Mboweni verduidelik groeiverwagting van 1,5%

Argieffoto (Foto: stevepb, Pixabay)

Die minister van finansies, Tito Mboweni, het uiteengesit waarom die nasionale tesourie ‘n reële groeikoers van 1,5% vir vanjaar verwag van die land se bruto binnelandse produk, en watter aspekte dit kan beïnvloed.

Mboweni het geantwoord op ‘n skriftelike parlementêre vraag deur die DA-LP Michael Shackleton.

Volgens die minister is die verwagting dat die reële BBP-groeikoers van 0,7% na 1,5% sal toeneem, veral gegrond op ‘n verwagte toename in huishoudelike besteding danksy verhoogde inkomste en makliker kredietverkryging. Hy het nie aangedui of sulke groei berus op salarisverhogings en dus groter ongelykheid tussen werkloses en diegene wat werk het nie.

Mboweni het toegegee dat indiensnemingsyfers na verwagting swak sal bly en dat toenames in beleggings relatief swak sal bly gesien in ‘n historiese konteks, maar dat daar gehoop word dit sal verbeter as kommoditeitspryse styg, as uitvoere toeneem en as sakevertroue sou groei, sodat likiede bates in plaaslike beleggings omgesit word.

Boonop het Mboweni uitgewys dat die regering tans hard werk om beleidsonsekerheid hok te slaan, wat ‘n positiewe gevolg kan hê as beleggers saamstem met die nuwe beleidsrigtings wat ingeslaan word.

Daar is ook binnelandse en buitelandse risiko’s wat groei kan laat verlangsaam.

Sommige van die binnelandse risiko’s sluit in die situasie by Eskom, veral die invloed op kapitaalvloei, die rand se wisselkoers en beleggersvertroue. Beurtkrag kan op sigself ‘n remmende invloed hê, asook enige moontlike omvattende stakings en as die weerstandigheid teen die omsit van likiede bates in plaaslike beleggings voortduur.

Buitelandse risiko’s sluit in stadiger groei in belangrike handelsvennote se ekonomieë, groei of afname in uitvoermarkte, Brexit en die gedrag van Europese banke, het Mboweni bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Andreas ·

Die redes het mos die afgelope 5 jaar en meer dieselfde gebly oor waarom die verwagting elke keer nie realiseer nie, nou waarom nie plan maak nie, daar is nou niks wat julle buitelands kan doen nie, maar julle kon jare gelede ten minste binnelands begin het, o ok en dan is daar nog die grondkwessie en die onsekerheid daaroor wat ook ‘n ‘remmende’, eerder negatiewe uitwerking sal hê, maar dit noem Mboweni nie, want dan erken hy mos hul beleid is die eintlike oorsaak dat die verwagting elke jaar, sommer daar aan die onderkant, in die hek duik.

Oo ja natuurlik ·

Mmmmm, ja ‘sure’, almal weet in watter rigting “groei” die land. Daarom emigreer gekwalifiseerde mense op strepe en nugter-denkende ouers stuur hulle kinders oorsee.

Andreas ·

Jan-Jan, julle gebruik die foto daar aan die bokant van jou artikel wat wys hoe mens deesdae met ‘n vergrootglas in jou beursie kyk om iets daar raak te sien. Kom ek vertel jou, ek het ‘n jaar of so gelede eers vir my ‘n 24″ rekenaarskerm aangeskaf waardeur ek my beleggings op die Internet kan beloer. Ek sit ook daardie syfers op Excel in ‘n program in die rekenaar. Maar ek kom later agter ek sien niks beter nie, nou het ek dit op my 48″ TV gekoppel, die syfers wys nou wel baie groter, maar niks verander aan die resultate nie. My vraag dus aan Mboweni, “Hoe maak ek nou?”

Vryheid ·

Jys heeltemal reg BELAGLIK. Die anc vertel dit seker vir almal wat geen benul het van ekonomie is nie. Daar is wynig mense wat finansieel beter af is as verlede jaar.

IK ·

Daar is mos sommer nou die dag in die paralament gesê dat eskom se kragtekort toe te skryf is aan die ontsettende toename in verbruikers die afgelope anc-jare aan bewind.

Jack Sadie ·

Tito,Pravin en Cyril is oulike manne, maar aan die einde van die dag is hulle maar net ANC kamerade…..

John ·

… onthou julle nie… ons stem in Mei… So die regering hou bloot net die blink gepoetse kant bo… al die pad tot by ons X.

Gert van Wierdapark ·

Beleids-onsekerheid? Was onder die in-druk die enigste beleid ter sprake is om die soustrein nie te laat ontspoor nie, ten. Spyte van al die openbarings voor die Kom-missies van Ondersoek en Bo-soek!

Andreas ·

Dis hoekom ek nou einde ten laaste ‘n spoorlyn tot by my voordeur laat aanlê het, ha! en ek het in my agterplaas ‘n silo ingesit waarna die sous gepomp kan word.

Judge Dredd ·

Die laaste 10 jaar:

Begin van jaar – voorspel hoog.
Einde van jaar – eindig laag.

Wie dink hierdie jaar gaan anders wees ?

George in Bloem ·

Hy kan maklik die snert aan sy ANC kiesers verkoop. Hy weet meeste van hulle,verreweg die meerderheid,is nie die skerpste potlode in die pakkie nie. Wat die ingeligte goedgeskoolde minderheid van sy “fairytales” dink skeel hom en sy kader vriende maar min. “In the end it’s nothing but just a numbers game for the votes,plain & simple.”

Anoniem ·

Ek wonder wat sal die groei wees as die werkende Blankes se bydrae nie in berekening gebring word nie. Seker 0.025%. Stop korrupsie en plundering en oorreed eerder die 50 miljoen bakhand staandes om nie te sit en wag vir aalmoese nie.

marous ·

Voer papaja en piesang hout in dan kan daar baie geld gedruk word ….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.