McBride sleep OB nou óók hof toe

Die voormalige hoof van Opod, Robert McBride, getuig vroeër by die kommissie wat staatskaping moet ondersoek. (Foto: Bhekikhaya Mabaso/ANA)

Die voormalige hoof van die polisiewaghond Opod, Robert McBride, gaan ook ʼn verslag van die Openbare Beskermer (OB), Busisiwe Mkhebane – waarin sy hom aan wangedrag skuldig bevind – in die hof laat hersien.

“Ek gaan die hooggeregshof vra vir ʼn interdik teen enige remediërende optrede wat die OB teen my aanbeveel het en gaan die hoogs betwisbare verslag laat hersien,” het dié voormalige hoof van die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) Woensdag in ʼn verklaring gesê.

Die OB het in haar verslag bevind bewerings dat die voormalige Opod-ondersoeker Cedrick Nkabinde geviktimiseer is omdat hy wangedrag aan die groot klok gehang het, was gegrond.

McBride word daarvan beskuldig dat hy ʼn kenner ongemagtig aangestel het om doodsdreigemente teen hom en ander ondersoekers te ondersoek, asook vir die ongemagtigde aanstelling van ʼn voormalige polisie-administrasieklerk as die adjunkdirekteur van die Nasionale Gespesialiseerde Ondersoekspan.

McBride ontken die bewerings van wanbestuur, wangedrag en magsmisbruik en sê ʼn soortgelyke klag is ook by die Staatdienskommissie ingedien. Die kommissie het hom van enige blaam onthef.

“Die OB se verslag is hoogs hersienbaar. Dit is irrasioneel omdat die bevindings nie met die feite ooreenstem nie,” lui McBride se verklaring.

“Die OB se verslag is wesenlik ʼn wegkalwing van Opod se onafhanklikheid en gaan bes moontlik Opod-ondersoeke na grootskaalse korrupsie en plundery in die polisie in die wiele ry omdat die OB-verslag die meeste van Opod se uitvoerende lede valslik betrek. Dit is duidelik dat die bedoeling is om die funksionering van Opod te stuit.”

McBride is ook agterdogtig oor die tydsberekening vir die beskikbaar maak van die verslag.

“Dit is op die vooraand van die lang verwagte getuienis van senior Opod-ondersoekers voor die Zondo-kommissie wat staatskaping ondersoek wat vandag [Woensdag] begin lewer is,” het McBride gesê.

“Opod moet sy onafhanklikheid verdedig. Opod moet ook sy werkers teen dié terugveg-veldtog verdedig. Indien hy dit nie doen nie, gaan Opod ʼn instrument in die hande van korruptes word en onder politieke druk swig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Spook op thaba ·

Ondersoeke kos die staat/belastingbetalers geld en dan duur die ondersoek jare en kom daar dadels van

Stormjaars ·

Robert “Mcgoos” McBride. Hy is nou maar n moordenaar.

LHS ·

McBride……….die hoof van, die voorsitter van, die bestuurder van…………. sonder n dag se opleiding of kennis van geen pos waarin sy ANC bloedbroers hom aangestel het nie. Onthou net McBride, daar is nog n rekening wat met jou vereffen moet word. Gelukkig kry elke hond sy dag, party meer as een.

Koos ·

Ja en ons wittes se hande is vlekloos dink weer pel net God oordeel

m ·

Hanlie ek stem 100% met jou saam, hy loop vry en die arme ou man Rodrigues word voor die hof gedaag!! Waar is die waarheid en versoening, GONE!!!

JohanR ·

Gaan kry vir julle General Johan Booysen se boek Blood On Their Hands. Daarin praat het met groot lof van die hulp wat Robert McBride aan hom verleen het in sy geweg met dir NPA, en die Hawks. As hoof van IPID het McBride miskien gesien die gemors wat in SA aangaan. Did NPA onder die nuwe hoof, het onlangs die saak teen Johan Booysen en die Cato Manor Death Squad laat vaar, en die Sunday Times is ook lekker bygekom vir hulle lieg stories oor die CMDS. Terwyl julle Blood On Their Hands lees, koop ook sommer Glynis Breytenbach se boek Rule Of Law. Julle sal skrik vir wat in SA aangaan!

Michael P ·

Hy is seker een van die grootste lafaards wat die land nog opgelewer het kyk net waaroor het hy roem gekry. wie sal dit ooit vergeet en dan is hulle n regering wat vandag praat oor die veiligheid van vroue en kinders

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.