel dat dissiplinêre stappe teen Mohajane gedoen moet word.

Die minister noem verder in sy hofstukke die feit dat Mkhwebane die president versoek het om haar van ʼn implementeringsplan te voorsien rakende haar aanbeveling dat Mohajane gedissiplineer word, is ʼn skending van die beginsel van skeiding van magte.

“Dat daar vooraf goedkeuring deur die OB gegee moet word oor die implementeringsplan veroorsaak dat die regstellende stappe neerkom op ʼn ongrondwetlike oortreding van die skeiding van magte aangesien dit die president se grondwetlike uitvoerende mag om direkteurs-generaal aan te stel en te dissiplineer oorneem en dié mag in die OB se hande laat,” lui die tesourie se verklaring.

Mboweni sê hy aanvaar Mohajane se verduideliking dat ʼn ondergeskikte sy aansoekvorm ingevul het en dié persoon nie geweet het van sy strafregtelike oortreding nie. Mohajane beweer hy het die vorm geteken sonder om dit eers sorgvuldig deur te lees.

“Die vorm is voltooi deur die respondent se afdelingsondersteuningsbestuurder en hy [Mohajane] het versuim om seker te maak alles is korrek voordat hy dit geteken het. Dit was ʼn oorsigfout aan sy kant en Mohajane aanvaar volle verantwoordelikheid hiervoor.”

Mboweni voer aan die nasionale tesourie was ten volle bewus van Mohajane se skuldigbevinding voordat hy vir die pos van direkteur-generaal aansoek gedoen het en dit alleen maak die OB se bevindinge irrasioneel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Anton Hugo ·

Ek het al moed opgegee om kommentaar te lewer, maar is ek dom of was die laaste dop te sterk.
Lees ek reg, is hulle nou hooggeregshof toe oor ‘n spoedoortreding?
Kan seker nie wees nie.

Cherokee ·

Betreffende die kriminele rekord weens ‘n spoedoortreding, hy ìs skuldig want hy is anc.

Gert van Wierdapark ·

Dit word nie goedgekeur nie, maar die feit is dat die OB sekerlik belangriker sake het om diewe in die sisteem vas te trek as om nou te probeer indruk maak hier. Lyk my sy het haar mes in vir die Reserwebank en dinge rakende finansies Miskien moet Min Tito tog maar vir haar n “verhoginkie” oorweeg of oorveeg.

Lynette ·

Die OB raak meer belaglik by die dag. Werklike kriminele sien sy nie raak nie, maar met twak sal sy aangaan!!!!

Rupert Ashford ·

Onthou waar sy vandaan kom en wie haar aangestel het. Agendas….

Jan pierewiet ·

Spoed = Krimineel = veroorsaak dood
Onskuldige.mense se dood.
Hanteer spoed as krimineel. Daar is geen verskil in dood van geweervuur of ongeluk deur spoed. Dood = Dood.

WitBlits ·

Spoed = kriminelerekord
Spoed in fatale ongeluk = dood = Dudu…..
Onwettige vuurwapen = dood
Onwettige aanwending van mes = dood
Onwettige gebruik van stomp voorwerp = dood

DOOD soos hierbo uiteengesit = MOORD = DOODSTRAF!!!

Carel ·

Spoed maak nie noodwendig dood nie
Onbevoegde bestuurders wel
Ons hou ons op met nietighede

Ralph ·

So as jou die spoed oortree is jy n krimineel? As jy bedrog pleeg en korrupsie pleeg is jy maar net n minister of staatshoof.

Ai ja jai ·

Ralph, ter inligting, as jy die wet oortree en skuldig bevind word, is jy ‘n krimineel. Of it nou loop op die snelweg of spoedoortreding of dronk op straat. Tito Mboweni se ware kleur kom nou uit. Watter belaglike snert is dit dat ‘n ondergsekikte die man se vorm ingevul het en hy dit self nie deurgelees het nie en geteken het. Geen hof gaan daardie snert glo nie. Winnie Mandela het dit probeer in die Pretoria Handelshof en is skuldig bevind aan bedrog. Gepraat van rasioneel en irrasioneel – geen rasionele volwaasene teken ‘n voltooide vorm as hy/sy dit nie deurgelees het en saamstem nie, tensy hy/sy bedrog wil pleeg soos hierdie man. En die belastingbetaler betaal vir Mboweni se irrasionele hofaansoek.

ne ·

Het die OB nie groter en leliker sake om te ondersoek nie? Sy kan gerus ‘n paar tips by haar voorganger kry. Wat van die beskerming van anc mense by die suiwelplaas? Toe smeer sy alles lekker toe om anc pelle te beskerm.

Tokkolos ·

Aiai
Ek werk saam sy vrou
Sy baie vinnig om rassekaart rond te gooi by werk
Ek vermoed daar is baie meer agter sy spoed oortreding
Wonder maar net

Gert J ·

Hardloop hoog geregshof toe vir dit terwyl hulle eerder moet konsentreer op die korrupsie vervolgings. Dis top prioriteit. Nou spoed. HA HA lagwekkend

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.