Mboweni ontken gerugte dat hy bedank het

Tito Mboweni, minister van finansies, het ontken dat hy bedank het en het gerugte in dié verband as kwaadwillig afgemaak.

“Ek is hier as minister van finansies. Ons het werk om te doen. Soveel om te doen: Herstel ons ekonomie. Geen tyd vir kleinlikheid nie,” het Mboweni op Twitter laat hoor.

Pres. Cyril Ramaphosa het Mboweni verlede week op die vingers getik oor uitlatings wat hy op sosiale media rakende Edgar Lungu, president van Zambië, gemaak het nadat Lungu die hoof van die land se sentrale bank afgedank het.

“Presidente van Afrika moet ophou met hierdie onsin om een oggend wakker te word en te besluit om die president van ’n bank af te dank. Waarom doen ons hierdie dinge as Afrikane? Die president van Zambië moet aan ons redes verskaf waarom hy die president [van die sentrale bank] afgedank het, anders is die hel op pad. Ek sal mobiliseer!” lui een van Mboweni se inskrywings.

Ramaphosa het in ʼn verklaring gesê dat dié opmerkings nie die siening van die Suid-Afrikaanse regering en sy mense weerspieël nie.

Mboweni het later die inskrywings van Twitter verwyder. Dit is egter nie die eerste keer dat sy omstrede twiets hom in die moeilikheid laat beland nie.

Hy het oor die jare in bekgevegte op Twitter betrokke geraak, onder meer met die Gautengse premier, David Makhura. Mboweni het onder meer uitgevaar teen motoriste wat nie e-tol betaal nie en die gesprek het so vurig geraak dat Ramaphosa moes ingryp om die twee stil te maak. Hy het ook al voorheen gewelddadige betogings gekritiseer en kommentaar gelewer op die privatisering van die Reserwebank.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
Werner

Ons het mos nou al gesien waar n rokie trek .Hy kan maar netsowel bedank hulle steur hulle nou nie juis aan hom nie

Bittergal

Hy kan maar bedank, ek sal hom nie mis nie. Hy en sy mede Anc kommuniste het die land se ekonomie klaar afgebreek.

Cornelius

Laat ons hoop hy bedank nie want hy is die enigste een met n brein in die ANC.

JohanR

Wonder as Mboweni waai, of die “Weekend Special” Des van Rooyen sal aangestel word…..en daar wal ek al weer van my stoel af van die lag! In Engels se mens “you just cannot make up this…..!”

christo

Tito Mboweni besef die ekonomiese gevolge van die wanbestuur van die ANC. Dit wat hy kwyt geraak het van die Zambiese president wat die goewerneur afgedank het, is nie ongegrond nie. Ramaphosa het voete van klei. Sy stilswye oor Zimbabwe en Zambië beteken kondonering van die korrupsie in daardie lande. Wanneer buurlande se ekonomieë vou, word die toestroming van onwettige immigrante na SA groter. Ek is nie ‘n groot aanhanger van Donald Trump nie, maar hy neem duidelik standpunt in. As SA ‘n belangrike rol wil speel in Suidelike Afrika, sal Ramaphosa standpunt moet inneem. Stilswye wérk nie.