McBride hof toe om sy werk te behou

Robert McBride. Foto: Jonisayi Maromo/ANA

Robert McBride het ʼn dringende aansoek by die hooggeregshof in Pretoria ingedien rakende die besluit om nie sy kontrak as hoof van Opod te hernu nie.

LP’s het Donderdag tydens ʼn vergadering van die portefeuljekomitee oor polisie ʼn verslag aanvaar waarin aanbeveel word dat McBride se kontrak as hoof van die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) nie vir nog vyf jaar hernu behoort te word nie.

Genl. Bheki Cele, die minister van polisie, het aanbeveel dat McBride vervang moet word. McBride se termyn het op 28 Februarie geëindig.

McBride versoek in hofdokumente dat die saak dringend aangehoor word en sê die komitee se besluit was “onwettig en ongeldig” en moet “hersien en ter syde gestel word”.

Hy versoek ook toegang tot die dokumente en opnames wat LP’s laat besluit het om nie sy kontrak te hernu nie.

McBride het in ʼn verklaring uitgevaar teen LP’s en gesê hul besluit is “irrasioneel”. Hy beweer die besluit is ʼn aanval op Opod se onafhanklikheid.

“Was dit nie vir die ontstellende toneelspelery en onbenullige vooroordeel wat daar was vir almal om te sien nie, sou ek net weggestap het aangesien ek nooit op enige posisie aanspraak gemaak het nie.”

Die komitee het aangevoer sy redes om nie McBride se kontrak as hoof van Opod te hernu nie is weens die verbrokkeling van die vertrouensverhouding tussen McBride en Cele, asook bewerings van wangedrag teen Opod-lede wat deur die Openbare Beskermer ondersoek word en die feit dat McBride geen sekerheidsklaring het nie.

Die komitee se verslag sal nou aan die hooggeregshof in Pretoria gestuur word.

Dít volg nadat McBride die Pretoriase hooggeregshof genader het nadat Cele hom in Januarie in kennis gestel het dat sy kontrak nie hernu word nie. McBride het toe gesê dit is nie die minister se besluit nie; die parlement moet die besluit neem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Gert J ·

Wat verstaan hy nie? Hy klaar en hulle wil hom nie meer he nie.

Tammy ·

Nee, vervang hom met iemand wat n onberispelike verlede het, n persoon wat respekteer word sonder om respek te probeer afdwing. Hulle wil hom nie meer daar he nie, waarvoor verneder hy hom om te baklei om daar te bly???

theo ·

Hier is mcbride se geskiedenis, ek hoop hy kry swaar en word 110 jaar oud. Die wiel draai al is dit stadig.
“He went on to command the cell which caused the bloody destruction of the ‘Why Not’ Bar on Durban’s beachfront, which became known as the Magoo’s Bar bombing. This act of war where civilians were killed and injured still stands for many White South Africans as a reason for withholding forgiveness and reconciliation. McBride became renowned in underground circles for his fearless, tough and soldierly commitment. In 1986, in a daring operation he freed his wounded MK commander in a shootout with police guards at Edendale hospital.”

HPV ·

Ja, slegs vreesloos in die aangesig van ongewapende slagoffers en sagte teikens waar hulle doodseker was hulle word nie beseer nie. Nee, soldate was en sal hulle nooit wees nie.

Andre ·

“Fearless, tough and soldierly commitment” Lafaard, bomplanter in openbare plekke waar publiek beweeg wie hy vandag kastig beskerm. Het hy ooit Polisie opleiding gehad om sy “werk” na behore te doen.

Realis ·

Die wiel draai, al is dit stadig. Hy bly draai.
3 Mense se bloed op jou hande. Kom ons kyk of jy ook met jou slimpraatjies en hofsake eendag in die hiernamaals vergifnis sal kry.

leser ·

ek hoop nie die saak kom tot by die hooggeregshofnie, hy moes sy doodstraf gekry het in 1986

zoom zoom ·

Ek dink Cele en ‘n hele paar anc lede is bang dat Mcbride dinge gaan uitbring oor sekere mense se Handel en wandel. Dit is hoekom hulle van hom ontslae wil raak met voorwaardes en ‘n stewige goue handdruk.

Gert J ·

Dis opperste lafharte wat sagte teikens soos publieke mense aanval. Laat die wiel draai

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.