McBride se doppie geklink

Robert McBride (Foto: Itumeleng English/African News Agency/ANA)

Robert McBride se kontrak as hoof van die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) sal nié hernu word nie.

LP’s het Donderdag tydens ʼn vergadering van die portefeuljekomitee oor polisie ʼn verslag aanvaar waarin aanbeveel word dat McBride se kontrak nie vir nog vyf jaar hernu behoort te word nie.

Genl. Bheki Cele, die minister van polisie, het aanbeveel dat McBride vervang moet word. Die voorstel is aanvaar nadat niemand beswaar aangeteken het nie.

Die komitee het aangevoer sy redes om nie McBride se kontrak as hoof van Opod te hernu nie is weens die verbrokkeling van die vertrouensverhouding tussen McBride en Cele, asook bewerings van wangedrag teen Opod-lede wat deur die openbare beskermer ondersoek word en die feit dat McBride geen sekerheidsklaring het nie.

Die komitee se verslag sal nou aan die hooggeregshof in Pretoria gestuur word.

Dít volg nadat McBride die Pretoriase hooggeregshof genader het nadat Cele hom in Januarie in kennis gestel het dat sy kontrak nie hernu word nie. McBride het toe gesê dit is nie die minister se besluit nie; die parlement moet die besluit neem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Armo ·

Nee, nie agter tralies nie…. hy hoort aan die galg te hang

sinies ·

Die ANC voer ‘n politieke vendetta teen McBride. Hy weet klaarblyklik te veel en gaan vervang word met mak handpop.

Helen ·

Hoog tyd en ek hoop hy verdwyn sommer permanent, die man het ookal met te veel dinge weg gekom.

theo ·

Mcbride was mos een van die kerk straat bomplanters, waarin 7 mense gesterf het. die wiel draai en hy is ook ouer en die mense vir wie hy “geveg ” het skop hom nou uit. Sy swaar dae kom nog en ek hoop hy word 110jaar oud.

SjN ·

Kom ons gaan drink iets by magoos in Durban om dit te herdenk

Viva ·

Na 5 jaar pla die sekuriteitsklaring nou eers, rerig….bomplanter van formaat.

jaco ·

Is selfs kleurlinge wat deel was van die ANC se gewapende stryd nou ook nie meer “black enough” om hulle werk te behou nie?

Gollie ·

Verlekker julle maar lekker in die man se stryd ons is almal mense wat foute maak,oordeel julle maar,nie ek of jy weet wat môre vir ons inhou nie.

Poot ·

@Gollie
Verlekker sê jy? Nee my maat, dis net uitlaat hoe mens voel oor gewetenlose bomplanters.

VanAfrika ·

Ek het hierdie net die anderdag gelees toe ek n ander artikel oor hom gelees het en omdat sy suster saam my werk en sy glo vas hy is onskuldig al het sy hom in jare nie gesien nie want hy stel nie in sy familie belang nie. Hy word die Magoo’s Bar bomber genoem. 3 het gesterf en 69 beseer. Op die dag van 14 Junie het hy n bom in n kar se kattebak voor hierdie restaurant/klub gelos. Hy het die doodstraf gekry maar het n Presidential Pardon gekry in die nuwe regime. Hy loop met onskuldige wit bloed aan sy hande maar die Here se wraak is soeter as enige. Sy dag sal kom so ook die wat onskuldige blankes en plaasboere vermoor.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.