Mboweni vra vir hervorming van begrotingsproses

Tito Mboweni, minister van finansies. (Foto: GCIS)

Die minister van finansies, Tito Mboweni, het Vrydagoggend tydens die virtuele debat oor die begroting gevra dat die hele Suid-Afrikaanse begrotingsproses hervorm moet word tot ʼn stelsel van nulgebaseerde begrotingswerk.

Dit sou beteken dat elke staatsdepartement jaarliks elke lynitem in die begroting van voor af sal moet motiveer. Daar sal geen uitgawe wees wat as noodwendig aanvaar word omdat dit in die verlede so aanvaar is nie.

Dit is dus ʼn deegliker dog tydsamer proses om die begroting op te stel, en Mboweni het gesê parlementslede moet dit maar instudeer, want dis hoe dinge in die toekoms gedoen sal word.

Vanjaar se begroting is heeltemal anders as dié van ander jare omdat dit ingedien is net voordat die koronavirus-epidemie die land getref het, en dus uitgedien is omdat dit nie die algehele afsondering se ekonomiese gevolge kon verreken nie. Dit is dus grootliks ʼn teoretiese oefening aangesien Mboweni, in die lig van die veranderde werklikhede, binne die volgende twee weke ʼn nuwe begroting gaan indien.

Die DA het weer die regering se hantering van die Covid-19-pandemie gekritiseer.

Geordin Hill-Lewis van die DA het gesê die syfers toon dat die staat nie bevoeg is om die leidende ontwikkelingsrol te aanvaar wat die ANC wil voorskryf nie. “Dis nie die virus wat Suid-Afrika se ekonomie op die rand van die ekonomiese afgrond het nie. Dit is die stand van afsondering met sy sinnelose maatreëls – ʼn selfopgelegde ramp deur die ANC-regering,” het Hill-Lewis aangevoer.

Die IVP het by monde van Mkhuleko Hlengwa aangevoer dat die ANC moet ophou om die koronavirus die skuld te gee vir die land se ekonomiese probleme.

“Die ekonomie was reeds in die put voor die virus, soos rommelstatus bewys. ʼn Verdere foutlyn is dat daar nie straf is vir oortreders nie,” het Hlengwa gesê.

Wouter Wessels van die VF Plus het ook aangevoer die land se ekonomiese probleme kan nie op die koronavirus gepak word nie.

“Die land het in gebreke gebly om behoorlik te beplan vir swart swane soos die koronavirus en rommelstatus, en ons pluk nou die wrange vrugte daarvan,” aldus Wessels.

Die kwessie van die gebruik van pensioengeld om Eskom uit die knyp te kry, het ook opgeduik.

Norbert Buthelezi van die ANC het sterk voorspraak gemaak dat die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) geld in Eskom moet belê sodat Eskom sy werk beter kan doen en deur ʼn gunstiger balansstaat ʼn aantrekliker opsie vir oorsese uitleners kan wees.

Hy meen die besware van sommige politieke partye teen dié plan is skynheilig, want daar was nie dieselfde besware toe die OBK in Steinhoff, Tongaat Hulett of Sasol belê het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Jaco ·

Daars reeds verskeie geluide gemaak dat die wit beheer oor of wit rol in die ekonomie moet end kry. So hier is my voorstel: nasionaliseer dadelik alle wit besighede en begin dadelik met onteiening sonder vergoeding. Deporteer dan alle wit mense na Europa en Amerika. Stempel die volgende in elke paspoort: return to South Africa forbidden”. Dit sal daardie lande verplig om ons in te neem.

Gemaskerde Sopbeen ·

Klink vir my na gesonde benadering om te vereis dat alle uitgawes deur Staatsdepartemente gemotiveer moet word. Dalk omslagtig maar eerste stap om korrupsie te beperk. Ons sal sekerlik weerstand daarteen kan verwag.

PH ·

Dit sal ook nie korrupsie verminder nie. Die omkoopgeld gaan maar net na ander persone toe.

Die Wolf ·

Ek glo dat dit n groot verbetering sal wees veral met lyn items. Nie maklik om dan te kroek nie.l

Christa ·

En Wie het ons in die gemors laatbeland
ANC Kommuniste was klaar in Moeilikheid voit die kastige virus

Adam Adriaan ·

Die spul sal darem lekker lewe sonder die witmense. Hulle sal rol in die geld. Tot dat alles op is. Wonder wat gaan hulle dan maak? Ons witmense is mos die oorsaak van alle probleme in die land. Tot elke babbalaas na elke uitspattige naweek.

Wielspore ·

Enige suksesvolle besigheid hersien sy begroting jaarliks om onnodige uitgawes te beperk en kapitaal te spandeer waar dit nodig is. Die staat het verval in die groef van buitensporige jaarlikse verhoging van bestaande uitgawes wat geen waarde toegevoeg aan belasting betalers. Na my mening kry ek geen waarde vir die belasting wat die staat van my kry. Daar is net te veel mense wat met oop en skelm hande staan om die staatkas leeg te maak.

Vrijburger ·

Ons belasting immigrasie proses is reeds begin! Sal met liefde waar ookal ons ons in die wereld mag bevind, belasting betaal in die land waar die inkomste verdien word.! Ek weier dat enige verdere van my hard verworwe geld in ‘n swartgat verdwyn. (No pun intended.)

Anoniem ·

Ek wil vir Mboweni 110% gee vir hierdie siening. Dit raak hoog tyd dat daar Ministers en van die BIG Boys aangevat moet word oor hul vermorsing van staatsgeld. NOG IETS !!!! Wat word van al die beskuldigdes van die ZONDO Kommissie?? Wanneer word vervolging en in Tronkstop!! gedoen???

Anoniem ·

Wie sorg vir Zuma , sy klomp vroue, kinders en klein kinders???

Misky ·

Ek kry al meer respek vir Mboweni en hy is enigste een wat lyk my nog dink in parlement en sin maak. Tot n mate….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.