Mboweni onttrek as LP

Tito Mboweni Foto: techcentral.co.za

Tito Mboweni Foto: techcentral.co.za

Tito Mboweni, voormalige goewerneur van die Reserwebank, het homself nie as lid van die parlement beskikbaar gestel nie.

Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het Dinsdag dié aankondiging tydens die ANC se koukusvergadering bekend gemaak. Hy wou nie Mboweni se redes vir die onttrekking bekend maak nie. Mboweni het glo ʼn brief aan die ANC gerig. “Ek dink nie dit sal eties wees om die inhoud van die brief bekend te maak nie,” het Mantashe gesê.

Mantashe het gesê Mboweni sal iets anders doen wat in die beste belang van die land en homself sal wees.

Daar was spekulasie dat Mboweni moontlik Pravin Gordhan as minister van finansies sou vervang. Gordhan, wat nie ʼn LP is nie, is in 2009 aangestel. Die wet laat die president toe om twee kabinetministers en twee adjunkministers, wat nie LPs is nie, aan te stel. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peter Says ·

Geen wonder nie, tot hy kan sien…We’re on the road to nowhere. ?.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.