Mboweni ingesweer as minister van finansies

Tito Mboweni, minister van finansies (Foto: ANA)

Tito Mboweni, voormalige president van die Reserwebank, is Dinsdag ingesweer as die nuwe minister van finansies ná Nhlanhla Nene se bedanking.

Nene het Dinsdagoggend sy bedankingsbrief by pres. Cyril Ramaphosa ingedien nadat hy voor die Staatskapingskommissie beken het dat hy herhaaldelik met die Gupta-familie vergader het. Ramaphosa het gesê dit is ʼn teken van Nene se integriteit dat hy aangebied het om te bedank. Nene was van mening dat die onthullings met sy werk as minister van finansies sou inmeng.

Mboweni is in 1999 as goewerneur van die Reserwebank aangestel en hy was 10 jaar lank in dié amp.

Ná hy by Tuynhuis ingesweer is, het Ramaphosa sy blad geskud en geskerts: “Jy kan nou gereed maak vir jou eerste kabinetsvergadering môreoggend (Woensdag).”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Nettie ·

Hulle moet eerder vir Trevor Manuel terugkry in dié joppie – na my mening was hy die beste finansies minister nóg!

Hannetjie ·

Mnr Mboweni sal beslis ‘n baie goeie Minister wees.Baie geluk Mnr Mboweni.Kom help ons nou uit die gemors uit

Elsa ·

Netta, Trevor is n ingeneur. Sonder die span wag agter hom gestaan het, beteken hy niks. En daardie span is almal met pensioen – jare gelede al.

Paul ·

Baie geluk dat ons nou vooruit kan beweeg, ek hoor my spaarvarkie se leë maag grom.

Maar hier is baie belankrike nuus, “die EFF het dit verwelkom”, basuin sekeres in die media dit uit. Skuus dat ek so sinies oor die EFF is, maar ek het werklik gedink hulle kan hierdie één keer met blootstelling gelos word. Wat maak hulle so spesiaal dat hulle elke keer as iets belangriks gebeur bygesleep word?

Ja Nee ·

Dankie tog ons is ontslae van nog n korrupte minister…. Hoop van harte Tito gaan die “straight and narrow” pad volg.

TLC ·

Ons weet wat het ons gehad
Ons weet nie wat ons kry nie
Dalk n mke in China

Snowball ·

Google: “Tito Mboweni trends for expressing EFF ideas.”

AW ·

Integrity?????
Integriteit?????
Na soveel Jare…. Tydsverloop…. ASB !!!

Waarheid ·

So hy is ook n eff aanhanger.Al hoe meer dinge val nou in plek met Siener se skrywes.Dankie tog dat baie van ons nie blind is nie.

Sarel Strydom ·

Ek dink hy het homself reeds bewys met die Reserwebank. Gelukkig nue weer naam uit hoed getrek soos Zuma nie.

Paul ·

Hy het daar vaste strukture en beleid gevolg, nou kan hy die poppe laat dans en wetgewing na die tafel toe bring.

Adam ·

Uiteindelik is Tito Mboweni waar hy hoort. Uitstekende aanstelling

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.