McBride daag Valke-baas uit

Robert McBride tydens die perskonferensie in Pretoria. Foto: Jonisayi Maromo/ANA

Robert McBride tydens die perskonferensie in Pretoria. Foto: Jonisayi Maromo/ANA

Robert McBride, die hoof van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), het Dinsdag die hoof van die Valke in Gauteng, genl. Prince Mokotedi, uitgedaag om ʼn gelyktydige leuenverklikkertoets te ondergaan om sy onskuld te bewys, nadat Mokotedi ernstige kriminele aanklagte teen hom ingedien het.

Mokotedi het Maandag verskeie aanklagte, wat hoogverraad, korrupsie, dwarsboming van die gereg, belastingontduiking en spioenasie insluit, teen McBride, Shadrack Sibiya, die voormalige Gautengse hoof van die Valke, Paul O’Sullivan, forensiese ondersoeker en kapt. Candice Coetzee, ʼn ondersoekbeampte, ingedien.

Die vier word daarvan beskuldig dat hulle probeer om pres. Jacob Zuma te verdryf.

McBride het Dinsdag tydens ʼn perskonferensie in Pretoria gesê die aantygings teen hom pla hom nie en net soos die vorige uitleweringsake teen hom en Sibiya nie kon standhou nie, sal die jongste aanklagte ook nie.

“Ek wil graag die klaer in die saak, genl. Prins Mokotedi, uitdaag om ʼn leuensverklikkerstoets terselfdertyd op regstreekse televisie te ondergaan. Ons sal daarvoor betaal,” het McBride gesê.

“Dit maak nie saak wat jy doen nie, die waarheid kan nie met rook en spieëls verander word nie. Hierdie is ‘n foefie net soos die vuurpoel-storie [by Zuma se Nkandla-woning]. Ons is nie bang hiervoor nie. Dit sal in duie stort, net soos die uitleweringsake. Ons sal nie geïntimideer word nie,” het hy gesê.

Hy het gesê die tydsberekening is duister en moet bevraagteken word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Ben Esterhuizen ·

Daar is twee probleme met McBride se geloofwaardigheid. Eerstens dat hy as amnestie gegunde bomplanter (waar verskeie mense gesterf het) uit die vorige bedeling altyd nog in poste dien waar integriteit en dissipline vereis word…..en uit sy optredes tot dusver het hy bloot nie sulke kwaliteite nie. Tweedens, sy voorliefde om aanhoudend uit aanklagte te wil kom deur hof toe te hardloop en andere te beskuldig, wyl hy die aangeklaagde is, nes Zuma…. Nee wat, hoe gouer McBride uit die openbare oog verwyder word, hoe vinniger sal die funksionaliteit en beeld van OPOD verbeter.

Verıtas ·

Ben hıerdıe hele spul het my aan dıe dınk gesıt. Gewoonlık ıs my vyand se vyand, my vrıend. Hıer sıen ek net vyande. Wat my wel posıtıef stem, ıs dıe feıt dat dıe skeurıng ın dıe ANC, dıeper strek as net dít wat tans ın dıe medıa dekkıng genıet. Ek kry dıe gevoel dat, sommıge van ons geagte presıdent se aanstellıngs, nıe so goed gekıes was nıe. My krıstalbal vertel my hıer kom groot bollıe. Dıt ıs duıdelık dat dıe ontevredenheıd bınne dıe ANC besıg ıs om te manıfesteer ın ıets wat wyer uıtkrıng as wat voorgegee word. Sover dıt my aangaan, ek gaan op dıe kantlyn sıt en dıe geveg genıet.

Phillip ·

Leuenverklikkerstoetse is onbetroubaar en word gewoonlik gebruik om skadu te werp en te intimideer. Versuim om gehoor te gee word waninterpreteer as vrees om uitgevang te word. Dit geniet geen regserkenning nie.

Joker ·

Wat het van Malema en Zuma se belastingontduiking sake geword? Kyk Mc Bride is nie ‘n gunsteling nie, maar hoekom sloer ander se sake so? As jy ‘n politikus is word jy vrygeskeld van belasting of hoe? Hoekom sit ander mense in die tronk daarvoor? Ag die regstelsel in SA is ‘n joke. Wonder net hoe kry hulle Afriforum (Beeld van vandag) daarby ingesleep?

Nuuskierige agie ·

Wat is die storie met vanoggend se koerantopskrifte wat uitblaker dat McBride en Solidariteit saam konkel?

snoefie ·

dit behoort interessante gevolge te he. ag genl mokotedi as jy almal wat teen Zuma is en hom as pros wil he nie gaan aankla en oordeel beter jy begin tronke bou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.