Mboweni nou bekommerd oor Moody’s

Tito Mboweni, minister van finansies. Foto: Shayne Robinson/SAPA

Tito Mboweni het sy kommer uitgespreek dat Moody’s nie Suid-Afrika se beleggingskredietgradering van Baa3 gaan behou wanneer dié agentskap vandag (Vrydag) sy assessering uitreik nie.

“Fitch is ook glad nie beïndruk met ons nie. Hulle het aan ons gesê dat ons nie naasteby genoeg gedoen het nie. Moody’s het gesê dat hy Vrydag sy verslag sou uitreik en ons kyk tans baie versigtig na ons fiskale standpunt,” het Mboweni Donderdag gesê tydens ʼn gesamentlike sitting van die parlement se staande en geselekteerde komitees van finansies en sy geselekteerde komitee van toedelings.

“Dit lyk glad nie goed nie,” het hy bygevoeg.

Die kommer wat hy uitgespreek het, kom ʼn dag nadat Mboweni sy mediumtermynbegrotingsrede ter tafel gelê het. Hierin is Suid-Afrika se groeivooruitsigte vir die jaar gesny tot slegs 0,5%. Mboweni het ook gewaarsku dat, soos dinge nou staan, Suid-Afrika se skuldlas teenoor sy bruto binnelandse produk meer as 70% sal wees.

Die minister is uit alle oorde gekritiseer omdat hy nie maatreëls getref het om Eskom se skuldlas te herstruktureer nie, wat as die grootste risiko vir die land se ekonomie geag word.

Moody’s is die laaste van die groot internasionale graderingsagentskappe wat Suid-Afrika se skuld as beleggingsraad geag het. Sekere ekonome bespiegel egter dat Moody’s moontlik nie die land se kredietgradering botweg gaan afgradeer nie, maar dat hy slegs sy vooruitsigte na negatief sal wysig.

Dit is egter steeds nie goeie nuus nie omdat die volgende logiese stap dan ʼn afgradering sal wees.

S&P Global en Fitch, die ander groot graderingsagentskappe, het reeds die land se skuld afgradeer na sub-beleggingstatus, ook bekend as rommelstatus.

“Daar sal geen oorweging wees om vir Eskom skuldverligting te bied totdat die beleërde kragverskaffer nie enige toewyding of vordering toon in die implementering van die ontbindingsbloudruk wat deur Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, die week bekend gemaak is nie,” het Mboweni Woensdag gesê.

Hy het weer gewaarsku dat finansiële hulp aan openbare ondernemings nie meer in die vorm van lenings gebied gaan word nie. “Die land is op pad na ʼn skuldstrik. Die enigste manier waarop ons hier uit gaan kom, is om uitgawes te sny en om sekere bates te verkoop.”

Mboweni het verder teruggekap na kritici wat gesê het dat die skuld nie die probleem is nie, maar eerder waaruit die skuld bestaan. “Natuurlik maak skuld saak, want dit is die eerste aftrekking op die land se fiskus. Dit beteken dat daar minder geld vir gesondheidsorg, opvoeding en ander dienste is.

“As jy nie ʼn reserwe geldeenheid- land is nie, kan jy sweerlik nie die hoë skuldvlakke bekostig nie,” het hy afgesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

wraggies ·

Wat verwag jy Mboweni, jy kan seker nie verras wees nie, of is julle weer “geskok”.

Leon ·

Hulle wil nie SEB en grondgrype en minimum lone afskaf nie, so ons gaan maar net verder onder. Die skippie bly maar net sink omdat hulle meer en meer albatrosse inlaai.

marous ·

Een rat bestuur vir 26 jaar en dit was oop ketels ….agteruit . Wat het hierdie mense
verwag ?

Jaco ·

Ek is nie n ekonoom nie maar ek kan nie sien dat Moody’s net stabiel na negatief gaan verander nie. Stel die onafwendbare net verder uit en sit die buitelandse beleggers onder groter risiko

Ekke ·

Nou eers? Julle moes bekommerd geraak het toe julle in die poste aangestel is.

HPV ·

Nou skielik bekommerd, seker omdat hulle begin besef die geld is op, weg, gedaan en daar is toe nie ‘n kamertjie waar iemand onbeperk sit en geld druk nie.
Persoonlik dink ek die bekommernis gaan dat daar niks meer is om te plunder of te laat verdwyn nie. Die gans met goue eiers bestaan toe nie.

AB ·

Aan Tito en die res van die regering! Julle gaan nie hier uitkom nie! Julle gaan rommelstatus nie kan vermy nie! Julle gaan die totale ineenstorting van ons land en sy ekonomie nie vermy nie! Want julle is tot niks positief instaat nie!!!

Asjas ·

Baie mense raak vies vir ons wat so voel maar ek wens ook hierdie land wil nou sy gaai goed sien sodat ons weer van onder af kan begin die land opbou van niks soos destyds gedurende sankies teen SA.

VAT ·

Ag dis nie n krisis nie, dis net n “challenge” ! Als is mos net n “challenge”, luister maar ons geleerde politici.

Rudy ·

Why does the minister of finance and the president wake up now when it’s too late. Since 94 the whole new democratic rule is where on the gravy train milking the funds of South Africa and didn’t care a rat’s ass of what is happening to this wonderful country of us. Who are they going to blame for this Van Riebeeck or Apartheid? Give your appointment back to white ruling and we will turn it around within five years. We have equipped engineers for eskom but the new government don’t want them. So the forecast for South Africa is not be good for us because we don’t matter and we have all the know-how how to run something economically and sufficiently.
This is why so many white South Africans leave this country to take their expertise and know-how to countries who find them useful and an asset to their own countries.

m ·

Ja Rudy, ek verstaan ook nie lekker hoekom ou Tito gepla is nie, want Moddy’s, Fitch en al die graderings agenskappe bestaan tog ook maar net meestal uit wit mense wat hulle werk doen!!
Die ANC wil mos nie wit mense in die land he nie, vat ons plase, gee ons affirmative action, so Moody’s volgens hulle populistiese politics behoort nie redig vir hulle te pla nie, behalwe nateurlik as dit die gravy train tot ‘n stotterende stop gaan bring!!

Rudy ·

Why do they worry now because they’ve already driven this country down the drain since 94.

jaco ·

Ryk wit mense wat in ryk gesofistikeerde moderne veilige wit lande in die noordelike halfrond bly, sit en gradeer veral nie-wit lande af en “straf” hulle omdat hulle nie wit eerstewêreldse beginsels in hulle ekonomieë toepas nie. Intussen kry die gewone mense in daardie afgegradeerde rommelstatus lande die swaarste, want nou styg pryse van petrol, kos ens en werkloosheid neem toe. Hierdie graderingsbesighede is eintlik ook maar lekker rassisties. Gradeer hulle ooit Duitsland af? Of is hulle eie 1ste wêreldlande se ekonomieë absoluut 100% volmaak?

Jimmy ·

Ontwikkelde ekonomië is dikwels onder druk en word wel van tyd tot tyd afgegradeer. Maar hulle werk onmiddelik daaraan om die probleme aan te spreek. Byvoordeel, die PIGS lande het ongewilde besnoeïngs ingestel om uitgawes te beperk. Dis nie soos hier waar regeringsleiers dink dis ‘n westerse grap nie.

Werner ·

Jaco as jy nie weet waarvan jy praat nie bly liewer stil voor 94 was ons standaarde baie goed daar was n tyd toe die dollar swakker as die rand was die simpel rede daarvoor was dat ons staatspresidente gewoonlik gegradueerdes was en die mense wat in beheer was van finansies het eintlik geweet wat daar aangaan hulle het nie konsultante nodig gehaad nie kry liewer vir Dawie Roodt om Tito se werk te doen dan sal jy nie die verskil kan glo nie

jaco ·

so dis “reg” dat ons “gestraf” word en maar net meer en meer en meer vir alles betaal???
en Moodys en soortgelykes se houding van “non-white governments are simply incapable of doing things like us”is blykbaar ook “reg”???

James ·

Ek sal beleggers aanraai om nou te ontrek voor julle meer verloor.

Feite ·

Dat die ANC regering onder aanvoering van CR, Gordhan, Mboweni en Mantashe nie genoeg gedoen het nie is n “under statement”, want hulle het niks gedoen om die staatskaping status quo te verander nie. Hulle het bloot kaders herontplooi en onregmatige botallige kaderstrukture by SOE’s behou en met kommissies van ondersoeke en lippetaal probeer om belastingbetalers, pensioenfondse, privaatfondse en beleggers te paai en te mislei. Die ANC het die rand van “white monopoly capital” met opset laat val en wou met die “white monopoly capital” wat nog oor is die rand weer laat optel deur die ANC vir die ANC. Dit wil nou nie lekker realiseer nie wat beteken dat die ANC dinge gaan laat lelik raak om hul sin te kry. Indien die ANC nie hul sin kry nie mag hulle dalk voor nasionalisering die rewolusie van stapel stuur in plaas van na nasionalisering!

Trojaanse Donkie ·

En die R3 triljoen rand opgehoopte skuld wat elke sekond meer word gaan nog die ANC regering se sak verder skud. Nou is dit weer ons kans om klippe te gooi. Die duitsers noem dit ” schadenfreude”.

Ralph ·

Hulle moes in 1994 begin worry het oor die dag. Al wat hulle moes doen was om die geskiedenis van Afrika na te slaan.

Michael P ·

Hierdie ANC regering het hierdie land so op gemors dat Dawie Roodt dit nie eers in n 100 jaar sal kan reg ruk nie

Huilerig ·

Nou word daar weer gehuil omdat sekeres nog nooit hoë standaarde kon handhaaf nie terwyl hulle seker verwag dat almal hulle sub-standaarde moet omarm.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.