Mboweni oor ekonomiese beleidsbesluite in korona-mynveld

Minister Tito Mboweni tydens sy toespraak by die begrotingsrede (Foto: South African Government, Twitter)

Die minister van finansies, Tito Mboweni, het ʼn ernstige waarskuwing aan die publiek gerig dat die Suid-Afrikaanse ekonomie vanjaar na verwagting met ʼn verbysterende sowat 6% kan krimp, grootliks weens die koronavirus en gepaardgaande landwye afsondering.

Volgens Mboweni was die verwagting slegs twee weke gelede dat die nasionale ekonomie, wat in elk geval voor die koronagebeure al gesukkel het, vanjaar met 0,2% sou krimp.

“Toe kom die koronavirus en alles verander. ʼn Driedubbele ramp het Suid-Afrika getref. Eerstens is daar die gesondheidsramp. Tweedens is daar die wêreldwye ekonomiese ramp. Derdens is daar die unieke eienskappe van die Suid-Afrikaanse ekonomiese ramp. Omtrent al goeie nuus is dat Suid-Afrika nie ʼn olie-uitvoerder is nie, anders was ons nog dieper in die moeilikheid,” het Mboweni gesê.

“Die owerheid doen wat hy kan om met werkloosheidversekering, mediese toetsing en hulp, maatskaplike toelaes en laastens voedselhulp aan die heel armste gemeenskappe ons mense te help, maar ons stelsels word tans met aansoeke oorstroom,” aldus die minister.

Mboweni het die omvattende verlaging van een persentasiepunt in die uitleenkoers verwelkom as ʼn manier om ʼn bietjie geld in die sak van die geskokte verbruiker te sit.

Hy het gesê ʼn ander baie positiewe eienskap waar Suid-Afrika aansienlik beter daaraan toe is as byna alle ander lande is die krag en streng regulering van Suid-Afrikaanse banke.

“Minder goeie nuus is dat die ekonomiese gevolge van die koronavirus ons fiskale werklikheid heeltemal verander het,” aldus Mboweni. Hy het gewaarsku dat die nasionale tesourie uiters binnekort omvattende veranderings aan belasting bekend gaan maak.

Dit sal dan as voorgestelde wetgewing by die parlement ingedien word, waar parlementslede dit sonder veranderings kan goedkeur, met veranderings kan goedkeur, of in die geheel kan afkeur.

Byna alle leidende ekonomiese en politieke waarnemers het dit eens dat Mboweni tussen die lyne twee belangrike en omstrede moontlikhede opper sonder om dit reguit te sê.

Eerstens kan ʼn heeltemal nuwe nasionale begroting miskien opgestel word, en tweedens moet die moontlikheid van spesifiek koronaverwante hulp en lenings van die Wêreldbank en die Internasionale Monetêre Fonds deur en vir Suid-Afrika oorweeg word – veral omdat die Wêreldbank en die IMF aansienlik minder struktureel en inhoudelik voorskriftelik is oor koronahulp as oor hul ander ekonomiese stimuluspakette.

Daar is alle rede vir Mboweni om polities katvoet te loop, want die IMF en die Wêreldbank is vir die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party, Cosatu, ʼn baie groot deel van die ANC-ledetal en die EFF waarskynlik die twee mees gehate organisasies ter wêreld.

Dit word trouens gereeld, luidrugtig, by herhaling en tot algemene instemming van afgevaardigdes by die meeste ANC-kongresse en by absoluut alle kongresse van die SAKP, Cosatu en die EFF gesê: Om wat ekonomiese stimuluspakette betref met die IMF en die Wêreldbank saam te werk, is gelykstaande daarmee om jou siel vir die duiwel te gee, en Suid-Afrika moet of kan dit nooit doen nie.

Dit is dus goeie politieke taktiek vir Mboweni om uit die giftige stryery daaroor te bly en die besluit aan ANC-leierstrukture oor te laat, verkieslik ʼn breë ANC-beleidsvergadering soos die party se nasionale algemene raad, wat vir omstreeks Augustus beplan word.

Die voorsitter van die ANC se ekonomiese beleidsgroep, Enoch Godongwana, het vandeesweek gesê hy meen Suid-Afrika moet wel die EFF en Wêreldbank se ekonomiese stimuluspakette vir spesifiek die gevolge van korona gebruik.

Daarmee is die tafel gedek vir die giftigste ideologiese en politieke burgeroorlog in baie, baie jare binne die ANC en die linkse politiek. Die uiteindelike voortvloeiende beleidsbesluit sal ernstige gevolge vir die land se mediumtermyn-welstand inhou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Kobus ·

Mnr Mboweni,u is korrek.Die rampe speel ‘n rol.Die buitelandse rampe is buite ons beheer,maar die Ekonomiese ramp in SA is die produk van die regerende party.U party,die ANC is hiervoor te danke.SAL word met emosie aan die lewe gehou,Eskom is ‘n tans ‘n bodemlose put,die SAUK soek fondse.U en die ANC probeer almal paai,maar werkloosheid,hongersnood en armoede is nie eintlik prioriteite nie.Hef die lockdown op.U wil 53 miljoen mense red van die virus maar daarna is daar 53miljoen honger mense.Dan klop ons weer by die buiteland aan want dit is mos nie “ons” skuld nie.

Nie Verbaas ·

Om saam met IMF en Wereldbank te saam te werk gelykstaande as om jou siel vir die duiwel te gee? Nee Magashula en vakbonde, julle is bang om julle mag te verloor agv vereiste gestruktureerde reels en regulasies. Waar is die land nou in elk geval deur ANC se wanbestuur en plundering?

Tino ·

IMF sal seker see BEE is ‘n nee nee en korrupsie ook uit. DInk daar kan baie goed uit hierdie situasie kom

Werner ·

Kon dit nie beter stel nie Kobus die feit dat ons rommelstatus bereik het het niks met corona te doen nie hulle het nou maar net n lekker verskoning gekry anders was dit weer apartheid se skuld

Genis ·

Die ANC en staatkapings vuris is hiervoor venantwoordelik… ek heet not te sien wie gaan tronk toe?

Fedup ·

Tito, you have hit the nail on toes, not heads. With our growing economical crisis, job loses and crime, thanx to the anc with their affirmative shopping the last 20 odd years of the countries money and what not, the political war for power within the anc became a big attraction for China to participate in shoving that boot deeper each year. I really doubt that the last little piece of the economy can take more punishment. Time for a major decision and shuffle within your government. Stop talking and do something about it.

Pieter ·

Die grootste ramp is die ANC, EFF en al hul politieke meelopers en stemvee, dit is soos die Duiwel in die prentjie. Tito se Februarie begroting is in sy peetjie in, al die inkomste van sondebelasting is verlore tydens die staat van inperking wat ‘n baie dom besluit was want hoe gaan die balanstaat nou klop? Nou dreig hy met belastingverhogings nadat die Reserwebank sy repokoers verlaag het. Duidelik wil hulle ons mense armer maak sodat ‘our people’ hul ondersteuning van die staat verder kan geniet en weer vir die ANC kan stem in ‘n volgende verkiesing. Hy moet katvoet loop vir burgelike opstand namate mense honger en desperaat word.

Jessey ·

Ek wonder maar net of die omvattende veranderings wat hulle gaan voorstel hom nie dalk harder gaan byt as wat hy dink nie. Wonder net. “Short Term gain for a long term loss”? Stem saam oor die sondebelasting, baie geld word net weggegooi. En waar is die Buitelandse reserwes waaroor ander dag so op TV gespog is? Iets soos R 800 Biljoen?

Boerkind ·

My wêreld… is Mboweni geskok oor die sameloop van omstandighede? Verbeel jou! Sou die ANC / EFF / Linkse Kommunistiese vennote EN staatskapers nie hier gewees het nie sou die prentjie positief gewees het… Staan ‘n slag opsy man! (In beskaafde taal gesê)…

Jaco ·

Mark my words: direk na inperking verby is, gaan regstellende aksie en BEE in hulle totaliteit toegepas word en binne ‘n jaar gaan onteiening sonder vergoeding begin. Die ANC-regering gaan die ekonomiese gevolge van inperking baie gerieflik gebruik om wit Suid-Afrikaners finaal te onderdruk.

Cherokee ·

…en rommelstatus is toe nie deel van Mboweni se woordeskat nie. Die oplossing gaan klaarblyklik weer by die persoonlike belastingbetaler gesoek word.

Gerhard ·

Die spul kommuniste sien die wereldbank as iets van die duiwel ?? Maar hulle staan hand om die blaas met China ???? Weet hierdie spul idiote wat om hulle aangaan ???

marius ·

Die virus is net ‘n laaste lang spyker in die doodskis wat se deksel wat jare terug opgesit is . Hierdie gaan weer as verskoning gebruik word vir donkie jare . Dis die waarheid .

Remlut ·

Die anc is heimlik verheug oor Covid-19. Dit kan nou vir die volgende 30jaar blameer word vir alles wat verkeerd is of verkeerd gaan vorentoe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.