Mboweni in nóg ʼn gewigtige pos aangestel

Minister Tito Mboweni. Foto: Parlement

Tito Mboweni, Suid-Afrika se minister van finansies, is aangestel as ʼn lid van die raad van trustees van die Afrika-unie (AU) se vredesfonds.

Dié fonds finansier bemiddelings- en voorkomende diplomatieke bedrywighede, institusionele kapasiteit- vereistes, en vrede-ondersteuningsbedrywighede.

Die departement van finansies het Sondag gesê die aanstelling van die trustees van die Afrika-unie se vredesfonds is ʼn sleutelstap in die implementering van die finansiering van die AU se agenda as deel van die voortdurende institusionele hervormingsproses.

Luidens die departement is die rol van die raad van trustees om strategiese samehang en verbeterde bestuur asook finansiële en administratiewe toesig oor die vredesfonds te verseker.

Mboweni het ook op die Afrika-unie se hervormingbestuurskomitee gedien wat deur pres. Paul Kagame van Rwanda saamgestel is. Die samekoms van die Afrika-unie in Julie 2016 in Kigali, Rwanda, het Kagame verplig om ʼn studie voor te berei oor institusionele hervorming van die Afrika-unie.

“Ek is verheug dat die Afrika-unie my gevra het om op die raad van trustees van die vredesfonds te dien. Die skote van gewere in Afrika moet werklik stilgemaak word,” het Mboweni in ʼn verklaring gesê.

Mboweni is ook die goewerneur van die Nuwe Ontwikkelingsbank, voorheen bekend as die Brics-bank.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

leser ·

@antjie
stem saam met jou
ons sal maar sien wat gaan hy aanvang

IK ·

Wonderlik hoedat ‘n naamsverandering ‘n huppel in die stap teweeg bring. Of is dit eerder ‘n kruppel in die stap . . . ?

Grassie ·

As die minister ‘n baie senior pos by die Brics-bank (Nuwe Ontwikkelingsbank) beklee is dit logies dat hy die land se finansies al verder gaan wegskuif van die Westerse ekonomie af na die Bricslande toe, waar Sjina ‘n baie senior vennoot is. Dit sal Sjina se aanslag op ons ekonomie baie makliker maak sodat dit kort voor lank in ‘n wurggreep kan ontaard. Ek begin nou wonder of sy aanstelling uitsluitlik in belang van ons land gemaak is en of daar nie dalk ‘n ander agenda was (is) nie. Ons het tog al gesien dat die ANC feitlik altyd ‘n verskuilde agenda het in alles wat hulle doen.

John ·

Ja die ANC hoop ons bakhand blink meer vir ons eie meneer… SA the darling of the world… om voorgetrek te word.

marous ·

Hy gaan genoeg tyd he daarvoor , want hier is geen ekonomie om te bestuur nie .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.