Die Pretoriase hooggeregshof het gehoor die portefeuljekomitee oor polisie sal Donderdag gereed wees met sy besluit of Robert McBride se kontrak as hoof van die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) hernu gaan word of nie.
McBride het Dinsdag aan die African News Agency (ANA) sy kommer uitgespreek of die polisiekomitee wat tans oor sy kontrak moet besluit, regverdig en rasioneel sal wees. Hy het aangedui dat hy van voornemens is om sy besware skriftelik aan die portefeuljekomitee te rig.
“Een van die kwessies is dat daar nuwe items aan die komitee voorgehou word waaroor ons nie in kennis gestel is nie en waarop ons nog nie kon reageer nie. Daar is nie enige regverdigheid nie, want van dié items is nie akkuraat nie. Hulle bring nog nuwe klagtes wat nie voor die komitee was nie,” het McBride gesê.
Hy het die Pretoriase hooggeregshof genader ná die minister van polisie, Bheki Cele, hom in Januarie in kennis gestel het dat sy kontrak nie hernu word nie. Die Opod-hoof het gesê dit is nie die minister se besluit nie; die parlement moet die besluit neem.
Die polisiekomitee het verlede week Vrydag McBride se kontrak begin bespreek. Die komitee sal na verwagting teen Donderdagmiddag sy besluit bekend maak.
McBride se kontrak verstryk Donderdag.
Asseblief tog, doen jouself ‘n guns en gaan sit by die huis en besin.
So byt jou eie ANC party jou in die hakskeen.
Disposable Me.
Maar net nog n klug deur n onbevoegde regering, al wat hulle regkry.
hoekom mcbride nie al lankal vir moord bedrog, misleiding van die hof, regsvereideling, ens., ens., agter die tralies sit nie gaan my verstand te bowe
as ek hoor Robert McBride dan dink ek dadelik dis die man wat die Magoo’s Bar opgebom het en 6 mense daarin gesterf het
Hy moes al lankal in die tronk gewees het. Hy is n gewoonte misdadiger wat letterlik weggekom het met moord
Toe word die bomplanter gebyt deur sy comrades, shame
Daai komitee moet net onthou, hy moet nog voor die ZONDO kommissie getuig… be gentle..
Bloed van onskuldige mense vergiet. Gewetenloos. Oorlogvoering waar jy teen gewapende vyande baklei lewer helde op. Terrorisme is mees lafhartigste vorm van onskuldiges dood te maak.
Stem saam, want hy kan beslis nog ‘n paar bomme laat afgaan….
Anc wil hom verwyder vir ‘n rede, hy kry dit reg om hulle polisie kaders tot verantwoording te bring as hoof van IPID, dis hoekom.
Hoe kan n persoon met so n agtergrond in so n pos aangestel word. Politiek is krimineel.
Het die man dan geen einde aan sy kriminele aktiwiteite nie?! Hy is alewig besig met die een of ander onderduimsheid!