Mboweni oor stryd teen beleidsonsekerheid

Tito Mboweni. Foto: Elmond Jioyane/GCIS

Die regering is besig om te vorder met die uitskakeling van beleidsonsekerheid, wat ekonomiese groei en buitelandse investering beduiwel, meen Tito Mboweni, minister van finansies.

Hy het geantwoord op ʼn skriftelike parlementêre vraag van die DA-LP Michael Shackleton oor watter vordering gemaak word met die uitroei van die beleidsonsekerheid waarna hy in verlede jaar se toespraak tot die aanvullende begroting en vanjaar se begrotingsrede verwys het.

Mboweni het by nege beleidsaspekte stilgestaan, te wete visumvoorwaardes, mynbou, die petrolprys, staatstenders, die telekommunikasiespektrum, hernieubare energie, energiebeplanning, grondhervorming en beter bestuur van Eskom.

Mboweni het uitgewys dat geboortesertifikate nie meer vereis word vir buitelanders wat na en van Suid-Afrika wil reis nie, wat toerisme en belegging sal aanmoedig. Dit is reeds in die Staatskoerant gepubliseer en is dus van krag. Voorts word ʼn nuwe e-visumstelsel tans in Suid-Afrikaanse ambassades en konsulate ingestel, met Nieu-Seeland as proefkonyn.

Wat mynbou betref is ʼn nuwe mynboumanifes daargestel en die Wetsontwerp op die Ontwikkeling van Minerale- en Petroleumhulpbronne is nie meer regeringsbeleid nie. Skeiding gaan gemaak word in die regulering van die eksplorasie van olie en gas, onderskeidelik.

Wat staatstenders betref word daar volgens Mboweni gewerk aan ‘n hersiening van die Nasionale Tenderwet (National Procuremant Act) om maatskappye waarin swart mense en vroue groot belang het, te bevoordeel. Hy het egter nie verwys na enige plan van die regering om ʼn openbare tenderstelsel soos wat in die Wes-Kaap bestaan, in te stel nie.

ʼn Uitgebreide telekommunikasiespektrum behoort volgens Mboweni teen die 2020/2021 finansiële jaar in werking te wees.

Wat hernieubare energie betref word daar tans met 27 onafhanklike elektrisiteitsvoorsieners saamgewerk, en die nuwe geïntegreerde hulpbronplan vir energiebeplanning dien tans voor die parlement.

Oor grondhervorming het die minister uitgewys dat ʼn presidensiële adviesraad daargestel is om pres. Cyril Ramaphosa van raad te voorsien, en soverre dit Eskom en ander staatsbeheerde ondernemings aangaan, het Mboweni onderneem dat verskeie planne van krag is om beter bestuur te verseker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Johan ·

Níks sal vir die beter verander nie. Nie n enkele ding nie. Dis verseker.

? leser ·

geen geboorte sertifikate nie, dis hoekom daar meer “buitelanders” in sa is as wat daar sa boorlinge is

Johanna Botha ·

Al beleid wat seker is is dat SA aan die afgaan is …kyk om jou ons lewe in n dump …alles gebreek met skelms om elke hoek en draai.

Ben Potgieter ·

Vir die afgelope 25 jaar het die huidige sodanige demokratiese regime die land die grond in bestuur.Wat nou gaan verander sal net die duiwel weet.Weereens 9 nuttelose planne waar daar nie veel van sal kom nie.Solank ‘n sin gaan begin dis vir swart mense en vroue wat voordeel gaan trek kan jy maar weet die ondemokratiese stelling gaan net sekere mense bevoordeel met korrupsie daarby ingereken.Sover ek verstaan beteken demokrasie almal is gelyk,maar nie onder ANC beleid nie.Hulle werk hard daaraan om die witman en sy kultuur orals uit te werk.Waar ons graag ‘n bydrae sou wil maak tot die opheffing van ons land ,was ons letterlik gedwing om uit bestuurs posisies pad te gee om vervang te word met onbekwame mense gekies volgens velkleur.Rassisme ? Nog nooit nie.

marous ·

Beduiwel is al ‘n kwart eeu besig en sit saam met hom planne smee . Dis wat dit is

BEES ·

Alles in sy kanon.Maak nie saak wat se planne hulle maak nie.En wie moet ons bedank
African
National
Corruption

Dries du Toit ·

So so waar. As gevolg van BEE maak duisende besighede hulle deure toe. Eerlike besighede word gestraf deur hulle onbereidwilligheid om nie in korrupte bedrywighede deel te neem nie. Hulle kry nie meer werk van instansies soos myne, munisipaliteite ,Eskom,SAL,Prasa en alle staats instellings en sekere private maatskappye nie. Dit word gereserveer vir kaders. Ry tussen fabrieke deur en sien hoe vervalle besighede is. Gaan doen ondersoek en jy vind dat dit als die oorsaak is van BEE. Besighede kan dan ten laaste nie meer die sekuriteit om sy eiendom te beskerm betaal nie dan kom die kriminele en beroof die plek tot op die grond. Daar gaan nog niks oorbly in SA nie

Gert van Wierdapark ·

Ek is “Kinderlik opgewonde” oor die min-ister se aankondiging dat “Verskeie planne van krag is om beter bestuur te verseker! Die probleen kom by ‘beter bestuur” in. Om van swak en regstelende bestuur dalkies te spring na 10% beter bestuur, is die betrokke planne van krag eintlik maar nutteloos! As mini-ster van Fin-an-sies skitter sy ster nie meer so helder nie!

Jerry ·

Daar moes in die eerste plek nie beleidsonsekerheid gewees het nie, so dit is nou eintlik mostert na die maal. Wanneer die redes wat verskaf word oor hoekom daar wel beleidsonsekerheid bestaan, ontleed word, dan is dit voor die hand liggend dat dit doelbewus bestaan agv strategiese ideologiese misleidende denke! Beleidsonsekerheid het dus bestaan ten einde revolusionere kaders te kon ontplooi om staatskaping te kon uitvoer en om die klimaat te kon skep vir verandering. Daardie beleidsonsekerheid moet nou uit die weg geruim word om die klimaat te skep vir ekonomiese herstel ten einde revolusionere radikale verandering te kan implementeer! Die revolusionere strukture wat addisioneel tot die werklike poste strukture geskep is by staatsbeheerde entiteite gaan al die bestaande geld opslurp en daarom moet die ekonomie weer op dreef gekry word om te kan aanhou om hulle salarisse te betaal, al werk hulle eintlik in die praktyk vir die ANC en net op papier vir die staatsbeheerde entiteite. Die ANC het nou die “too good to be true” mombakkies op!Sodra die ekonomie weer op dreef is en verandering is geimplementeer, dan sal die proses homself weer herhaal met die vervanging van die “too good to be true” mombakkies met n “the bad and the ugly” mombakkies, gepaardgaande met nuwe beleidsonsekerheid, plundering en klimaatskepping vir verdere revolusionere verandering. Stop alle verdere kaderontplooiing en jy stop die ANC. Wanneer beleidsonsekerheid uit die weg geruim is stop enige toekomstige beleidsverandering en jy stop die ANC!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.