McBride: ANC wil iets wegsteek, sê Cope

Mosiuoa Lekota, president van Cope. (10 September 2018). Foto: Verskaf

Die Congress of the People (Cope) reken die “sinnelose en onaanvaarbare pogings” deur polisieminister Bheki Cele om die hoof van die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) af te dank, is tekens dat die regerende party iets probeer wegsteek.

“Dis baie duidelik dat [Robert] McBride ʼn struikelblok in talle lede van die regerende party se pad is,” het Dennis Bloem, woordvoerder van Cope, gesê. “Dis ʼn ope geheim dat McBride ernstige korrupsie by die polisieintelligensie-eenheid ondersoek, insluitend bewerings dat miljoene van belastingbetalers se geld deur die ANC gebruik is om stemme vir sekere presidensiële kandidate te koop. Die name van senior ANC-lede en hooggeplaastes in die SAPD word ook in die verslag genoem.”

Bloem het bygevoeg Cope is nie geskok oor hierdie nuwe poging om van McBride ontslae te raak nie, “omdat ons weet dat enigiemand wat korrupsie teenstaan, ʼn vyand van die ANC is”. “Dit is die enigste rede waarom Cele McBride wil afdank.”

Maroela Media het vroeër berig Cele het McBride skriftelik in kennis gestel dat sy ampstermyn op 28 Februarie 2019 verstryk. Cele het dit duidelik gemaak hy verwyder McBride nie uit sy amp nie, hy gaan bloot net nie sy kontrak verleng nie. McBride het Cele daarvan beskuldig dat sy “eensydige besluit oor die beëindiging van sy kontrak onwettig en in oortreding van die grondwetlik beskermde onafhanklikheid van Opod is” en dat slegs die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie hom kan verwyder. Hy het die minister kans gegee om die besluit terug te trek, die saak na die portefeuljekomitee te verwys en redes te verskaf hoekom McBride se kontrak nie verleng word nie.

“Ons wil hê minister Cele moet vir die land sê of daar iets is wat hy wil wegsteek of wat hy bang is dat dit sal uitkom as McBride in sy amp bly.”

Die party doen ʼn beroep op die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie om nie minister Cele toe te laat om die komitee te boelie nie. “Die komitee moet hierdie sinnelose poging, om van McBride ontslae te raak, verwerp. Die land het meer mans en vroue soos McBride nodig wat teen korrupsie sal opstaan en dit sal beveg.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Lerato ·

Miskien wil Cele die hoof van OPOD pos aan Roux Sibanje gee.

Chris ·

Macbride het sy deel ad kader gehad en is vergoed daar voor, nou moet n ander kader n geleentheid kry . Dennis Bloem is so reg met sy bewering n blinde kan dit met n stok aan voel. Daar is net teveel op die spel vir skete korruptenare i. Die polisie en anc

Pawnee ·

Ek hou hom al ;n geruime tyd dop. Sedert hy van die anc weggebreek het, bly sy storie dieselfde, Hy sal probeer om die beste president te wees wat hy kan. Hy belowe nie, hy bedreig nie, in elk geval nie sover ek weet nie. Cherokee Lekota ondersteun Mac Bride nie, hy wys uit dat hulle van hom ontslae wil wees. Het hy ‘n bedreiging geraak? Onthou die aanklag van sy dogter dat hy haar probeer wurg het ook. Daar is beslis ‘n slang in die bos.

Cherokee ·

Ek onthou baie goed die aanklag van sy dogter, Pawnee. Ek vind dit interessant dat jy sê Lekota ondersteun nie die moordenaar nie. Het dit nog nooit afgelei uit berigte nie maar aanvaar wat jy my vertel. Dit verander egter steeds nie die feit dat enigeen wat Lekota ondersteun, terwyl McBride steeds daar is, ‘n terroris en moordenaar ondersteun.

Ouer boer ·

Ek stem. Hulle verdien n groter sê in die parlement. Cope het my stem verdien.

Veritas ·

Of Mosioua Lekota ‘n manteldraaier is of nie, dié weet ek nie maar wat ek wel weet, is dat hy die enigste politikus is wat die taal praat wat ek verstaan. Hy het op 702 en SAFM gesê dat grondonteiening sonder vergoeding, bloot die ANC se manier is om stemme te koop en dat dit ongrondwetlik is. Hy het ook die ware geskiedenis van hoe die boere die grond bekom het, uitgestippel en die radikale omroepers nie toegelaat om hom van stryk te bring nie. Cope kry defnitief my stem.

Co ·

Ek sit op draad nie seker oor Cope of VF+ nie, sal dit nie lekker wees as die 2 saam in ‘n “koalisie” gaan vir die komende verkiesing nie!

Cherokee ·

Cope wat die moordenaar van Magoos Bar ondersteun in koalisie met VF+? Jy is seker nie ernstig nie:-(

Rob ·

Mc Bride is net so korrupt, maar thumbs up vir Lekota. Stem Cope

Riaan ·

Is julle mal om vir hulle te wil stem.McBride hoort nie eers daar nie hy is deel van die korup spul .Cope wil ook maar net iets sê.Stem VF hulle doen werklik iets in die parlement vir ons.

John ·

Terror se hand moet dalk versterk word. Hy was ook eens deel van die binnekring en is ook gepos. Die Pieter Party+-×÷=? gaan soos Mother Goody-goody s’n net nog opvoerings en selfies voortbring. Ons het ‘n opposisie in die parlement nodig. Die DA gly toe op die heilige matjie in sy eie voorkamer. Sweep…. boemsie daisy…

ZAR ·

Ek kan eerlik nie Afrikaners verstaan wat wonder of hulle vir Cope moet stem nie, regtig, leer ken die man se geskiedenis en of hy werklik omgee vir Afrikaners en hul toekoms. Mense moet nie blind stem nie. Leer ken die verskillende partye, die mense en hul visie. Die media gaan dit nie vir jou doen nie(hulle mag nie). Lees mense. Verryk jou kennis oor politieke sake. Vandag het ‘n man ‘n brandende kat uit die boom gered, maar gister het hy die kat aan die brand gesteek, môre gaan hy die boom af saag.

Sus ·

Stem saam ZAR! Gebruik iets soos Google en wees ingelig dan sal jy nie agter elke politikus aan hol wat op die oomblik mooi broodjies bak nie.

Cherokee ·

Dankie ZAR, dat jy die mense vra om ingelig te wees wanneer hulle stem. Daar sal selfs diè wees wat bloot anders stem as wat ek voorstel om hul gewetes te sus (weet ek is nie baie populêr nie) maar mense moet nie my spite nie maar stem soos jou gewete jou aansê. En op hierdie oomblik sê jou gewete vir jou om te weet waarvoor jy stem en nie bloot ‘n robot te wees nie. Jy kan slegs trots wees op ou eie bydrae as dit ‘n bydrae is uit eie.

Lerato ·

McBride het soveel korrupsie bloot gelê.

Dis wat Dr Johan Burger sê.

Hoekom word hy afgedank?

Word mense afgedank omdat goeie werk doen?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.