Mboweni verduidelik groeiverwagting van 1,5%

Argieffoto (Foto: stevepb, Pixabay)

Die minister van finansies, Tito Mboweni, het uiteengesit waarom die nasionale tesourie ‘n reële groeikoers van 1,5% vir vanjaar verwag van die land se bruto binnelandse produk, en watter aspekte dit kan beïnvloed.

Mboweni het geantwoord op ‘n skriftelike parlementêre vraag deur die DA-LP Michael Shackleton.

Volgens die minister is die verwagting dat die reële BBP-groeikoers van 0,7% na 1,5% sal toeneem, veral gegrond op ‘n verwagte toename in huishoudelike besteding danksy verhoogde inkomste en makliker kredietverkryging. Hy het nie aangedui of sulke groei berus op salarisverhogings en dus groter ongelykheid tussen werkloses en diegene wat werk het nie.

Mboweni het toegegee dat indiensnemingsyfers na verwagting swak sal bly en dat toenames in beleggings relatief swak sal bly gesien in ‘n historiese konteks, maar dat daar gehoop word dit sal verbeter as kommoditeitspryse styg, as uitvoere toeneem en as sakevertroue sou groei, sodat likiede bates in plaaslike beleggings omgesit word.

Boonop het Mboweni uitgewys dat die regering tans hard werk om beleidsonsekerheid hok te slaan, wat ‘n positiewe gevolg kan hê as beleggers saamstem met die nuwe beleidsrigtings wat ingeslaan word.

Daar is ook binnelandse en buitelandse risiko’s wat groei kan laat verlangsaam.

Sommige van die binnelandse risiko’s sluit in die situasie by Eskom, veral die invloed op kapitaalvloei, die rand se wisselkoers en beleggersvertroue. Beurtkrag kan op sigself ‘n remmende invloed hê, asook enige moontlike omvattende stakings en as die weerstandigheid teen die omsit van likiede bates in plaaslike beleggings voortduur.

Buitelandse risiko’s sluit in stadiger groei in belangrike handelsvennote se ekonomieë, groei of afname in uitvoermarkte, Brexit en die gedrag van Europese banke, het Mboweni bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

14 Kommentare

jongste oudste gewildste
Andreas

Die redes het mos die afgelope 5 jaar en meer dieselfde gebly oor waarom die verwagting elke keer nie realiseer nie, nou waarom nie plan maak nie, daar is nou niks wat julle buitelands kan doen nie, maar julle kon jare gelede ten minste binnelands begin het, o ok en dan is daar nog die grondkwessie en die onsekerheid daaroor wat ook ‘n ‘remmende’, eerder negatiewe uitwerking sal hê, maar dit noem Mboweni nie, want dan erken hy mos hul beleid is die eintlike oorsaak dat die verwagting elke jaar, sommer daar aan die onderkant, in die hek duik.

Oo ja natuurlik

Mmmmm, ja ‘sure’, almal weet in watter rigting “groei” die land. Daarom emigreer gekwalifiseerde mense op strepe en nugter-denkende ouers stuur hulle kinders oorsee.

Andreas

Jan-Jan, julle gebruik die foto daar aan die bokant van jou artikel wat wys hoe mens deesdae met ‘n vergrootglas in jou beursie kyk om iets daar raak te sien. Kom ek vertel jou, ek het ‘n jaar of so gelede eers vir my ‘n 24″ rekenaarskerm aangeskaf waardeur ek my beleggings op die Internet kan beloer. Ek sit ook daardie syfers op Excel in ‘n program in die rekenaar. Maar ek kom later agter ek sien niks beter nie, nou het ek dit op my 48″ TV gekoppel, die syfers wys nou wel baie groter, maar niks verander aan… Lees meer »

sinies

Weereens ‘n belaglike voorspelling.

IK

Daar is mos sommer nou die dag in die paralament gesê dat eskom se kragtekort toe te skryf is aan die ontsettende toename in verbruikers die afgelope anc-jare aan bewind.